fbpx

Die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) het op 20 Mei 2004 informele sessies gehad met klein groepies ouers wat tuisonderrig gee, wat deur bestuurslede van die Vereniging vir Tuisonderwys (VTO) bygewoon is.

Op 13 Sept. 2004 het die GDO weer 'n inligtingsessie gehad. Bestuurslede van die VTO het ook hierdie vergadering bygewoon. Hierin volg 'n verslag met my persoonlike opsomming van die vergadering.

Die vergadering is gehou by die laerskool Oost Einde in Sunnyside. In die tyd dat ons daar aangekom het, was dit nie pouse nie, maar tog het daar heelwat geraas uit die klaskamers gekom. Sommige ouers het waarskynlik gewonder hoe dit moontlik is dat onderrig kan plaasvind onder sulke omstandighede.

VERSKILLE MET VORIGE SESSIES

Daar was opmerklike verskille tussen hierdie vergadering en die informele sessies in Mei.

a) Die sessies in Mei is bygewoon deur twee verteenwoordigers van die GDO, naamlik Me. Hester Steyn en me. Mmule Madonsela. Hierdie keer was daar egter 'n aansienlik groter groep van die GDO. Daar was minstens 7 persone van die GDO, insluitende Me. Tidimalo Nkotoe, 'n senior bestuurder van die dept. Iemand in die gehoor het gevra of die gehoor 'n aanduiding kon gee hoeveel ouers teenwoordig is. Hierdie versoek is nie toegestaan nie, moontlik omdat dit sou wys hoeveel mense van die dept. teenwoordig was.

b) Daar was 'n fasiliteerder teenwoordig, wat daavoor gesorg het dat die vergadering streng volgens reels gehou is.

c) Die vergadering was baie meer formeel. Daar is streng gehou by die tye van die vergadering. Geen debat is toelaat nie. Daar was sessies waartydens die gehoor 5 vrae mog stel, waarna die vrae beantwoord is. Lede van die gehoor is nie toegelaat om vir sprekers te lag wanneer die spreker iets se wat vir sommiges lagwekkend is nie.

d) Geen opnames is toegelaat nie. Geen formele notules van die vergaderings gaan vrygestel word. Slegs 'n opsomming van die vrae en hulle antwoorde is beskikbaar gestel.

e) Die sessies in Mei is gehou op lokasies wat deur die ouers gekies is, maar hierdie vergaderings is in geboue van die GDO gehou.

VERSKILLENDE WERELDE

Me. Tidimalo Nkotoe het 'n lesing gehou oor die wetgewing en die registrasieproses.

Tydens die vorige inligtingsessies is daar duidelik gestel dat dit wettig is om tuisonderwys te gee.  Dit was opvallend dat die klem tydens hierdie vergaderings geskuif het van die reg om tuisonderwys te gee, na die reg om AANSOEK te doen om tuisonderwys  te gee.

Tydens die informele sessies het die GDO bewerings gemaak dat hulle tuisonderwys wil monitor om seker te maak dat leerders 'n sekere standaard handaaf, dat hulle ouers wil ondersteun en dat hulle ouers wil beskerm teen onregmatige inmenging. Tydens hierdie vergadering was daar geen sprake van sulke vriendelike intensies nie. Dit is duidelik gestel dat die GDO die wet gaan toepas, en die wet vereis dat 'n tuisleerder onderrig word in ooreenstemming met die Nasionale Kurrikulum. Ouers wat besware het teen die Nasionale Kurrikulum, moet die besware nou maar laat vaar, en hulle kinders daarvolgens onderrig. Hulle gaan gedwing word om te hou van die Nasionale Kurrikulum. Indien jy nie registreer weens probleme met die nasionale kurrikulum nie, dan is jy skuldig aan 'n kriminele oortreding.

Die aanbieding van me. Nkotoe het ook duidelik gemaak dat die GDO en ouers in verskillende werelde lewe. In die GDO se wereld het Suid-Afrika die mees moderne "cutting edge" Nasionale Kurrikulum wat alle Suid-Afrikaanse leerders gaan omvorm in mense wat in Afrika en in die hele wereld kompeterend sal wees.

In die ouers se wereld lees hulle in die media dat slegs 15% van kinders wat uit Gr. 6 van publieke skole in die Weskaap kom kan tel, en slegs 35% kan lees. Hulle lees dat klaskamers oorvol is en dat onderwysers staak en selfmoord pleeg a.g.v. omstandighede in die skole wat as sielkundig toksies beskryf kan word. Hulle lees van kinders wat verkrag word en wat dwelms gebruik. Onderwysers wat aangerand word. Hulle lees dat matrieksertifikate nie meer aanvaar word nie deur universiteite hier en oorsee nie.

Omdat GDO en ouers in verskillende werelde leef, is dit dus verstaanbaar dat kommunikasie tussen ouers en die dept. moeilik is. Baie vrae is eenvoudig nie geantwoord nie. Baie vrae is so vaag beantwoord dat geen ouer dit kon verstaan nie. Sommige vrae is op so 'n wyse beantwoord dat lede in die gehoor begin lag het. Die amptenare is baie bang vir die mense uit die ander wereld, so bang dat hulle die lag ervaar het as aanranding.

Die GDO was slegs duidelik oor twee sake. Hulle het duidelike antwoorde gegee op vrae rondom administratiewe aspekte van die registrasieproses. Dit was ook vir hulle duidelik dat daar 'n plig rus op ouers om leerders te registreer vir tuisonderwys, en dat dit 'n kriminele oortreding is om nie te registreer nie.

OPSOMMING

Dit is duidelik dat dit die intensie van die GDO is om die mag van die staat te gebruik om te verseker dat ouers wat tuisonderrig gee, dieselfde onderwys aan hulle gee as wat die kinders in die staatsole ontvang. Die wyse waarop die vergaderings gereel is, en die lokasies wat vir die vergaderings gekies is, die wyse waarop die vergadering gehou is, dui daarop dat die doel van die vergaderings is om die intensies van die GDO aan die ouers oor te dra, en nie om insette van die ouers te kry nie.

- Bouwe van der Eems

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Accelerated Christian Education

Education Solutions from Preschool to Grade 12

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources