fbpx

Op 15 Sept. het die Gauteng Dept.van Onderwys (GDO) die 2de in 'n reeks van drie vergaderings met ouers gehad i.v.m. tuisonderwys, in Johannesburg.

Die vergadering het dieselfde patroon gevolg as die vergadering in Pretoria. Die volgende dinge het my persoonlik opgeval tydens hierdie vergadering.

1) Die fasiliteerder beweer dat een van die doeleindes van die vergadering is om 'n verhouding tussen die GDE en ouers op te bou. Terselfdertyd doen die GDE egter alles in sy vermoe om te sorg dat die kommunikasie tydens die vergadering hoofsaaklik eenrigting is, van die GDE na die ouers.

a) Daar word streng gehou by die tye van die vergadering.
b) Slegs die GDE doen 'n aanbieding tydens die vergadering.
c) Die GDE bepaal die tyd, plek en agenda van die vergadering sonder enige konsultasie.
d) Die ouers mag slegs vrae vra, en die vrae moet kort wees. Daar is egter geen
e) Geen debat word toegelaat nie.
f) Geen opnames word toegelaat, sodat hierdie opnames aan ouers vertoon kan word wat nie die vergadering kon bywoon nie.
g) Ouers vra as individue vrae. Die GDE het 'n hele span wat die antwoorde kan verskaf.
h) Die GDE skryf die vrae en die antwoorde op die projektor neer.
i) Die GDE doen 'n opsomming aan die einde

2) Alhoewel die GDE beweer dat hy 'n verhouding met ouers wil opbou, doen die GDE geen moeite om die vergaderings so te reel dat so veel as moontlik ouers die vergadering kan bywoon nie.

a) Die vergadering is op baie kort kennisgewing aangekondig.
b) By die Frances Vorweg skool in Johannesburg was daar geen aanduidings waar die vergadering was nie. Baie mense moes deur die hele skool stap om die saal te vind.
c) Die vergaderings is op 'n tyd gereel wat meeste ouers nie pas nie.
d) Die vergaderings is op plekke gereel wat baie ouers as gevaarlik ervaar.

3) Die passie en oortuiging waarmee me. Nkotoe die grootste hoeveelheid snert kwytraak was eenvoudig verstommend. Indien die vergadering nie so formeel was, sou ouers wat tot 'n mate op hoogte is met die realiteite waarmee onderwys te doen het uitgebars het van die lag.

Sy beskryf bv. die nuwe kurrikulum as "quality Curriculum, which is at the cutting edge of curriculum inovation and change to provide access to quality lifelong learning opportunities."

4) In haar toespraak het me. Nkotoe die klem daarop gele dat kinders nie aan die ouers behoort nie, maar aan almal. Sy gebruik deurlopend die term "ons kinders", en beskryf die ouers en die GDO as die twee belanghebbende partye ("Stakeholders") in die opvoeding van die kind.

5) Tydens die vergadering in Pretoria is daar met huiwering gestel dat nie-registrasie neerkom op 'n kriminele oortreding. Tydens die vergadering in Johannesburg het die amptenare hierdie stelling met veel meer selfvertroue herhaal. Daar is selfs ook gestel dat die straf vir nie-registrasie tronkstraf tot soveel as 6 maande is.

6) Daar is verskeie male herhaal dat tuisonderwys moet geskied volgens die Nasionale Kurrikulum Verklaring (NKV). Dit beteken dat ouers 'n uitkomsgebasseerde onderwysbenadring moet volg, en dat ouers se tuisonderrig daarop gerig moet wees om die uitkomste te bereik wat in die NKV voorgeskryf is.

7) Amptenare het die vraag rondom godsdienstige besware teen die NKV ontwyk deur daarop te wys dat die staat slegs die uitkomste voorskryf, maar die ouers self die inhoud kan bepaal wat gebruik word om die uitkomste te behaal. Die feit dat die betekenis van terme bepaal word deur die Manifes oor Waarde in die Onderwys, en die feit dat die ouers se besware teen uitkomsgebasseerde onderwys as sulks, en die spesifieke uitkomste van die NKV in besonder kan wees, is nie aangespreek nie.

My voorstel vir vrae by die volgende vergadering is soos volg:

A. Volgens watter wetgewing is die kinders van ouers genasionaliseer, en behoort hulle nie meer aan die ouers nie, maar aan die bevolking van SA as 'n geheel?

B. Registrasie vereis dat tuisonderwys moet voldoen aan die vereistes van die NKV. Baie ouers het egter godsdienstige besware teen die NKV, en sal daarom nie kan registreer nie. Nie-registrasie kom neer op 'n kriminele oortreding, en kan gestraf word met 'n tronkstraf tot soveel as 6 maande. Wanneer beplan die GDE om te begin met die vervolging van ouers wat nie geregistreer is nie?

Groetnis

- Bouwe van der Eems

Events

Has no connect to show!

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources