fbpx
Font size: +
2 minutes reading time (455 words)

Volwasse matriek vorder nog 'n stappie

In Maart 2011 het Umalusi, die agentskap verantwoordelik vir kwaliteit van matriek in Suid-Afrika, die Nasionale Senior Sertifikaat vir Volwassenes (NSSV) kwalifikasie voorgelê aan die minister van hoër onderwys. Die afgelope maand het hierdie proses nog ’n stap gevorder toe die Minister van Hoër Onderwys konsepregulasies vir die assesering van die NSSV uitgereik het vir publieke kommentaar.


 

Die Vereniging vir Tuisonderwys ondersteun die NSSV en het die Minister van Hoër Onderwys aangemoedig om die regulasies so gou moontlik te implementeer.

 

Die ontwikkeling van hierdie kwalifikasie is in 2008 begin deur ’n vorige minister van onderwys, Naledi Pandor, om die miljoene jongmense wat nie meer in die skool is nie, ’n geleentheid te gee om ’n matriek te verwerf.

In die verlede kon hierdie jongmense inskryf by ’n afstandsonderrig kollege en binne ’n jaar ’n matriek verwerf. Met die afskaffing van die ou matriek is hierdie moontlikheid weggeneem en jongmense moet nou graad 10, 11 en 12 by ’n geregistreerde skool of kollege doen om ’n matriek sertifikaat te verwerf. So is met die invoering van die nuwe matriek die koste verbonde aan die verwerwing van ’n matriek deur iemand buite die skool van R1000 verhoog na ongeveer R30 000. So ’n verhoging sal selfs Eskom nie durf deurgee aan sy verbruikers nie.

Die verhoging van die prys van matriek maak dit baie moeilik vir jongmense om ’n matriek te verwerf en sonder ’n matriek word duisende deure vir hierdie mense toegemaak om verdere opleiding te ontvang of ’n werk te kry.

Die invoering van die NSSV sal dit heelwat makliker maak vir jongmense buite skole om ’n matriek te verwerf. Om hierdie kwalifikasie te verwerf kan enigiemand ouer as 18 jaar eenvoudig eksamens gaan skryf oor vier vakke en ’n punt van meer as 45% behaal in al die vakke. Daar is geen toelatings vereistes nie. Twee van die vakke is verpligtend (Taal en Wiskunde) en twee is keuse vakke (Menslike en sosiale studies, Natuurwetenskappe, Ekonomiese en bestuurswetenskappe of ’n addisionele taal). Kandidate kan al die vakke in een eksamen sitting of in verskillende sittings gaan skryf. Kandidate kan vakke weer skryf om ’n beter punt te verwerf. Die kwalifikasie moet binne 6 jaar verwerf word vanaf die datum van inskrywing.

Die NSSV kan aan miljoene werklose jongmense hoop en perspektief verleen om ’n kwalifikasie en ’n werk te kry. So ’n hoop en perspektief is vir seker beter vir Suid-Afrika as die beloftes wat Malema tans aan die werklose jongmense maak.

Dit kan ook tuisleerders bevry van die vereiste om Gr. 10, 11 en 12 by ’n kurrikulum verskaffer doen wat sy leerders inskryf by ’n eksamenraad. Tuisleerders kan eenvoudig dit doen waarin hulle belangstel en op die ouderdom van 18 die NSSV verwerf.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Accidental Learning
Prof. Jansen se frustasie

Related Posts

 

Comments 1

Marelize Keyter on Thursday, 03 July 2014 10:07

Sou graag wou hoor wat ons universiteite se vereistes rakende die NSSV wees...

Sou graag wou hoor wat ons universiteite se vereistes rakende die NSSV wees...
Already Registered? Login Here
Guest
Friday, 29 March 2024

Events

Has no connect to show!

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources