Events

Tema: ñ Warm Winters hart
Kom vier die winter met n ontploffing van kleur en kreatiwiteit! Laat jou verbeelding los en demonstreer jou kunstalent met hierdie opwindende kunskompetisie vir Laerskool tuisskool leerders.
Maluti Montessori Centre bied 'n geleentheid vir alle Laerskool Tuisskool leerders om deel te neem aan ons landwye kunskompetisie.
• Die finaliste sal genooi word om Maluti Montessori Centre se kunsuitstalling by te woon as
gaste, te NG Kerk Noord Saal, Senekal op 21 Junie 2025; 11:00 - 14:00.
• Die wenners sal by hierdie spog geleentheid aangewys word.
• Fanie Viljoen, die bekroonde skrywer en kunstenaar, sal optree as hoofbeoordeelaar.
• Lein Smuts die bekende kunstenaar sal hom bystaan as medebeoordelaar.
• Die eerste drie plekke in elke ouderdomsgroep sal pryse ontvang.
• Pryse sluit onder andere in 'n kunsklas by bekende kunstenaars, kontant, boeke deur Fanie Viljoen en
'n 1 jaar beurs by Maluti Montessori Centre Laerskool. Pryse kan nie geruil word vir kontant nie.
• Let asb: Alle leerders is self verantwoordelik vir enige vervoer - en verblyfskostes om die geleentheid
by te woon.
Reëls vir inskrywing:
• Enige Tuisskool leerder in Suid Afrika mag deelneem (Gr.R - Gr.7) aan die Maluti Montessori Centre
kunskompetisie.
• Medium: Teken/Skets/Skilder
• Dimensies: A4 of A3 (Alle kunswerke moet op n swart karton gemonteer word om n 5 cm raam te vorm om die kunswerk)
• Geen beeldhouwerk, naaldwerk of 3-dimensionele kunswerke sal aanvaar word nie.
• Die kunswerke mag slegs op papier gemaak word en mag nie gevou of opgerol word nie.
• Inskrywingsvorm en bewys van betaling moet agteraan die kunswerk vasgeheg word om
diskwalikasie te voorkom.
• Alle inskrywings moet ons bereik voor 31 Mei 2025.
• Stuur dit asseblief direk aan: Maluti Montessori Centre, de Wetstraat, 4A, Senekal, 9600
• Koste per inskrywing is R100,00 per item. Leerders mag meer as een kunswerk inskryf.
* Inskrywingsforms beskikbaar:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Legal & Research
Centres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Impaq: Homeschool & Online ...
Impaq: The leading homeschooling curriculum provider in South ...
Learn, code and create with Ubbu
Introducing ubbu!An Adventure of Code and Play! Learn, Code ...
Has no content to show!