fbpx
Font size: +
8 minutes reading time (1545 words)

SAKAI - Planne vir 2013

Tuisskolers volg die vordering van die SAKAI eksamenraad. Om die rede het Tuisskolers.Org in 2012 'n onderhoud met Gustav Niebuhr van SAKAI gehou en dit op hierdie blog gepubliseer. Intussen het 'n jaar verbygegaan en Tuisskolers.Org het hierdie jaar weer 'n onderhoud met SAKAI gehad om te verneem wat hulle planne is vir 2013.

--------------------------------------

Vraag 1 : Hoe het die rekordeksamen in 2012, wat SAKAI afgelê het gegaan?

Die bestuur en die nasien van die eksamen het goed gegaan. Die uitslae was egter nie so goed as verwag is nie, aangesien die standaard van die eksamen effens hoër was as elders. Die eksamen is opgestel volgens die standaard riglyne en die taksonomie van Bloom. Verder is die eksamen ook gemodereer deur Umalusi en die Dept. van Basiese Onderwys en alles is in orde gevind. Eksamenrade mag hulle standaard hoër maak as die riglyne, maar nie laer nie.

Vraag 2 : Wat gaan SAKAI in 2013 doen?

SAKAI gaan weer die rekordeksamen aflê en die SBA’s administreer soos in 2012. Op grond van die sukses van 2012 is voorlopige akkreditasie toegeken aan SAKAI. SAKAI moet egter eers 18 maande siklus deurgaan vanaf die opstel van die eksamens tot die finale uitreik van resultate alvorens finale akkreditasie verkry kan word. Dis hierdie 18 maande siklus wat veroorsaak dat SAKAI ’n jaar later ge-akkrediteer kan word as wat aanvanklik verwag is.

Vraag 3 : Hoeveel eksamensentrums is by julle geregistreer hierdie jaar in vergelyking met verlede jaar?

Omtrent dieselfde as verlede jaar, in die orde van 50. Daar is baie kostes verbonde aan die vestiging van eksamensentrums. Aan die ander kant skep dit ook ongerief vir sommige ouers wat ver moet ry om by ’n eksamensentrum kom, indien daar nie meer sentrums is nie. SAKAI probeer ’n optimale balans kry tussen kostes vir SAKAI en gerief vir die ouers.

Vraag 4 : Watter verskil gaan dit maak as SAKAI self eksamens kan opstel?

As SAKAI sy eie vraestelle opstel, kan hy hom op drie wyses van ander eksamenrade onderskei:

 

  1. Daar kan ander interpretasies van die inhoud gedoen word. Om ’n voorbeeld te noem kan daar bv. ruimte geskep word dat kinders vrae oor biologie ook vanuit ’n kreasionistiese oogpunt beantwoord word.
  2. Daar kan addisionele inhoud bygevoeg word, indien gemeen word dat dit in die belang van die kinders is.
  3. Ander voorgeskrewe werke kan gebruik word.

 

Vraag 5 : Die Dept. van Basiese Onderwys het die aankope van handboeke gesentraliseer. Het dit enige invloed op privaat en tuisonderwys?

Daar is nou minder uitgewers wat nou handboeke verkoop. Sommige uitgewers het opgehou om handboeke vir sekere vakke meer in Afrikaans uit te gee. SAKAI wil probeer om addisionele materiaal in Afrikaans te verskaf. Die koms van e-Boeke sal moontlik in die toekoms hierdie probleem oplos.

Vraag 6 : Hoeveel leerders het in 2012 matriek deur SAKAI gedoen, en hoeveel gaan dit in 2013 doen?

In 2012 het ongeveer 600 matrikulante deur SAKAI geskryf, hoofsaaklik tuisleerders wat deur Impak ingeskryf is. In 2013 gaan dit ’n bietjie meer as 900 wees. Weereens ongeveer 600 deur Impak, en die res is van ander  kurrikulumverskaffers.

Vraag 7 : Die administrasie vir NSS is uitermate kompleks. Eerstens moet leerders groot hoeveelhede toetse en praktiese werk en portefeuljes en eksamens doen en tuisleerders moet dit teen voorgeskrewe datums by die kurrikulumverskaffers ingee . Tweedens word eksamens by verskillende plekke geskryf. Sommige eksamens is intern, sommiges by SAKAI sentrums en ander by staatskole. Derdens moet al die punte uiteindelik by een plek bymekaarkom waar ’n finale punt met komplekse formules bereken word. Die rolspelers betrokke by die komplekse proses is die kurrikulumverskaffers en SAKAI en Umalusi en die nasionale DvO (Departement van Onderwys) en die provinsiale DvO's. Word hierdie probleem deur die rolspelers erken en is daar inisiatiewe om die proses minder kompleks te maak?

Daar is nou ooreengekom dat kanidate by een plek geregistreer kan word. Kanidate wat by SAKAI geregistreer is, word nou outomaties by die provinsiale departemente geregistreer vir die eindeksamen en die rekordeksamen en eindeksamen in dieselfde plek geskryf. Daar is egter nog probleme dat sommige provinsies hulle nie wil hou by hierdie ooreenkoms nie.

Vraag 8 : Sover ek verstaan is bg. duur en komplekse proses die resultaat van onderhandeling tussen DvO, Umalusi, SAKAI en kurrikulumverskaffers. Dis egter ouers wat moet betaal vir hierdie duur en komplekse proses, en vir ’n jaar onder druk is om al die sperdatums na te kom. Behoort daar nie iemand wat die belange van ouers verteenwoordig betrokke te wees in hierdie onderhandelinge nie?

Ouers word verteenwoordig deur die kurrikulumverskaffers. Ouers moet druk uitoefen op die kurrikulumverskaffers en nie op SAKAI nie.

Vraag 9 : Matriek word vereis om toegang te kry tot verdere opleiding. Volgens die grondwet het almal die reg tot verdere opleiding. As die proses om ’n matriek te verwerf kompleks en duur gemaak word, dan word inbreuk gemaak op ‘n grondwetlike reg van Suid-Afrikaanse burgers. Is dit korrek?

Die proses om ’n matriek te verwerf kan kompleks en duur gemaak word, indien dit verantwoord kan word dat die proses nodig is om die standaard van die matriek te waarborg.

Vraag 10 : Die waardes wat julle onderskryf is volgens julle webwerf is “based on the value system of the Western World”. Die waardes van die huidige westerse wêreld is oorwegend sekulêr en raak toenemend antagonisties teenoor die Christelike godsdiens. Wat bedoel SAKAI presies met westerse waardes?

Hierdie waardes skep die ruimte vir die handhawing van Christelike waardes. SAKAI voel sterk oor die Christelike waardestelsel.

Vraag 11 : Die oorspronklike intensie vir die stigting van SAKAI was om ’n eksamenraad te vestig wat ingestem is op die behoeftes van tuisleerders. Op watter wyse is SAKAI anders as bv. IEB om hierdie behoeftes aan te spreek? In die lig van die feit dat IEB ook begin het om tuisleerders te akkomodeer, is daar nog ’n noodsaak vir SAKAI?

SAKAI probeer meer bekostigbaar wees. IEB se fooie is soveel as R9000, terwyl SAKAI nou R3500 is. Verder verskil die fokus van IEB en SAKAI. IEB is primêr gefokus op gevestigde privaatskole, en akkomodeer ook tuisonderwys. SAKAI fokus egter primêr is op tuisonderwys, maar kan ook privaatskole akkomodeer.

Vraag 12 : Die hele proses van die administrasie van matriek bevat ’n groot hoeveelheid moderering en monitering. As mens die SAKAI beleid oor SBA moderering lees (wat gebasseer is op die DvO se beleid), is dit duidelik dat elke handeling van elke leerling tot in die kleinste besonderhede deur ’n hierargie van burokrasieë beoordeel word. Hierdie beleid se fokus is op polisiëring eerder as opvoeding. Is hierdie beleid op die lang termyn volhoubaar?

Die prosesse is ’n poging om swak funksionerende skole te kry om aan minimum vereistes te voldoen en nou word dit afgedwing op almal. Dit is moeilik om in die onderhandelings toegewings te kry om tuisleerders anders te behandel. Die probleme wat met ERCO ondervind is, het ook daartoe gelei dat Umalusi baie strenger daarop toesien dat daar aan die beleid voldoen moet word. SAKAI probeer egter om die prosesse soveel as moontlik te vereenvoudig.

Vraag 13 : Gegee dat die komplekse proses vir die administrasie van matriek baie probleme vir ouers kan skep, waarom moet ouers die volledige gelde vir die matriek vooruit betaal? Sou dit nie billik wees dat ouers ’n gedeelte van die gelde eers betaal wanneer die matriek sertifikaat gereed is nie, om organisasies soos SAKAI te motiveer tot om goeie klientediens te lewer?

Al die kostes wat deur SAKAI aangegaan word, word tot en met Augustus aangegaan. Al die werk word voor die tyd gedoen. SAKAI gee tans tyd tot einde Julie vir die betaling van eksamenfooie. Impak betaal retensie van 10% aan die einde. Ouers kan moontlik ook ’n retensie onderhandel met die kurrikulumverskaffer.

Vraag 14 : As iets verkeerd in hierdie komplekse proses, word ouers van die een party na die ander verwys, en om ’n probleem op te los is ’n uiters tydrowende en frustrerende proses. Is daar enige inisiatiewe om ’n enkele punt van kontak te vestig wat ouers met alle aspekte van die matriek-eksamen kan help?

Nou dat die proses verander is dat ’n kanidaat net een keer registreer, sal die probleem grotendeels opgelos word.

Vraag 15 : Is dit die intensie van SAKAI om in die toekoms ’n matriek met ’n hoër standard te vestig? Dit impliseer dat tuisleerders wat van SAKAI gebruik maak ’n laer punt gaan kry vir die dieselfde hoeveelheid voorbereiding, en hierdie laer punte gaan tuisleerders benadeel wanneer dit kom by toelating tot universiteit.

Dis is inderdaad die intensie om 'n hoër standaard te vestig, maar die plan is ook dat kindersnie  benadeel word vir universiteitstoelating hierdeur nie. SAKAI beplan om met universiteite te skakel, sodat die universiteite goedgesind is ten opsigte van leerling wat by SAKAI ’n eksamen.

Vraag 16 : Baie ouers oorweeg alternatiewe maniere om ’n matriek te verwerf soos Cambridge en GED. Wat is die redes waarom ouers die NSS behoort te oorweeg?

Die groot rede waarom ouers vir die NSS moet kies, is omdat leerders die NSS in Afrikaans kan skryf, sodat leerders hulle volle skoolloopbaan in hulle moedertaal kan doen. SAKAI is ook in gesprek met Cambridge om die moontlikhede te ondersoek om ook daardie kwalifikasie in Afrikaans te verwerf.

b2ap3_thumbnail_sacai.jpg

 

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Tuisonderrig groei sterk in Suid-Afrika
Homeschooling in media more and more

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 28 March 2024

Events

Has no connect to show!

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources