fbpx
Font size: +
2 minutes reading time (393 words)

Prof. Kader Asmal : Vriend van vryheid en vooruitgang?

Verlede week is prof. Asmal, voormalige minister van onderwys oorlede. Van alle kante is daar hulde gebring aan hom. Deur sommige word hy beskryf as : “He was a towering intellectual, great champion of human rights and unswerving in his commitment to the liberation of South Africa.” Baie kan egter nie hierdie entoesiasme oor prof. Asmal deel nie.

In 2001 maak die minister van onderwys, prof. Kader Asmal die volgende uitspraak : “No. I've always believed in a unitary school system, like the German system, but the Constitution says there will be private schools so I have no problem with them. There are many private schools with a Cambridge examination which I have problems with. It's based entirely on an English syllabus, and we're trying to create a South African school system with values that are truly South African.” As dit dus van prof. Asmal afgehang het, dan sou daar geen privaat skole of tuisonderwys in Suid-Afrika toegelaat word nie. Prof. Asmal is op rekord dat hy glo aan ’n onderwysstelsel wat onder die beheer van die staat is, terwyl die universele verklaring van menseregte stel : “Parents have a prior right to choose the kind of education that shall be given to their children.

Ouers wat betrokke was by privaat onderwys en tuisonderwys sal prof. Asmal onthou as die persoon wat die hersiene nasionale kurrikulum op ’n ondeursigtige en onderduimse wyse deurgedruk het, ondanks die besware van duisende ouers. Kliek hier om ’n oorsig te lees oor hierdie stukkie geskiedenis. Sy standpunt oor privaat onderwys en tuisonderwys, asook sy hantering van die invoering van die kurrikulum dui daarop dat prof. Asmal geen vriend is van die vryheid van ouers om die beste opvoeding vir hulle kinders te kies nie.

Prof. Kader Asmal is ook verantwoordelik vir die invoering van uitkomsgebaseerde onderwys in Suid-Afrika sedert 1998. Hierdie vorm van onderwys word nou algemeen beskou as ’n mislukking en gaan vanaf 2012 vervang word met ’n kurrikulum wat nie van hierdie benadering gebruik gaan maak nie. In artikels met opskrifte soos “Youth sacrificed for OBE” word gerapporteer dat miljoene kinders uit die skole uitgeval het en nie kan lees of skryf nie. Watter invloed het dit gehad op die vooruitgang van Suid-Afrika? Wanneer daar egter hulde gebring moet word aan die minister wat mede verantwoordelik is vir hierdie tragedie, dan word dit gemakshalwe vergeet.

National Assessment 2011 : Children and teachers l...
Do our reporters pass the test? Political correctn...

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Monday, 09 December 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

A.C.E (Gr R - 12)

    The A.C.E. programme is uniquely suited to home education, ...

Dynamis

Martie du Plessis from Dynamis, an educational consultant, home ...

Coding and Robotics

  Solutions for allCoding and RoboticsFoundation Phase Workbooks ...

Comprehendi

Introducing Comprendi™ — the Revolutionary Reading Comprehension ...

Q & A

Has no content to show!

  • Prev
  • Curriculums & Resources