fbpx
Font size: +
1 minute reading time (297 words)

Matriekresultate – tuisleerders presteer weer

VAN : Pestalozzi Trust vir tuis- en burgerlike onderwys - 4 Januarie 2012

Ontleding van die resultaat in die 2011 matriekeksamen toon dat tuisleerders weereens uitstekend presteer het.

Voorlopige resultate van die Eksamenraad vir Christelike Onderwys (ERCO) geskryf het, toon dat ongeveer 500 bona fide tuisleerder die eksamen geskryf het en ’n slaagsyfer van ongeveer 93% behaal het. Van die kandidate wat geslaag het, het ongeveer 63% met universiteitsvrystelling geslaag.
Leendert van Oostrum, ’n onderwyskonsultant wat in tuisonderwys spesialiseer, verklaar dat die uitstekende akademiese, sosiale en persoonlike ontwikkeling van tuisleerders in Suid-Afrika ooreenstem met resultate wat tuisleerders in ander lande verkry volgens onafhanklike navorsing oor verskeie dekades.

Hy het egter daarop gewys dat hierdie kandidate vele burokratiese struikelblokke moes oorkom net om die eksamen enigsins te skryf. Van Oostrum verklaar dat die nuwe Nasionale Senior Sertifikaat ontwerp is om voltydse leerders in skole te bevoordeel. Die aard van die eksamen maak dit egter baie duur en amper onmoontlik vir onafhanklike en afstandleerders om te voldoen aan die burokratiese eise wat die nuwe eksamen stel.

Daarbenewens aanvaar die eksamenrade van staatsdepartemente nie meer onafhanklike kandidate tensy hulle onder die mantel van skole ingesmokkel word nie.
Dit beteken dat die matrieksertifikaat, wat tot vyf jaar gelede vir so min as een duisend Rand geskryf kon word, nou ten minste dertig duisend Rand kos. Een van die gevolge is dat die getal onafhanklike kandidate gedaal het van ongeveer vyftienduisend per jaar na ongeveer eenduisend.

Die Pestalozzi Trust het regslui opdrag gegee om die owerheidsuitsluiting van juis daardie mense wat die grootste behoefte aan onderwys het te ondersoek en desnoods voor die hof te bring – mense wat weens finansiële, persoonlike of ander faktore nie hul matriek in skole kon voltooi nie.

Vir verdere inligting kontak Leendert van Oostrum by 012 330 1337

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Kan Christene hulle kinders na staatskole stuur?
Matric results: Home learners score again

Related Posts

 

Comments 2

Jan Mostert on Thursday, 05 January 2012 10:38

Mens sou graag wou weet wat is die rede vir die burokrasie. Ek dink as iets werk moet dit toegelaat word. Sal soveel meer die druk van die staat af haal - verder kan die sukses van tuisonderrig ook deur getrek word na die publieke skole wat sukkel.

Mens sou graag wou weet wat is die rede vir die burokrasie. Ek dink as iets werk moet dit toegelaat word. Sal soveel meer die druk van die staat af haal - verder kan die sukses van tuisonderrig ook deur getrek word na die publieke skole wat sukkel.
Bouwe van der Eems on Thursday, 05 January 2012 18:15

Alhoewel die staat privaat skole en tuisonderwys toelaat, beteken dit nie dat die staat positief is oor hierdie mediums nie. In 2001 maak die minister van onderwys, dr. Kader Asmal die volgende uitspraak : “No. I've always believed in a unitary school system, like the German system, but the Constitution says there will be private schools so I have no problem with them. There are many private schools with a Cambridge examination which I have problems with. It's based entirely on an English syllabus, and we're trying to create a South African school system with values that are truly South African.” Duitsland is tans in die publieke oog weens die intensiewe vervolging van tuisskolers wat daar plaasvind.

Diegene wat beheer het oor onderwys, het beheer oor die waardes wat deur die volgende geslag onderskryf word. Dit is die rede waarom die staat ’n belang het by onderwys. As die staat beheer oor onderwys het, het hy beheer oor die waardes wat deur die volgende geslag onderskryf word en hierdie beheer kan gebruik word om te verseker dat die volgende geslag vir die bestaande staatsbedeling gaan stem in die volgende verkiesings. Die volgende geslag sal eerder geneig wees om te stem vir die party wat dieselfde waardes deel as dit waarmee hy groot geword het, eerder as waardes wat vir hom vreemd is.

Een van die kenmerke van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is daarom juis dat dit ’n baie groter klem plaas op die oordrag van waardes, as wat in die verlede die geval was. Die oorsig van die Kurrikulumverklaring stel dit soos volg : “Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is daarop gerig om hierdie waardes te weerspieël in die kennis en vaardighede wat dit bevorder.” In ’n toespraak op 7 November 2001 stel die minister van onderwys dit nog duideliker: “Our campaign to reinsert values into education is a multi-faceted initiative. In the first place we want to make it part of the formal curriculum, so that learners will develop tolerance and understanding through all that they learn. The draft revised National Curriculum Statement has asserted this element even more strongly than in the former outcomes,...”

In die staatskole kan die staat volledige beheer uitoefen oor dit wat aan die volgende geslag oorgedra word. In Suid-Afrika maak die wet egter ook voorsiening vir privaat skole en tuisonderwys. Die staat kan gedeeltelik beheer uitoefen oor privaat skole deur die hefbome van staatsubsidies en registrasie aan te wend. Die staat kan hierdie hefbome egter nie gebruik om beheer uit te oefen oor tuisonderwys nie. Daar is geen meganisme waardeur tuisskoolouers subsidies van die staat kan
ontvang nie. ’n Baie klein minderheid tuisskolers is geregistreer by die onderwysdepartement.

Die oorblywende hefboom wat die staat gebruik om ook beheer oor privaat skole en tuisonderwys te kry, is deur middel van matriek. Aangesien matriek toegang verleen tot werk en verdere opleiding, moet ook privaat skole en ouers wat tuisonderwys gee hulle kinders voorberei om matriek te slaag. As die staat beheer het oor matriek, dan oefen die staat indirek beheer uit oor dit wat gedoen word om voor te berei vir matriek. Die doelwit van die regulasie van matriek is dus om te verseker dat die
waardes van die staat aan alle leerders in Suid-Afrika oorgedra word. Die hoof voertuig vir die oordrag van die waardes van die staat is die leerarea van
Lewensoriëntering. Enkele van die uitkomste wat die Nasionale Hersiene Kurrikulumverklaring voorskryf dat kinders in Gr. 10 – 12 moet bereik in hierdie leerarea is die volgende:
1. “Describe the concepts ‘power’ and ‘power relations’ and their effect on relationships between and among genders.”
2. “Investigate how unequal power relations between the sexes are constructed ...”
3. “Explain the value of diversity, and discuss contemporary contributions of individuals and groups in addressing discrimination and violations of human rights.”
4. “Display an understanding of the major religions, ethical traditions and indigenous belief systems in South Africa, and explore how they contribute to a harmonious society.”
5. “Evaluate own positions taken when dealing with discrimination and human rights violations, taking into account the Bill of Rights.”

Hierdie leerarea word tans nie ekstern ge-assesseer nie en dit gee privaat skole en kurrikulum verskaffers ’n mate van vryheid om dit wat die kurrikulumverklaring voorskryf vir die leerarea met hulle eie inhoud te vul. Of dit egter moontlik is om bv. Christelike waardes oor te dra deur bg. uitkomste met Christelike inhoud te vul is ’n moeilike vraag om te beantwoord. Ook tuisskolers wat ’n kurrikulum verskaffer gebruik wie se kurrikulum in lyn is met die Nasionale Hersiene Kurrikulumverklaring moet hiervan bewus wees.

Alhoewel die staat privaat skole en tuisonderwys toelaat, beteken dit nie dat die staat positief is oor hierdie mediums nie. In 2001 maak die minister van onderwys, dr. Kader Asmal die volgende uitspraak : “No. I've always believed in a unitary school system, like the German system, but the Constitution says there will be private schools so I have no problem with them. There are many private schools with a Cambridge examination which I have problems with. It's based entirely on an English syllabus, and we're trying to create a South African school system with values that are truly South African.” Duitsland is tans in die publieke oog weens die intensiewe vervolging van tuisskolers wat daar plaasvind. Diegene wat beheer het oor onderwys, het beheer oor die waardes wat deur die volgende geslag onderskryf word. Dit is die rede waarom die staat ’n belang het by onderwys. As die staat beheer oor onderwys het, het hy beheer oor die waardes wat deur die volgende geslag onderskryf word en hierdie beheer kan gebruik word om te verseker dat die volgende geslag vir die bestaande staatsbedeling gaan stem in die volgende verkiesings. Die volgende geslag sal eerder geneig wees om te stem vir die party wat dieselfde waardes deel as dit waarmee hy groot geword het, eerder as waardes wat vir hom vreemd is. Een van die kenmerke van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is daarom juis dat dit ’n baie groter klem plaas op die oordrag van waardes, as wat in die verlede die geval was. Die oorsig van die Kurrikulumverklaring stel dit soos volg : “Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring is daarop gerig om hierdie waardes te weerspieël in die kennis en vaardighede wat dit bevorder.” In ’n toespraak op 7 November 2001 stel die minister van onderwys dit nog duideliker: “Our campaign to reinsert values into education is a multi-faceted initiative. In the first place we want to make it part of the formal curriculum, so that learners will develop tolerance and understanding through all that they learn. The draft revised National Curriculum Statement has asserted this element even more strongly than in the former outcomes,...” In die staatskole kan die staat volledige beheer uitoefen oor dit wat aan die volgende geslag oorgedra word. In Suid-Afrika maak die wet egter ook voorsiening vir privaat skole en tuisonderwys. Die staat kan gedeeltelik beheer uitoefen oor privaat skole deur die hefbome van staatsubsidies en registrasie aan te wend. Die staat kan hierdie hefbome egter nie gebruik om beheer uit te oefen oor tuisonderwys nie. Daar is geen meganisme waardeur tuisskoolouers subsidies van die staat kan ontvang nie. ’n Baie klein minderheid tuisskolers is geregistreer by die onderwysdepartement. Die oorblywende hefboom wat die staat gebruik om ook beheer oor privaat skole en tuisonderwys te kry, is deur middel van matriek. Aangesien matriek toegang verleen tot werk en verdere opleiding, moet ook privaat skole en ouers wat tuisonderwys gee hulle kinders voorberei om matriek te slaag. As die staat beheer het oor matriek, dan oefen die staat indirek beheer uit oor dit wat gedoen word om voor te berei vir matriek. Die doelwit van die regulasie van matriek is dus om te verseker dat die waardes van die staat aan alle leerders in Suid-Afrika oorgedra word. Die hoof voertuig vir die oordrag van die waardes van die staat is die leerarea van Lewensoriëntering. Enkele van die uitkomste wat die Nasionale Hersiene Kurrikulumverklaring voorskryf dat kinders in Gr. 10 – 12 moet bereik in hierdie leerarea is die volgende: 1. “Describe the concepts ‘power’ and ‘power relations’ and their effect on relationships between and among genders.” 2. “Investigate how unequal power relations between the sexes are constructed ...” 3. “Explain the value of diversity, and discuss contemporary contributions of individuals and groups in addressing discrimination and violations of human rights.” 4. “Display an understanding of the major religions, ethical traditions and indigenous belief systems in South Africa, and explore how they contribute to a harmonious society.” 5. “Evaluate own positions taken when dealing with discrimination and human rights violations, taking into account the Bill of Rights.” Hierdie leerarea word tans nie ekstern ge-assesseer nie en dit gee privaat skole en kurrikulum verskaffers ’n mate van vryheid om dit wat die kurrikulumverklaring voorskryf vir die leerarea met hulle eie inhoud te vul. Of dit egter moontlik is om bv. Christelike waardes oor te dra deur bg. uitkomste met Christelike inhoud te vul is ’n moeilike vraag om te beantwoord. Ook tuisskolers wat ’n kurrikulum verskaffer gebruik wie se kurrikulum in lyn is met die Nasionale Hersiene Kurrikulumverklaring moet hiervan bewus wees.
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 10 October 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Sunrise readers: From pre-reading ...

  Parents and educators - these popular reading books with an ...

A.C.E (Gr R - 12)

    The A.C.E. programme is uniquely suited to home education, ...

Solutions for ALL - Coding and ...

Solutions for allCoding and RoboticsFoundation Phase Workbooks and ...

Beit HaSefer

  Tailor made Home Education by Beit HaSefer (No ‘one size fits ...

Q & A

Has no content to show!

  • Prev
  • Curriculums & Resources