fbpx

 Submission of FEDSAS on NCS in 2001. Recovered from Wayback Machine.

 

FEDSAS

(FEDERATION OF ASSOCIATIONS OF GOVERNING BODIES OF SOUTH AFRICAN SCHOOLS)

KOMMENTAAR VAN FEDSAS OP DIE HERSIENE NASIONALE KURRIKULUM

 Hierdie kommentaar word gelewer teen die agtergrond van die volgende aanhaling uit bladsy 21 van Onderwyswitskrif 1:

 Parents have the inalienable right to choose the form of education which is best for their children, particularly in the early years of schooling, whether provided by the State or not, subject to reasonable safeguards which may be required by law. The parent’s right to choose includes choice of the language, cultural or religious bases of the child’s education with due regard to the rights of others and the rights of choice of the growing child.

 Vanuit ‘n ouer se perspektief is die ontwerp van hierdie kurrikulum meer aanvaarbaar en verstaanbaar. Die vervanging van sewe elemente waarom Kurrikulum 2005 ontwerp is, met slegs drie elemente waarom die hersiene kurrikulum ontwerp is, is ‘n positiewe stap. ‘n Verdere positiewe ontwikkeling is die vereenvouding van die name van die onderskeie leerareas. Deur byvoorbeeld te praat van die leerarea Wiskunde i.p.v. die leerarea van Wiskunde, wiskundige wetenstappe en wiskundige geletterdheid val makliker op die oor en is beskrywend genoeg.

 Die beginsels is baie logies en lofwaardig, maar terselftertyd baie idealisties. Dit is slegs haalbaar en uitvoerbaar indien opvoeders met genoeg integriteit, opleiding, hulpmiddele en vaardigheid dit aanbied.

 Daar is egter ander aspekte in die hersiene kurrikulum wat ons as ouers tot kommer stem. Hierdie punte van kommer word toegelig onder die volgende hoofde:

·        Waardes

·        Opvoeders

·        Assessering

WAARDES

Dit wil voorkom of daar goed bedoel word met hierdie dokument en dit is te verstane dat daar ‘n behoefte is om die ongebalanseerdhede van die verlede aan te spreek. Die vraag kan egter gevra word of dit nie ‘n skending van fundamentele grondwetlike regte van die individu (dus die ouer) is nie aangesien dit wil voorkom of ouers die reg ontneem word  om hul kinders te laat opvoed volgens hulle oortuigings en geloof. Om bv. van leerders in graad

·        ses te verwag om te beskryf hoe die natuur hulle geestelik kan genees en verder gedeeltes van drie verskillende gelowe te sing;

·        sewe tot nege te verwag om holistiese en tradisionele genesing, reďnkarnasie, die reg tot aborsie en die gelyksoortigheid tussen verskillende gelowe te bestudeer

is in stryd met lewenswaardes en geloofsoortuigings van baie ouers en gemeenskappe.  ‘n Verdere punt van kommer is dat leerders geassesser gaan word op hulle holistiese ontwikkeling van waardes en houdings. Dit is verregaande aangesien niemand die reg het om te oordeel oor ‘n ander se waardes nie.  Daar bestaan verder 337  “religions” węreldwyd. Wie is bevoeg om dit te onderrig? Watter “religions” word deur die staat goedgekeur? Gaan dit (en hoe) op die leerders en gemeenskappe afgedwing word?

Om leerders en dus die jeug te gebruik om probleme aan te spreek moet verwerp word. Verder sal opvoeders geneig wees om die riglyne (assesseringsstandaarde) te transformeer tot rigiede leerprogramme met die oog op die lewering van ‘n produk en dus nie op die proses nie. Goeie bedoelings en/of edel waardes wat teweeg gebring wil word kan dus nie gewaarborg word nie. Die menslike natuur is sodanig dat enige doktrine in die toekoms aangepas sal word by die politieke-eise van die dag. Aangesien opvoeders staatsamptenare is, sal hulle beswaarlik handel teen die opdragte van hulle werkgewer – en dit ten koste van leerders en die waardes waarvoor hulle ouers, en die gemeenskap in geheel dus staan.

Dit kom voor of ons hier te doen het met ‘n aanval op die diversitiet van die mense van Suid-Afrika  asook op die vryheid van die konstitusie self deurdat die staat klaarblyklik sy wil op die vryheid van die landsburgers en gemeenskappe wil afdwing deur namens hulle te wil besluit hoe die opvoeding beide skool en huis moet raak. Die staat en die demokrasie se waardes word beklemtoon en nie byvoorbeeld Christelike waardes nie.

Die staat het nie die mag om waardes af te dwing nie – behalwe een nl. wetsgehoorsaamheid. Die onderrig van waardes berus by die gemeenskap en hul verteenwoordigers, naamlik die beheerliggaam. Daar mag egter nie teen ‘n leerder gediskrimineer word op grond van sy/haar geloof nie. Volgens die grondwet het leerders die reg om aan godsdiensbeoefening in skooltyd deel te neem, met dien verstande dat deelname vrywillig is en nie minderheidgroepe sal bedreig nie.

FEDSAS, en dus ook ouers, beveel met alle erns en dringendheid aan dat die hersieningskomitee alle assesseringsstandaarde

·        wat handel oor geloof,

·        wat indruis teen lewenswaardes en geloofsoortuigens van die onderskeie groepe moet uitskryf uit die kurrikulum;

FEDSAS beveel verder aan dat die onderrig van waardes gelaat moet word vir die gemeenskap (en dus die Beheerliggaam) en dat godsdiensbeoefening mag plaasvind in skooltyd binne die vereistes van die grondwet.

OPVOEDERS

Daar word onbillike eise gestel aan die opvoeder. Die ontwikkeling van leerprogramme verg tyd, deurlopende toegewydheid en hoë en geďntegreerde vlak van kennis en ervaring. Daarbenewens moet genoegsame en kwaliteit bronne ook tot die beskikking wees van die opvoeders. Verder bestaan daar in baie gevalle nie die nodige infrastruktuur en logistiek ter ondersteuning van die uitvoer van die taak nie. Baie onderwysers beskik ook nie oor die nodige opleiding om ‘n leerprogram te ontwikkel waarin al die ander leerareas geďntegreer is nie. Dit is byvoorbeeld welbekend dat ongeveer 50% van die leerkragte wat Wiskunde onderrig in Suid-Arika nie daarvoor opgelei is nie.

Die eindresultaat is dat ‘n ondergemiddelde standaard leerprogramme aan leerders opgedis word.

Die afwesigheid van inhoude (sillabusse) wat nie in hierdie of die vorige kurrikulumdokument gespesifiseer is nie kan katastrofies wees in vakke soos Wiskunde en ook Rekeningkunde (in die leerarea EBW). Die afwesigheid van inhoude (sillabusse) laat die ouers in die duister en het hul geen barometer om te kontroleer hoe hulle leerders vorder nie. Die beginsel van leerdergesentreerde leer, wat behels dat die leerder groter verantwoordelikheid vir sy eie leer aanvaar, word gesteun, maar die afwesigheid van ‘n “padkaart” (inhoude) in die leerareas kniehalter hierdie beginsel aangesien die leerder grootliks oorgelaat word aan die blootstelling wat opvoeders aan hulle  gee.  Dit is tog nie inhoude (sillabus) wat UGO sal kelder nie, maar wel die “HOE” dit in die klaskamer ontvou word.

Verder word geoordeel dat die formulering van assesseringsstandaarde nie die taak van die Onderwysdepartement is nie, maar dat dit eerder op die weg van die opvoeder lę om assesserigsstandaarde vir die onderskeie leeruikomste te formuleer. Omstandighede verskil tog van klas tot klas, skool tot skool, gemeenskap tot gemeenskap, streek tot streek. ‘n Professionele opvoeder in die klaskamer moet eerder bemagtig word, deur aanvanklikke en deurlopende opleiding, om assesseringsstandaarde te ontwikkel. Breër gestel: Bring eerder ‘n fundamentele en deurdringende verandering teweeg in die opvoeders se siening, houding en ingesteldheid teenoor hoe konstruktiewe leer plaasvind binne konteks, want dan sal die voorgeskrewe inhoude nie verval tot ‘n inhoudsgesentreerde benadering nie, maar eerder dien as ‘n bron van inligting.

 Ons oordeel dat te groot klasse (leerders) ook onbillike eise aan die opvoeder stel  en dit vir hulle haas onmoontlik maak om uitkomsgerig te werk. Die staat moet eerder daarna streef om weë te vind om die opvoeder-leerkrag verhouding af te bring tot ongeveer 1:27. Voeg hierby die goedbedoelde deurlopende assessering (summatief en formatief) wat hoë eise stel aan die opvoeder en wat heel moontlik (indien nie alreeds nie) kan verander in ‘n niksseggende admininstratiewe monster as gevolg van te groot getalle leerders per opvoeder.

 Die opleiding van opvoeders (80 uur per jaar) word gesteun. Dit bekommer ouers egter dat opvoeders in skooltyd opleiding moet deurloop, aangesien waardevolle onderrigtyd verlore gaan. Die implementering van die hersiene kurrikulum per fase kan katestrofies wees indien dit in skooltyd plaasvind. Dit is doodeenvoudig nie aanvaarbaar dat ‘n hele fase by ‘n skool se opvoeders gelyktydig vir tye nie in die klaskamer is nie.

 Onderwysdepartemente is verder self verantwoordelik vir die swak beeld van UGO. Die grootste gedeelte van die persone wat opleiding aan opvoeders moet verskaf is self nog nie bemagtig in die beginsels van uitkomsgerigte onderwys nie. Dit bring mee dat hulle die hele gees en rigting van die benadering verkrag met die oordrag (néé voorlees) benadering wat hulle volg. Die gesegde van practice what you preach geld tog seer sekerlik veral in uitkomsgerigte onderwys.

 ASSESSERING

 Assessering is ‘n groot bron van kommer in die huidige kurrikulum asook in die voorgestelde kurrikulum – ongeag die minder elemente waaroor gerapporteer word.

 Vir ouers is die wyse van verslagdoening niksseggend. Die afmerk (simbool-toekenning) van die bereiking van uitkomste kan baie subjektief en soos reeds genoem niksseggend wees. Dat assessering formatief, outentiek en diagnosties moet wees word heelhartig gesteun en word besef dat punte-toekenning alleen nie voldoende terugvoering is nie.

 Daarom stel FEDSAS stel voor dat daar nie weggedoen moet word met die toekenning van punte nie en dat dit deel moet wees van die terugvoering aan ouers. Ouers is vertroud daarmee en sal goed ingelig wees oor die vordering van hul kind indien ‘n kort formatiewe verslag deel van die terugvoering is. Dit is wensdenkery om te verwag dat ‘n administratiewe reëling (soos byvoorbeeld die wyse van verslagdoening) effektiewe leer, wat die kritieke uitkomste demonstreer, tot gevolg sal hę. Die oorbelading van opvoeders met groot klasse (leerders) sal meebring dat assessering bloot subjektief en as ‘n administratiewe reëling deur opvoeders gehanteer sal word.

 Die hele assesseringsproses word nooit in besonderhede uiteengesit, sodat elkeen wat daarmee te make het, presies weet wat verwag word en op watter standaard assessering moet geskied nie. Dit bly slegs’n teoretiese bespreking van assessering, maar die asessering self word hoegenaamd nie daargestel nie. Dit word aanbeveel dat deurlopende assessering (wat outentiek, formatief, summatief en diagnosties is) so simplisties moontlik gehou word - ook betreffende die terugvoering (en dat dit steeds punte moet bevat). Soos reeds genoem by WAARDES het niemand die reg om te oordeel (assesseer) oor ‘n ander se waardes nie.

 TEN SLOTTE

 Daar is baie positiewe punte in die hersiene kurrikulum wat nou nie in hierdie kommentaar genoem word nie en moet die hersieningskomitee daarmee gelukgewens word.

 Minister Asmal asook die voorsitter van die komitee se mening in die pers aangaande kritiek teenoor die hersiene nasionale kurrikulum stem ouers tot kommer – veral die ongegronde en persoonlike uitlatings.

 Onderwys in Suid-Afrika vir almal kan ‘n suksesverhaal wees:

 ·        as dit nie verpolitiseer word nie;

·        daar gefokus word op die toekoms en nie net op die slegte en verkeerde van die verlede nie;

·        ouers en gemeenskappe se regte en oortuigings verreken word.

  

Tel & Fax: (011) 453-3784/454-0545

Postal address: FEDSAS, Suite 103, Pivate Bag X1006, EDENVALE 1610

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Boston Online Home Education

Internationally recognized, Cambridge accredited Boston online Home ...

Cedar Academy

Cedar International Academy:

Wingulian?

Are you a Wingulian and just don't know it yet?   Do you need a ...

Q & A

Bala Kudu
Virtual
Virtual
  • Prev
  • Curriculums & Resources