fbpx

Mediavrystelling deur die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys

10 Augustus 2002

Ons merk met verbasing dat, hoewel die Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette eers op 6 Augustus gepubliseer is, die Portefeuljekomitee vir Onderwys in die Nasionale Vergadering inderdaad voortgaan om openbare getuienis aan te hoor op 13 Augustus soos in Julie geadverteer.

Die publiek word dus sewe kalenderdae (oftewel drie werksdae) gegun, nadat die dokument op 6 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, om dit te bestudeer en kommentaar te lewer.

Ons kan dit beswaarlik beskou as enigiets behalwe ‘n siniese poging om deursigtigheid te veins.

Die hele proses waardeur die wetsontwerp gegaan het, is in misterie gehul.

Dit het so verloop:

11 April 2002: Die konsepwetsontwerp word deur die Onderwysminister in die staatskoerant gepubliseer. Openbare kommentaar kan tot 15 Mei gelewer word.

21 Julie 2002: Die Portefeuljekomitee vir Onderwys in die Nasionale Vergadering publiseer uitnodigings in nasionale koerante waarin die publiek genooi word om skriftelike voorleggings op die wetsontwerp (nie die konsep nie) voor te lê teen 30 Julie. Mense wat voorleggings doen moet ook gereed wees om op 13 Augustus mondelinge voorleggings voor die komitee te doen. Die wetsontwerp waarop die publiek genooi word om kommentaar te lewer is egter nog nie gepubliseer nie.

30 Julie 2002: Sluitingsdatum vir kommentaar op die wetsontwerp wat nog steeds nie bestaan nie.

6 Augustus 2002: Die Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette 2002 word in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is sewe dae na die sluitingsdatum vir skriftelike kommentaar en sewe dae (drie werksdae) voordat mondelinge "openbare" getuienis in die Parlement aangehoor word.

Die wetsontwerp wat op 6 Augustus gepubliseer is verskil op dosyne plekke van die konsepdokument wat op 11 April verskyn het. Sommige van die verskille is ingrypend.

13 Augustus 2002: Mondelinge getuienis sal in die Parlement aangehoor word oor die Wetsontwerp van 6 Augustus.

Die vraag ontstaan: Waarom die haas?

Wil Meneer Asmal weer soos verlede jaar ingrypende inmenging met die regte van kinders tussen neus en ore deursmokkel? Die voorlopige aanduidings is dat hierdie sy mees brutale poging nog kan wees om mag te gryp.

Die Pestalozzi Trust het skriftelike kommentaar gelewer op sekere aspekte van die wetsontwerp (soos vroeër ook op die konsep). Die Trust het egter ook beswaar aangeteken teen die feit dat daar geen billike tyd toegelaat word om die dokument behoorlik te bestudeer nie. Die Trust het versoek dat die aanhoor van openbare getuienis uitgestel word, of dat ‘n verdere geleentheid geskep word nadat billike tyd verloop het sedert die publikasie van die Wetsontwerp.

Verdere inligting sal deurlopend verskyn op www.pestalozzi.org/wetgewing
Navrae: Leendert van Oostrum (012) 330 1337

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Elroi Academy (Gr 8 - 12)

Elroi Academy – Top-Rated Distance Education Provider in South ...

Elroi Academy

  Elroi Academy – Top-Rated Distance Education Provider in South ...

Ginini Training Institute

  Ginini Academy is an EdTech home education content provider ...

Maths Gaps

When there’s an area of mathematics that’s difficult to understand, ...

Q & A

Has no content to show!

  • Prev
  • Curriculums & Resources