Beginners Guide
Nuwe Nasionale Kurrikulum - Aanslag op Godsdiens, Gesinne en Demokrasie
Waaroor gaan dit?
Op 30 Julie 2001 het die Onderwysdepartement die nuwe Nasionale Kurrikulum vrygestel vir kommentaar.
Onderduimse metodes
Die dokument beslaan 1400 bladsye, gebruik ‘n ingewikkelde logika en is vir die meeste mense amper onmoontlik om te bekom. (Amptelike beloftes om die dokument te pos bly onvervul.) Min onderwysers het al gehoor van die dokument en nog minder het enigiets daarvan gelees. (Vra maar vir dié wat u ken.) Kinders, ouers, kerke en gemeenskappe het nog feitlik geen besonderhede ontvang nie.
Onderwys vir ‘n totalitêre samelewing
Die bloemryke taal en die stortvloed bladsye verberg ‘n onregmatige doelwit om ‘n totalitêre stelsel van sosiale beheer af te dwing wat teenstrydig is met al die belangrike kulturele en godsdienstige tradisies in Suid-Afrika.
Die kurrikulum is al beskryf as ‘n ongeëwenaarde aanslag teen die mense van Suid-Afrika, teen die Grondwet, en teen die demokrasie.
Hierdie kurrikulum sal nie net op staatskole afgedwing word nie, maar ook op privaatskole en tuisonderwys.
Maak ten minste 100 afskrifte van hierdie vel. Gee dit, faks dit of pos dit vir u familie, vriende, kennisse, kliënte, u kerk, die plaaslike skole en alle verbygangers.
Wat is die kwessies?
Besorgde ontleders, onderwysers en ouers stem toenemend saam dat die voorgestelde kurrikulum die volgende sal bereik:
1. Onder die dekmantel van “Sosiale Wetenskappe” sal die individuele en kulturele identiteit van kinders ondermyn word deur ‘n ongenaakbare program van psigopolitieke kondisionering wat die sielkundige integriteit van kinders sal vernietig.
2. Onder die dekmantel van “Lewensoriëntering” sal die Intergeloof-godsdiens afgedwing word as verpligte eksamenvak, en kinders sal verplig word om die waardes daarvan te bely as hulle erkende kwalifikasies wil verwerf.
3. Onder die dekmantel van “kritiese denke” sal die norm van “groepdenke” afdwing en minderhede verketter word terwyl dit die individuele identiteit van kinders onder die gewig van die kollektief verpletter.
4. Kulturele diversiteit sal vernietig word deur alle etiese en kultuurwaardes te assimileer. Kinders sal verplig word om waardes uit te leef wat deur die Staat goedgekeur is as hulle erkende kwalifikasies wil verwerf.
Hierdie kurrikulum lei nie tot onderwys nie, maar tot indoktrinasie.
Wat kan u doen?
Tree vinnig op!
Sluitingsdatum vir kommentaar is 12 Oktober.
1. Raak ingelig:
Lees so veel van die kurrikulumdokumente as wat u kan – veral dié oor Sosiale Wetenskap en Lewensoriëntering. Laai die dokumente af by die Onderwysdepartement se webblad: http://education.pwv.gov.za
Lees wat kundiges en belanghebbendes oor die voorstelle geskryf het by: http://pestalozzi.org/kurrikulum
2. Laat u stem hoor:
Skryf aan: Die Onderwysminister, Privaatsak X603, Pretoria, 0001 of Faks: (012) 323 5989.
(Onderrig u kinders oor hul Grondwetlike vryheid en oor hierdie bedreiging vir hul vryheid. Vra hulle om ook te skryf!)
Skryf vriendelik maar beslis.
Lug u besorgdheid en maak beswaar teen die voornemens wat in hierdie pamflet beskryf word of teen ander wat u self ontdek.
Stel die punt dat Staatsonderwys geen mandaat het om enige waardes af te dwing nie, behalwe een: Wetsgehoorsaamheid. Alle godsdienstige en kultuurwaardes in skole moet onderrig word volgens die wense van die kinders en hul gesinne.
U kan ook daarop aandring dat die beheerliggaam van elke staatskool alle waardes moet goedkeur wat in die skool onderrig word, veral in die vakke Sosiale Wetenskappe en Lewensoriëntering. Beheerliggame moet ook die handboeke kies en toesig hou oor die assessering van waardes in die skool.
Bevorder bewuswording
Stuur afskrifte van u brief aan elk van die volgende: a) U geliefkoosde koerant b) Een of meer politieke partye in die Parlement c) Die nasionale sinode of verteenwoordigende liggaam van u kerk of geloofsgemeenskap.
Vra hulle in u dekbrief watter stappe hulle neem om die individuele, godsdiens-, en kultuurregte van kinders en hulle gesinne te beskerm.(Kyk by http://pestalozzi.org/kurrikulum vir adresse.)
Legal & Research
Centres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Ginini Training Institute
Ginini Academy is an EdTech home education content provider ...
Sunrise readers: From pre-reading ...
Parents and educators - these popular reading books with an ...
Has no content to show!