fbpx

As tuisonderwys vir u nuut is, en u daarmee wil begin, hier is 5 maklike stappe hoe om te begin:

1) As u kind in ’n skool is, haal die kind uit die skool. Die wet vereis nie dat ouers enige papierwerk aan die skool verskaf nie. Dit word egter aanbeveel om hoflikheidhalwe die skool in te lig dat u besluit het om u kind tuisonderrig te gee, en te vra vir 'n oorplasingssertifikaat. As u nie die sertifikaat ontvang nie, moet egter nie bekommerd wees nie.

2) Die SA Skolewet vereis dat ouers hulle kinders moet registreer vir onderwys tuis. Die praktyk is egter dat meeste provinsiale onderwysdepartemente nie die  administratiewe vermoëns het om kinders te registreer vir tuisonderwys nie. Sommige van die groter provinsies het ’n beperkte administratiewe vermoë om wel tuisleerders te registreer. Ongelukkig het die amptenare in daardie departemente beperkte insig in tuisonderwys en die wetlike voorskrifte oor tuisonderwys. As gevolg hiervan vra hierdie amptenare dat ouers aan allerhande vereistes moet voldoen wat nie deur die wet voorgeskryf word nie, voordat hulle kan registreer vir tuisonderwys. As gevolg van hierdie situasie is meer as 90% van tuisskool gesinne nie geregistreer by die Departement van Onderwys nie. Ouers word aanbeveel om die dokument “Regsoorwegings in Tuisonderwys” te lees op die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys (kies die “Legal” oortjie) te lees en die Pestalozzi Trust te skakel.

3) Word ingelig oor tuisonderrig. ’n Goeie beginpunt is die Beginnergids op die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys. Besoek www.tuisskolers.org, kies die “Getting Started” oortjie op die spyskaart en kliek op “Beginner Gids”. (U moet by die webwerf aansluit om toegang te kry) Woon werkswinkels oor tuisonderwys by. Hou die "Events" bladsy van die webwerf dop vir advertensies vir werkswinkels.

4) Kies ’n tuisonderwys benadering en ’n kurrikulum wat die behoeftes van u en u kinders aanspreek. Besonderhede van kurrikulums kan gevind word op die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys onder die “Curriculums” oortjie. U kan ook 'n kurrikulum uitstalling bywoon. Besonderhede oor uitstallings kan gevind word onder die “Events” oortjie op die die webwerf.

5) Sluit aan by tuisonderwys ondersteunings- en –besprekingsgroepe en praat met ander tuisskoolouers. Besonderhede oor sulke groepe kan gevind word onder die “Support” opsie op die die webwerf.

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Cambridge & International ...

     As of 1 January 2025, Macmillan Education is the sole agent ...

Wingu Academy (CAPS/Cambridge)

The landscape of education has undergone significant ...

Coding and Robotics

  Solutions for allCoding and RoboticsFoundation Phase Workbooks ...

Elroi Academy

  Elroi Academy – Top-Rated Distance Education Provider in South ...

Q & A

Has no content to show!

  • Prev
  • Curriculums & Resources