
Onderstaande brief is deur Leendert van Oostrum geskryf aan Beeld, as reaksie op die aanval van prof. Jonathan Jansen op Christelike onderwys en tuisonderwys. Leendert van Oostrum is voorsitter van die Pestalozzi Trust. --------------------------------------------------- Professor Jonathan Jansen se verkrampte onderrok hang weer 'n myl ver uit in sy artikel "Dié universiteit hou gevaar in" (Beeld 5/9/12). Daarin trek hy te velde teen die idee van 'n Christelike Afrikaanse universiteit en teen...