
In Suid-Afrika vereis die wet dat tuisleerders geregistreer moet wees by die staat. Aangesien die provisiale owerhede in Suid-Afrika of nie die administratiewe kapasiteit het nie, of allerhande onwettige voorwaardes stel vir registrasie, word dit beraam dat 99% van die tuisleerders in Suid-Afrika nie by die staat geregistreer is nie. In die state Illinois en Missouri van die VSA, word dit selfs nie eens vereis dat tuisleerders moet registreer nie. Onlangs...