fbpx
Font size: +
6 minutes reading time (1194 words)

'n Verenigde Front vir Afrikaanse Onderwys

Verskeie organisasies stry teen die BELA wet vir die belange van verskillende groepe. Die Solidariteit beweging stry vir die belange van Afrikaanse skole. Meerdere verenigings stry vir die belange van ouers wat tuisonderwys kies. Dan is daar nog Afrikaanse leerders in klein informele sentrums.

Die situasie rondom Afrikaanse onderwys kan soos volg opgesom word:

  1. Oorvol Afrikaanse Skole in Stede
    In provinsies soos die Wes-Kaap en Gauteng sukkel ouers om hul kinders by oorvol, goeie Afrikaanse skole in te skryf. Baie ouers, wie se kinders op lang waglyste beland, word (dikwels onvoorbereid) gedwing om tuisonderwys as alternatief te kies. Hierdie opsie is dikwels nie ideaal vir hul gesinsomstandighede nie en en sulke ouers kies dan om hul kinders na klein, informele leersentrums te stuur wat geen erkenning in die wet geniet nie. Sulke opsies kan egter die kinders se kanse verminder om later in 'n skool van hulle keuse plek te kry. 
  2. Leë Afrikaanse Skole op die Platteland
    In plattelandse gebiede sukkel Afrikaanse skole dikwels met lae leerlinggetalle, wat druk plaas op hul voortbestaan. Sommige skole word gedwing om te sluit of oor te skakel na Engels. Elke gesin wat in sulke gebiede tuisonderwys kies, kan die doodskoot vir die skool beteken.  Afrikaanse skole in sulke gebiede is daarom dikwels negatief oor tuisonderwys, en die antagonisme wat daardeur ontstaan fragmenteer Afrikaanse gemeenskappe in die platteland.
  3. Informele Leersentrums en Aanlynskole
    Informele leersentrums en aanlynskole funksioneer tans in ’n regulatoriese niemandsland, ondanks die feit dat baie sulke leersentrums onontbeerlik is vir kinders met spesiale behoeftes en aanlynskole die onderwys van baie kinders gered het tydens die pandemie. Geen groot organisasie wat die BELA-wet teenstaan, stry vir die regte en vryhede van hierdie onderwysvorme nie. Die BELA-wet bevorder slegs die binêre stelsel van groot, staatsbeheerde skole (publiek en privaat) en staatsbeheerde tuisonderwys, wat min ruimte laat vir alternatiewe onderwysmodelle.
  4. Kwesbare Tuisonderwys
    Tuisonderwys, waar ouers verantwoordelikheid neem vir die onderwys van hulle kinders, is 'n onderwysvorm wat die vinnigste groei. Volgens onlangse navorsing is daar omtrent 300 000 tuisleerders in Suid-Afrika, waarvan 48.5% se huistaal Afrikaans is. Die BELA wet probeer dit moeiliker maak om tuisonderwys te kies deur kurrikulum, eksterne assessering en swaar strawwe vir nie-voldoening voor te skryf.

Die Solidariteitsbeweging veg met 'n laserfokus vir die belange van Afrikaanse skole. Die ander vorme van Afrikaanse onderwys het egter nie sulke sterk organisasies wat vir hulle belange opstaan nie. Daar is ook geen verenigde front wat Afrikaanse onderwys in al sy vorme beskerm en bevorder nie.

Om ‘n verenigde front te vorm, moet oorweeg word om ‘n onderwys ekostelsel te ontwikkel waar die kragte van meerdere onderwysvorme saamgesnoer word om Afrikaanse onderwys te bevorder. So 'n ekostelsel kan soos volg funksioneer:

  1. Aanlyn opsies vir bestaande Skole. Aanlynskole ontwikkel ‘n produk waarmee bestaande skole hulle onderwys ook aanlyn kan aanbied. Die materiaal van die aanlynskool word gebruik, maar dienste soos assesering en tutordienste word deur onderwysers van die skool verskaf. Die onderwysers sal ook die asseseringsresultate invoer op stelsels soos CEMIS/EMIS. Bestaande skole met kapasiteit kan agente word vir die aanlynskole en maak voorsiening daarvoor dat leerders kan inskryf vir afstandsonderrig by daardie skool. Hierdie diens kan aangebied word vir leerders in die omgewing wat nie in staat is om elke dag skool by te woon nie, maar ook vir leerders wat ver van die skool af is. Hierdie diens kan 'n ekstra inkomste genereer vir skole met spaarkapasiteit (soos bv. in plattelandse skole).
  2. Afrikaanse afstandsonderrig vir ongeplaasde leerders. Leerders wat nie plek kan kry in ‘n Afrikaanse skool in hulle omgewing nie, kan inskryf as ‘n afstandleerder by ‘n Afrikaanse skool wat afstandsonderrig verskaf. Omdat die leerder eenvoudig inskryf by ‘n bestaande skool is daar geen noodsaak om die leerder te registreer vir tuisonderwys nie. As daar later plek beskikbaar kom by ‘n skool in die omgewing, is dit maklik om die leerder oor te plaas na die nuwe skool.
    Leerders wat tuis floreer kan oorskakel na 'n ander aanlynproduk wat aan ouers en leerders meer outonomie gee en nie meer gekoppel is aan 'n skool nie. Of hulle kan meer informele benadering kies soos natuurlike leer. So skep dit ook 'n roete vir ouers om geleidelik oor te skakel na tuisonderwys. Dis ideaal vir gesinne wat nie kans sien om in een stap volle verantwoordelikheid te neem vir hulle kinders se onderwys nie.
  3. Satelliet sentrums vir Toesig en Ondersteuning. Ouers wat nie tydens skoolure toesig kan hou oor hulle kinders nie, kan gebruik maak van sentrums in hulle omgewing. So ‘n sentrum funksioneer as ‘n satellietkampus van die skool waar die leerder ingeskryf is. Die sentrum is slegs verantwoordelik vir die toesig en sorg van die kinders, terwyl die onderwys deur die skool verskaf word. So ‘n sentrum sal by plaaslike owerhede gesoneer moet wees as ‘n plek van onderwys, maar hoef nie as ‘n privaatskool te registreer nie.

So 'n ekostelsel behoort in te pas by die huidige regulatoriese omgewing, veral omdat ‘n presedent geskep is toe dit toegelaat is tydens die pandemie. 'n Soortgelyke model word ook deur residensiele universiteite gebruik wat hulle inkomste aanvul met afstandonderrig. As dit tydens die pandemie toegelaat was om gemeenskappe teen ‘n bedreiging vir hulle gesondheid te beskerm, kan dit nou ook gebruik word om gemeenskappe te beskerm teen ‘n bedreiging vir hulle taal en kultuur. Vir die rede kan dit waarskynlik ge-implementeer word sonder om toestemming te vra.

Sommige vakbonde behoort positief te wees oor die ekostelsel, want dit beskerm poste van onderwysers en hou meer kinders in die skoolstelsel. Daar kan egter verwag word dat die staat hierdie ekostelsel gaan probeer stop vir ideologiese redes. Om 'n veilige omgewing vir hierdie ekostelsel te skep kan 'n regsfonds gestig word wat beskerming gee aan die rolspelers. Sodra enige konflik ontstaan tussen ouers, sentrums of skole aan die een kant en die staat in die ander kant, kan ‘n oproep gemaak word na 'n onderwysnoodlyn.

OMVATTENDE OPLOSSING 

Die voorgestelde ekostelsel vir Afrikaanse onderwys bied ‘n omvattende oplossing om die uitdagings van verskillende onderwysvorme aan te spreek en die waarde van Afrikaanse onderrig te versterk. Dit skep toegang tot kwaliteit Afrikaanse skole en onderrigmateriaal, aanlynopsies, en sentrumgebaseerde toesig wat werkende ouers bevoordeel en leerders se onderwysreis ondersteun. Ouers kry die geleentheid om ‘n geleidelike oorgang na tuisonderwys te maak deur eers gemengde modelle soos afstandsonderrig of aanlynonderrig te gebruik voordat hulle volle verantwoordelikheid neem. Ondersteuningsdienste, Afrikaanse tutors en gespesialiseerde hulpbronne soos laboratoriums vul hierdie model verder aan. Die ekostelsel bied ook ekonomiese geleenthede vir onderwysers en ouers wat as tutors by sentrums wil werk en gee groter erkenning aan tuisonderwys as deel van die breer Afrikaanse onderwysstelsel.

Deur taal en kultuur in onderwys te beskerm en te bevorder, skep hierdie geïntegreerde stelsel ‘n platform vir groter ondersteuning, vryheid en keuses vir Afrikaanse ouers en leerders, wat die hele gemeenskap se belange dien. Tuisonderwys, met sy kleinskaalse en aanpasbare aard, bied unieke geleenthede om nuwe benaderings te toets wat waardevol kan wees vir ander onderwysvorme. In hierdie ekostelsel word alle onderwysvorme versterk deur samewerking en die deel van innovasies, wat die stelsel nie net meer veerkragtig maak teen toekomstige aanslae nie, maar ook tot voordeel van die breër Afrikaanse gemeenskap dien.

Homeschool Registration: Are There Better Alternat...
Defending the Undefensible: Can Section 51 of the ...

Related Posts

Comment for this post has been locked by admin.
 

Comments

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Learn, code and create with Ubbu!

  ubbuIntroducing ubbu!An Adventure of Code and Play! Learn, Code ...

Elroi Academy (Gr 8 - 12)

Elroi Academy – Top-Rated Distance Education Provider in South ...

Dynamic Learning

    Dynamic Learning offers Mathematics video tutorials for grades ...

LEARNING TO READ EASY WITH THE ...

  Parents and educators – these popular reading books are ...

Q & A

Has no content to show!

  • Prev
  • Curriculums & Resources