fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

Bookmark this event! Read more
Education Solutions from Preschool to Grade 12 Read more
SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
2 minutes reading time (403 words)

Voordele van die gesonde gesin

Dit lyk of die toestand van die moderne gesin toenemend aandag in die media ontvang. In Mei 2011 het Solidariteit Helpende Hand ‘n verslag vrygestel oor die Afrikaanse gesin.

In April 2011 het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIR) ’n verslag vrygestel oor die risiko’s wat jongmense loop wat opgroei in ’n land waar dit ’n voorreg is om groot te word in ’n gesin met twee ouers. Een van die belangrikste bevindings van die verslag is dat kinders wat opgroei in ’n gesin sonder ’n vader ’n groter waarskynlikheid het om in hulle opvoeding te faal en anti sosiale gedrag te vertoon, as kinders wat grootword in ’n gesin met twee ouers.  Die verslag van die SAIR word bevestig deur ’n navorsingverslag van United Families wat bevind dat kinders wat opgroei in ’n gesin met ’n vader en ’n moeder wat getroud is, beter vaar oor ’n spektrum van ekonomiese, sosiale, opvoedkundige en emosionele aspekte as kinders wat in ander soorte gesin opsette opgroei. Dis byna gewaarborg dat buite-egtelike kinders ’n lewe van armoede, lae opvoeding en lae prestasie gaan lei.

Dis veral die afwesigheid van vaders wat as ’n groot probleem in die moderne gesinslewe beskou word. Navorsing wat in Kanada gepubliseer is, het bevind dat kinders wat opgroei in ’n gesin waar die vader aktief betrokke is in die lewens van die kinders, hulle  gemiddeld beter presteer in IK-toetse en ook minder gedragsafwykings toon. Ook hier plaaslik skryf Jonathan Jansen in ’n artikel dat die optrede van Julius Malema toegeskryf kan word aan die afwesigheid van ’n vader in sy lewe. Hy stel dit soos volg : “Alle jong mans leer van vader­figure. Malema leer onbeheerstheid. Hy leer dat die politiek moraliteit kan neutraliseer. Hy leer dat geraas redelikheid kan uitdoof en dat woede bewyse tot onsin kan maak.

Indien hierdie navorsing in ag geneem word, is dit ironies dat gesonde tuisskool gesinne gereeld gekonfronteer word met die vraag : “Maar wat van sosialisering?”, terwyl enkelouers wat hulle kinders na ’n vervallende staatskool stuur selde met hierdie vraag gekonfronteer word.

Al hierdie navorsing bevestig dat die beste ding wat ouers vir hulle kinders kan doen, is om hulle kinders te laat opgroei in ’n stabiele en gesonde gesin. Baie ouers kies vir tuisonderwys, omdat  bydra tot die versterking van gesinsbande. Dit op sigself gee aan tuisleerders ’n voorsprong, selfs al word al die opvoedkundige voordele nie in ag geneem nie.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Sensus 2011 en tuisskolers / Census 2011 and homes...
Tuisskolers word ’n politieke faktor

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 25 April 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Accelerated Christian Education

Education Solutions from Preschool to Grade 12

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources