fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
4 minutes reading time (787 words)

Tuisonderwys is die vitamines vir die Afrikaanse gesin

Solidariteit Helpende Hand het onlangs ’n verslag uitgebring oor die Afrikaanse gesin met die titel “’n Foto van die Afrikaanse gesin”. Hierdie verslag bespreek die toestand van die Afrikaanse gesin van vandag.

Die verslag van Helpende Hand skets ’n donker prentjie oor die toestand van die Afrikaanse gesin en stel ’n oefenprogram voor waarmee gesinne weer herstel kan word. Die verslag laat egter na om een van die mees heilsaamste gesondheidmiddels vir gesinne te noem, naamlik tuisonderwys. Tuisonderwys is nie slegs iets wat goed is vir die kinders nie, maar dis iets wat die ouers nog meer verander as die kinders en lei tot die uitbou van sterk gesinne. ’n Samelewing met sterk gesinne is ’n samelewing met ’n toekoms.

Die navorsing van Helpende Hand is gedoen as deel van ’n groter ondersoek na die probleem van armoede wat besig is om toe te neem onder Afrikaanse gesinne. Aangesien gesinsverbrokkeling ’n groot bydraende faktor is tot armoede, is ’n ondersoek na die gesin ’n noodsaaklike onderdeel van die ondersoek na armoede. Navorsing toon dat slegs 7,8% van kinders uit stabiele huise vasgevang is in die armoede-sirkel, teenoor 38,4% van kinders wat grootgeword het in enkelouer gesinne. Volgens navorsing  aangehaal  deur United Families kom 80% van kinders wat oor die lang termyn in armoede verkeer uit gebroke gesinne of van ouers wat nooit getroud is nie.

Die belangrikste resultate van hierdie navorsing is die volgende:

  • Die gemiddelde aantal kinders per huishouding het gedaal van 2,2 tot 1,6 in vyftien jaar. Aangesien daar gemiddeld 2,2 kinders per vrou benodig word om ’n samelewing te onderhou, beteken hierdie resultaat dat Afrikaanse gesinne besig is om uit te sterf.
  • Huwelike neem af en egskeidings neem toe, dermate/sodanig dat 1 uit 3 kinders uit ’n gebroke gesin kom.
  • Al hoe meer moeders werk buite die huis tot so ’n mate dat ouers gemiddeld 10 tot 12 ure per week saam met hulle kinders deurbring. Die implikasie van hierdie resultaat is dat kinders baie meer tyd deurbring by die skool en saam met hulle portuurgroep, as hulle ouers, wat daartoe lei dat kinders se waardes oorwegend gevorm word deur die skool en die portuurgroep, en nie die ouers nie. Dit is hierdie situasie wat aanleiding gee tot die sg. generasie gaping.
  • Baie kinders word sonder ’n pa groot.
  • Godsdiens speel nog ’n groot rol in gesinne, maar dit lyk nie of hierdie godsdiens die morele waardes van die kinders beïnvloed nie, aangesien die gebruik van dwelms, drank en vrye seks baie by kinders voorkom. Die oorsaak van immorele gedrag word dikwels toegeskryf aan die druk van die portuurgroep.

Een van die redes waarom baie ouers kies vir tuisonderwys, is juis die heilsame effek van hierdie vorm van onderwys op die gesin.

  • Tuisskool gesinne is oorwegend baie meer positief oor kinders as die algemene samelewing en daarom is tuisskool gesinne oorwegend groter as die gesinne in die algemene samelewing.
  • Aangesien ouers en kinders in tuisskole baie meer tyd saam bestee, versterk tuisonderwys die gesinsbande en maak daarom die gesinne sterker.
  • Wanneer ouers tuisonderwys gee spandeer die ouers die meeste tyd met hulle kinders en is dit die ouers wat die waardes van die kinders vorm. In hierdie situasie ontstaan daar nie ’n kloof tussen die waardes van die ouers en die kinders nie en ontstaan daar geen sg. generasie gaping nie.
  • In meeste gesinne wat tuisonderwys gee, speel die pa ’n belangrike rol in die tuisonderwys en is hy aktief betrokke by die gesin.
  • Baie ouers kies tuisonderwys uit godsdienstige oorwegings. Hierdie ouers dra nie slegs hulle godsdienstige oortuigings oor aan hulle kinders nie, maar kan ook toesien dat die kinders volgens hierdie oortuigings lewe.

Tuisonderwys moet egter met omsigtigheid hanteer word. Tuisonderwys kan met liggaamlike oefening vergelyk word. Oefening is goed  vir ’n persoon wat gesond is en kan hom/haar sterker en gesonder  maak, maar kan dodelik wees vir iemand wat siek is. Net so gaan tuisonderwys nie ’n gebroke gesin herstel nie, maar dit kan ’n gesin wat nog in takt is sterker maak sodat die gesin nie maklik sal opbreek nie.

Aan die ander kant moet skoolonderwys ook met omsigtigheid hanteer word. Aangesien kinders in skole vir lang tye weg is van hulle ouers en die kinders dikwels ander waardes by die skool en die portuurgroep leer as by die huis kan skoolbywoning lei tot die verswakking van die band tussen ouers en kinders en sodoende kan skoolbywoning groot skade aan ’n gesin aanrig.

Tuisonderwys is nie slegs ’n vorm van onderwys wat beter akademiese resultate lewer nie, maar lewer ook ’n groot bydrae tot die uitbou van stabiele gesinne. As tuisonderwys onder Afrikaanse gesinne aanvaar word, sal dit lei tot meer stabiele gesinne en op sy beurt weer lei tot minder armoede.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Do our reporters pass the test? Political correctn...
Minister van Onderwys bevestig ondersteuning van d...

Related Posts

 

Comments 1

Bouwe van der Eems on Monday, 06 June 2011 08:23

Op die webserf van "Glo die Bybel" is 'n pamflet wat in 1927 deur 'n sendeling van die NG Kerk in Bethlehem geskryf is oor die mislukte gesin. Gaan lees dit gerus by https://www.glodiebybel.co.za/

Op die webserf van "Glo die Bybel" is 'n pamflet wat in 1927 deur 'n sendeling van die NG Kerk in Bethlehem geskryf is oor die mislukte gesin. Gaan lees dit gerus by https://www.glodiebybel.co.za/
Already Registered? Login Here
Guest
Friday, 29 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources