Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Ondersteun Tuisonderwys Verenigings om met regering te vergader

Die Pestalozzi Trust het  2014 begin met ‘n publikasie getiteld : “Onweerswolke dreig vir tuisonderwys”. Hierdie artikel beskryf die ontwikkeling van toenemende samewerking tussen drie partye wat op die lange duur tuisonderwys drasties sal inperk. Die drie partye  is die staat, onderwysvakbonde en institusionele beleggers. Heelwat het hierdie jaar gebeur wat bevestig dat die bekommernisse van die Pestalozzi Trust geldig is, insluitende die beoogde drakoniese regulasies oor tuisonderwys van die Departement van Basiese Onderwys (DBO) wat uitgelek het.

Staatskole is onder totale beheer van die staat en dit is in 2014 nog versterk deurdat ook die keuse van handboeke weggeneem is van skole. Die regulering van privaatskole is besig om eksponensieel toe te neem sodat hierdie onderwysvorm binnekort slegs toeganklik sal wees vir ryk mense. Slegs tuisonderwys bly oor as ‘n bekostigbare vorm van onderwys wat ouers kan kies om aan hulle kinders kwaliteit onderwys te gee, in lyn met hulle waardes en wat aangepas kan word volgens die behoeftes van elke individuele kind. As die DBO toegelaat gaan word om hulle beoogde regulasies in te stel sal hierdie vorm van onderwys ook getransformeer word in ’n duur, onbuigbare vorm van staatsonderwys tuis.

Gelukkig is die tuisonderwysverenigings in Suid-Afrika uitgenooi deur die DBO om deel te neem aan die hersiening en finalisering van die beoogde beleid en regulasies oor tuisonderwys. Hierdie vergaderings gaan plaasvind op 9 en 10 Oktober 2014 en 29 en 30 Januarie 2015 in Pretoria. Tuisonderwysverenigings vanoor die hele land beplan om verteenwoordigers na hierdie vergaderings te stuur en alles in hulle vermoë te doen om die vryheid van ouers om die soort onderwys vir hulle kinders te kies te behou. Die verenigings werk ook almal saam in die Suid-Afrikaanse Koalisie vir Tuisonderwys.

Die verteenwoordigers wat die vergaderings gaan bywoon is vrywilligers wat hulle persoonlike tyd opoffer ter wille van hierdie saak. Die verenigings is bereid om te betaal vir die reis –en- verblyfkostes, maar hulle het beperkte middele daartoe. Baie verenigings hef nie lidmaatskapsfooie nie, en die wat dit wel doen het nie begroot vir hierdie uitgawes nie. Die verenigings het die finansiële ondersteuning van tuisskoolouers nodig.

Om dit moontlik te maak vir ouers om die saak te ondersteun het Cape Home Educators ’n spesiale bankrekening oopgemaak waarin donasies betaal kan word. Die besonderhede van die bankrekening is:

Naam : Cape Home Educators

Bank : ABSA

Tak632005

Rek nommer92 9892 3964

Ouers word opgeroep om donasies in hierdie rekening te maak om die tuisonderwysverenigings in staat te stel om die belange van die tuisonderwysgemeenskap te verteenwoordig. Verslae van die vergaderings sal gepubliseer word op die www.tuisskolers.org en www.liberty-in-learning.co.za webwerwe. Aan borge wat donasies van R1000 of meer gemaak het, sal erkenning gegee word in hierdie verslae. Oortollige fondse sal in n spaarrekening gehou word en in die toekoms aangewend word vir inisiatiewe om die vryheid van tuisonderwys te bevorder.

b2ap3_thumbnail_dbe.jpg

Staat neem volle beheer oor onderwys
Support Homeschool Associations to meet with Gover...

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Saturday, 23 September 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

The information provided by the media and government officials on the

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Curriculums

Physical Development Life Skills ...

- CARPE DIEM -Seize the DayUse the OpportunityHelp children … so ...

Books on Home Education

Educate yourself on homeschooling by buying a book from a selection ...

School Accounting Made Easy

SCHOOL ACCOUNTING MADE EASY Internet lessons in Afrikaans and ...

Cambrium

  Cambrium is a globally recognised online education platform that ...

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5384 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4330 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4855 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top