In ʼn tyd waar jeugwerkloosheid in Suid Afrika ʼn verstommende 55% bereik het en dit selfs internasionaal ʼn krisis met ʼn geraamde 30% is, is die strewe om ons kinders by te staan sodat hul vir die arbeidsmark gereed is, sekerlik die grootste enkele uitdaging waarmee ons as ouers ooit mee te doen sal hê.

As mens hier byvoeg dat ʼn enkele jaar wat ʼn kind die ‘verkeerde’ kursus op universiteit of kollege spandeer die ouer enigiets tussen R100 000 en R130 000 uit die sak jaag,  is die kwessie van behoorlike beroepsbeplanning op skoolvlak lankal nie meer ʼn luukse nie, maar ʼn noodsaaklikheid.

Al hoe meer ouers besef dat ʼn eenmalige reeks toetse en ʼn terugvoerverslag dikwels nie genoeg is om ʼn tiener op ʼn suksesvolle loopbaanpad te plaas nie.

Maande gelede is Tuisskolers.Org kontak bekendgestel aan  ʼn meer volledige proses wat so ontwerp  is dat ʼn kind met die leiding van ʼn mentor (soos byvoorbeeld ʼn ouer of onderwyser)  ʼn maandelange proses volg wat die kind gereed maak vir die arbeidsmark en/of verdere studies. Die hele proses maak gebruik van internet gebaseerde sagteware en vereis betrokkenheid van beide die kind en die mentor.

Die koste van ʼn soortgelyke program vir 'n leerder by 'n eksterne fasiliteerder is sowat R8500. Gegee die kostes van studies is so ʼn belegging nie onbillik nie.

Tuiskkolers.Org het egter met Career Manager onderhandel en hul is bereid om 100 pakkette teen R1000 per pakket aan ons beskikbaar te stel teen die volgende voorwaardes:

Indien u belangstel om aan hierdie projek deel te neem - Betalings word sekuur gedoen deur Payfast. Tuisskolers.Org is ʼn geverifieerde handelaar by Payfast.