fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
4 minutes reading time (804 words)

Kurrikulum verskaffers: Hoe moet ouers hulle hanteer?

Op tuisonderrig poslyste lees mens dikwels van tuisskoolouers wat moedeloos is met kurrikulumverskaffers vir ’n verskeidenheid redes. Die materiaal daag laat op. Die inhoud van die kurrikulum druis in teen die ouers se waardes. Ouers kan nie deurkom op die telefoonlyne nie. Vakouteurs is nog nie aangestel nie, of het nog nie hulle materiaal gekry nie. Dis nie moontlik om te registreer op die eksamenraad se webwerf nie.

Aan die een kant het mens baie begrip vir die kurrikulumverskaffers. Die tuisonderrigmark is besig om vinnig te groei, en die klein besighede wat aan hierdie mark probeer voorsien het nie die nodige kapitaal om die groei te kan finansier nie. Verder vereis skole dat ouers al so vroeg as Maart moet registreer om hulle kinders die volgende jaar na die skool toe te stuur, terwyl baie ouers skielik in Januarie besluit om tuisonderrig te gee. Met die gevolg dat die telefoonlyne van kurrikulumverskaffers oorlaai is vir Januarie en Februarie.

Om te verhoed dat ouers moedeloos word met kurrikulumverskaffers, verskaf ek graag die volgende advies:

  1. Bestel die kurrikulummateriaal betyds. Verkieslik Oktober of November die vorige jaar, voor u die materiaal nodig het. Net soos skole, het kurrikulumverskaffers ook tyd nodig om al die materiaal in orde te kry voor die skooljaar begin.
  2. Indien u die materiaal betyds bestel het, maar die verskaffer lewer die materiaal laat af, dan het u reg om aan te dring op grasie om werkstukke dien ooreenkomstig laat in te dien, sonder om daarvoor gepenaliseer te word. Hou rekord van wanneer u veronderstel was om die materiaal te ontvang, en wanneer dit  ontvang is, en gebruik dit om grasie te onderhandel.
  3. Volgens die grondwet is kinders geregtig op ouerlike sorg. Dit beteken dat u as ouer verantwoordelik is daarvoor om u kinders te beskerm teen enige invloede wat u meen nadelig is vir u kind. Indien u meen dat daar enigiets in die kurrikulum is wat  nadelig is vir u kind, dan is u geregtig daarop om aan te dring dat u kind nie daardie deel van die kurrikulum behandel nie, nie die eksamenvrae oor daardie dele  beantwoord nie, en ook nie werkstukke oor daardie dele te doen nie. En u kind mag nie daarvoor gepenaliseer word nie. Wanneer u dit doen, is dit egter belangrik dat u die kurrikulumverskaffer in kennis stel daarvan dat u dit doen.
  4. As u byvoorbeeld moet inteken op die kurrikulumverskaffer of die eksamenraad se stelsel om iets te doen, maar u kry dit nie reg nie, hoef u nie aan te hou om te probeer tot u moedeloos is nie. Probeer een of twee keer. Indien u nie suksesvol is nie, probeer hulle bel op die nommer wat gepubliseer is. Indien u nie na een of twee keer deurkom nie, stuur ’n epos waarin u hulle in kennis stel dat u redelik pogings aangewend het om aan hulle versoek te voldoen, maar dit nie kon doen nie, en dat hulle u in kennis moet stel wat die volgende stap is.

Alhoewel mens baie begrip het vir die probleme wat kurrikulumverskaffers ervaar, moet ouers egter verhoed dat hulle verantwoordelikheid neem vir die kurrikulumverskaffers se probleme. Ouers moet nie ander se probleme hulle s’n maak nie, maar eerder fokus op hulle eie kinders.

Ouers moet ook nie ontsteld raak oor die probleme wat hulle ervaar nie, want elke probleem wat hulle ervaar is ’n geleentheid om vir iets te onderhandel wat die kurrikulumverskaffer moet doen om die ouers te vergoed vir hulle ongerief. Ouers moet nie fokus op die probleem nie, maar op die toegewing wat hulle wil hê. Bv., indien die kurrikulumverskaffer ouers se tyd mors deur laat af te lewer, dan moet hulle die ouers vergoed deur uitstel te verleen op afsluitdatums. Ouers wat meer wil leer oor hoe om die onderhandeling te hanteer kan gerus die boek “Everything is Negotiable” deur Gavin Kennedy lees.

Een van die belangrikste take van tuisskoolvaders is dat hulle ’n veilige omgewing moet skep waarin die moeder kan funksioneer. Wanneer probleme met ’n kurrikulumverskaffer ’n spanningsvolle omgewing skep, kan dit die tuisonderrig negatief beïnvloed. Dan moet moeders die probleme oorgee aan die vaders om die probleme met die kurrikulumverskaffer aan te spreek. Vaders is dikwels meer geskik hiervoor, aangesien hulle heelwat minder geduld het met die verskaffer se verskonings.

Uit die praktyk het ek ook geleer dat 'n 3-party konferensie op 'n telefoonstelsel wondere kan verrig. Ek het eenkeer gesukkel met 'n vakouteur wat nog nie die materiaal ontvang het nie. Ek stel toe 'n 3-partykonferensie op met die vakouteur, die algemene bestuurder van die kurrikulumverskaffer en myself, en binne 5 min is die probleem opgelos.

‘n Belangrike hulpmiddel wat ouers kan gebruik in onderhandelings met verskaffers is die Verbruikerswet. Vir ’n maklik leesbare gids oor hierdie wet kan ek die boek “Ken jou verbruikersregte” deur Adv. NJ Melville aanbeveel.

Tuisskool kurrikulums

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Western Cape discriminates against homelearners
Weskaapse onderwysdepartement intimideer tuisskool...

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 28 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources