fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
3 minutes reading time (639 words)

Kan kinders ‘n Suid-Afrikaanse matriek deur tuisonderwys verwerf?

Volgens berigte in die pers het baie tuisleerders probleme ervaar met die NSS (Nasionale Senior Sertifikaat) of Graad 12 eksamen van 2012. “Van die leerlinge se ouers is baie bekommerd dat die gesloer ’n negatiewe uitwerking op hul kinders se studie- en werkmoontlikhede kan hê.”. Dit laat tuisskoolouers wonder of hulle eerder hulle kinders na ’n skool toe moet stuur vir Gr.10 – 12, of dat hulle dalk ’n alternatiewe matriek moet oorweeg.

Die www.tuisskolers.org webwerf probeer ouers op hoogte hou van alle moontlike maniere waarop tuisleerders ’n matriek of ekwivalent kan verwerf, en het die NSS eksamen van 2012 daarom met groot belangstelling gevolg.

'n Belangrike rede vir die probleme is die komplekse administrasie van die NSS. Eerstens moet leerders enorme hoeveelhede toetse en praktiese werk en portefeuljes en eksamens doen en tuisleerders moet dit teen voorgeskrewe datums by die kurrikulumverskaffers ingee . Tweedens word eksamens by verskillende plekke geskryf. Sommige eksamens is intern, sommiges by SAKAI sentrums en ander by staatskole. Derdens moet al die punte uiteindelik by een plek bymekaarkom waar ’n finale punt met komplekse formules bereken word. Die rolspelers betrokke by die komplekse proses is die kurrikulumverskaffers en SAKAI en Umalusi en die nasionale DvO (Departement van Onderwys) en die provinsiale DvO's. Sulke komplekse prosesse met so baie rolspelers is ondeursigtig vir ouers.

Om ’n NSS te verwerf is ook baie duur. In die verlede was die kostes verbonde aan die verwerwing van matriek deur ’n tuisleerder ongeveer R1000. Die kostes vir die vewerwing van die nuwe NSS is egter in die orde van R30 000 oor ’n periode van drie jaar. ’n Verhoging van byna 3000%.

Om die probleme beter te verstaan het die Vereniging vir Tuisonderwys 'n meningspeiling oor NSS 2012 opgestel, dit op sy webwerf geplaas en tuisskoolouers met matrikulante uitgenooi om deel te neem. Deelname was heeltemal vrywillig, en ervaring leer dat min mense deelneem aan sulke meningspeilings. Ouers is slegs deur middel van enkele publieke poslyste uitgenooi en daar is rede om te glo dat daar min ouers met matrikulante op hierdie poslyste is. Desnieteenstaande hiervan het 22 ouers die meningspeiling voltooi.

Die mees beduidende uitslae van die meningspeiling is soos volg:

VRAAG : “Toe u navraag gedoen het waarom die uitslae van die matriekeksamen nie beskikbaar was nie, is u van die een party na die ander party verwys sonder dat iemand verantwoordelikheid geneem het vir die probleem? (bv. kurrikulumverskaffer, SAKAI, Umalusi, Dept. van Onderwys, skool, ...)” - 56% het Ja geantwoord

VRAAG : “Indien u geweet dat die proses so kompleks is, sou u ingeskryf vir die NSS?” - 100% het geantwoord dat hulle ’n alternatiewe matriek soos Cambridge of GED sterk sou oorweeg het.

VRAAG : “Die komplekse proses rondom die administrasie van die NSS is ooreengekom tussen kurrikulumverskaffers, SAKAI, Umalusi en die onderwysdepartement. Dit is egter ouers en leerders wat die gevolge moet dra as die proses nie werk nie. Is u van mening dat ’n organisasie wat die belange van ouers en leerders verteenwoordig betrokke moet wees by die aangaan van ooreenkomste rondom die administrasie van die matriekeksamen?” -  90% het Ja geantwoord.

VRAAG : “Toe u ingeskryf het vir die NSS, moes u waarskynlik die volledige eksamenfooi vooruit betaal het. Meen u dat dit billik is?” - 81% het Nee geantwoord.

VRAAG : “Het u enige probleme ervaar met deurlopende assesering deur die kurrikulumverskaffer of leersentrum (portefeuljes, toetse en die Junie eksamen)?” - 75% het Ja geantwoord.

Die wyse waarop die administrasie van die NSS vir tuisleerders tans bedryf word is kompleks, ondeursigtig en duur. Hierdie optrede kom neer op diskriminasie teen leerders wat hulle fundamentele reg op tuisonderwys uitoefen. Miskien sal dit op ’n stadium aanleiding gee tot ’n hofsaak teen die rolspelers in die NSS, maar intussen begin ouers toenemend gebruik maak van alternatiewe vir die NSS.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

SA se geweldskultuur - Hoe tuisskoolouers 'n versk...
Hoeveel tuisskolers is daar in Suid-Afrika?

Related Posts

 

Comments 1

Bouwe van der Eems (website) on Friday, 08 March 2013 15:53

In 'n artikel wat Leendert van Oostrum geplaas het op die "Tuisonderwys" poslys, skryf hy die volgende : "Tweedens is dit opmerklik dat die werke wat vir Engels Eerstetaal voorgeskryf word, veel minder kontroversieel of riskant is as wat feitlik deurgaans vir Afrikaans Eerstetaal voorgeskryf word. Dit is een van die redes waarom Afrikaanse ouers toenemend hul kinders na Engelse skole stuur en/of die NSS in Engels laat aflê, en hulle trouens toenemend tot buitelandse ekwivalentsertifikate te wend, soos die Britse Cambridge of die Amerikaanse GED+SAT.

Onder tuisskolers is die verskuiwing van Afrikaanse kinders na hierdie buitelandse kwalifikasies en weens hierdie redes besig om vinnig momentum te ontwikkel. Ek weet dat die meer prominente kurrikulumverskaffers dit reeds in hul syfers kan optel, en ek vermoed dit kan die hele matriekindustrie vir tuisonderwys in Afrikaans binne die volgende twee jaar ernstig seermaak.
"

In 'n artikel wat Leendert van Oostrum geplaas het op die "Tuisonderwys" poslys, skryf hy die volgende : "[i]Tweedens is dit opmerklik dat die werke wat vir Engels Eerstetaal voorgeskryf word, veel minder kontroversieel of riskant is as wat feitlik deurgaans vir Afrikaans Eerstetaal voorgeskryf word. Dit is een van die redes waarom Afrikaanse ouers toenemend hul kinders na Engelse skole stuur en/of die NSS in Engels laat aflê, en hulle trouens toenemend tot buitelandse ekwivalentsertifikate te wend, soos die Britse Cambridge of die Amerikaanse GED+SAT. Onder tuisskolers is die verskuiwing van Afrikaanse kinders na hierdie buitelandse kwalifikasies en weens hierdie redes besig om vinnig momentum te ontwikkel. Ek weet dat die meer prominente kurrikulumverskaffers dit reeds in hul syfers kan optel, en ek vermoed dit kan die hele matriekindustrie vir tuisonderwys in Afrikaans binne die volgende twee jaar ernstig seermaak.[/i]"
Already Registered? Login Here
Guest
Friday, 29 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources