Die hoofsaak oor die afdwingbaarheid van die Nasionale Kurrikulum het goeie media dekking gekry.

Pretoria News het 'n artikel geplaas met die opskrif "School, minister locked in policy law". Die artikel gee 'n deeglike uiteensetting van die argument dat die kurrikulum beleid is, en nie wet nie, en daarom nie afdwingbaar is nie. Die argumente van die ander kant, wat oorwegend pragmaties van aard was, is ook uiteengesit

Alet Rademeyer van Beeld het 'n artikel gepubliseer met die titel "Kurrikulumbevel sal skoliere, minister benadeel".

Die artikel som die arguiment van die minister soos volg of : "As 'n hofbevel toegestaan word dat die nasionale kurrikulum en die nasionale  beleid oor godsdiens en onderwys nie op die Beweging vir Christelike Onderwys (BCVO) en ander applikante bindend is nie, sal dit die minister van basiese onderwys en miljoene leerlinge benadeel."

 Die artikel som die argumente van die BCVO soos volg op : "Adv. S.J. van Niekerk, namens die applikante, het klem gelê op die feit dat die kurrikulumstellings wat die minister se voor gangers ingevolge die  Onderwysbeleidswet as beleid verklaar het, nie vir die applikante bindend is nie omdat dit nie wetgewing, regulasies of reëls is nie."

Die regter Regter Cynthia Pretorius het uitspraak voorbehou.