fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
12 minutes reading time (2316 words)

Eksamenraad vir tuisskolers - Leendert van Oostrum

Tuisskolers het die afgelope jaar probleme met die matriekuitslae ervaar, maar nie net van die ERCO –eksamenraad wat in 2011 die eksamens vir Impak, Delta, Breinlyn, ACE, BCVO en ’n paar ander instansies afgeneem het nie.

Dit betrek weliswaar amper tweeduisend kandidate uit ’n wye verskeidenheid privaatskole en tuisonderwys. Maar daar is veel meer geaffekteerde kandidate uit die staatstelsel – dit is geen verskoning vir swak werk en diens nie, maar dit beteken wel dat mens nie moet dink dat daar geen probleme uit daardie stelsel is nie.

Eerstens, enkele opmerkings oor persepsies wat dikwels bestaan

  1. Dit is nie waar dat die matriek wat hierdie kandidate geskryf het “nie ’n matriek is nie”. Die eksamen en die sertifikaat wat aan suksesvolle kandidate uitgereik word, is inderdaad ’n behoorlik geakkrediteerde Nasionale Senior Sertifikaat. Suksesvolle kandidate kry presies dieselfde Umalusi-sertifikaat as die een wat aan kandidate uit staatskole uitgereik word. Dit is, trouens, onmoontlik om van die sertifikaat af te lei of die kwalifikasie via ’n staatskool, privaatskool of tuisonderwys verwerf is.
  2. Dit is hoeganaamd nie net die “tuisskolers” wat geraak word nie. Meer as die helfte van ERCO se kandidate vir 2011 kom uit geregistreerde en ongeregistreerde privaatskole.
  3. Die probleem is ook gladnie beperk tot kandidate van ERCO-eksamenraad (Breinlyn/Impak/tuisskolers, ens.) nie. Dieselfde en soortgelyke probleme word ervaar deur kandidate in staatskole en –kolleges. Trouens, ’n baie groter getal kandidate uit die staatstelsel word geraak as die getal uit die privaatstelsel. Die verskil is dat die mense in die privaatstelsel baie meer “mondig” (= “bekkig”) is as die meeste mense in die staatstelsel. Hulle kla baie gouer, harder en verder. Dit wek die indruk dat die probleme beperk is tot die bepaalde groep.
  4. Die Pestalozi Trust ontvang BAIE van hierdie klagtes en volg dit op. Daaruit weet ek ook dat vele kandidate (of hul ouers) gewoon versuim of weier om die voorgeskrewe prosedures te volg om verdagte uitslae te laat hersien/hermerk/hereksamineer. Vele van die ouers volg nie die prosedures wat by regulasie voorgeskryf is en wat EERS gevolg moet word voordat mens ander remedies volg nie. Hulle wil, inplaas daarvan, skielik almal hof toe sleep, “die media” betrek, ensovoorts. Dit het my verskeie weke se werk gekos om sommige van hierdie mense te oortuig dat GEEN hof vir hulle gaan luister as hulle nie eers die voorgeskrewe prosedures volg nie. Die sake sal gewoon uitgegooi word, as die selfs kan vorder tot voor ’n hof en wel op grond daarvan dat die kandidate nie die voorgeskrewe remedies uitgeput het voordat hulle die hof genader het nie. Ek kan jou verseker dat sulke ouers erg onredelik kan raak. Ek het al die foon neergesit wanneer sulke mense die Pestalozzi Trust as slaansak wil gebruik, kompleet met stringe vloekwoorde, in plaas daarvan om die voorgeskrewe prosedures te volg.
  5. Baie van die probleme ontstaan NIE by die eksamenraad nie, maar by Umalusi self – die akkrediterende staatsorgaan wat die eksamenrade akkrediteer, modereer en die finale gehaltebeheerorganisasie is. Dit is ook hulle wat die sertifikate uitreik (of, in baie gevalle NIE uitreik nie). Alet Rademeyer het onlangs ’n artikel in Beeld geskryf waarin sy rapporteer dat baie kandidate in staatskole reeds sedert 2008 steeds wag vir die uitreiking van hul matrieksertifikaat deur Umalusi.

Tweedens, die oorsake van die probleme

  1. Algemeen – ons leef in ’n revolusionêre samelewing, waar die onderwysowerheid self ’n geweldige vlak van onstabiliteit in die stelsel veroorsaak deur gedurige verandering aan inhoud, belei en prosedures. Hierdie aspek is geen geheim nie. Omtrent elke koerant, van Business Day en Mail & Guardian tot “Die Afrikaner” skryf ten minste maandeliks artikels hieroor en wys op die probleme wat dit veroorsaak. Wat dit beteken is dat verskaffers van onderwys, almal van die Gautengse Onderwysdepartement to Breinlyn, gedwing word om gedurig ingrypende verandering in hul stelsels, leermateriale, assesseringsmetodes, ens. moet aanbring.  Dit veroorsaak dat die stelsels nooit stabiliseer en kans kry om die “tandekryprobleme” van die vorige veranderings uit te stryk voordat die volgende omwenteling, met sy eie tandekryprobleme ophande is nie.
  2. ERCO (die Eksamenraad vir Christelike Onderwys) was tot in 2011 een van net twee private eksamenrade. Die ander een is “IEB” (die Onafhanklike Eksamenraad). IEB is die eksamenraad wat deur al die ou elite-privaatskole  gebrui word. Hulle eksamen is ook die een wat verreweg die minste probleme vir die kandidate veroorsaak – veel minder as ERCO of enige van die nege staatseksamenrade. Die probleem met IEB vir tuisonderwys is egter dieselfde as die probleem wat tuisleerders met die staatseksamenrade ervaar – hulle kan SLEGS kandidate hanteer wat skole voltyds bywoon, of wat “lyk” asof hulle skole voltyds bywoon. Onder andere beteken dit dat kandidate verskeie kere per jaar, vir Grade 10, 11 en 12 na EEN landwye sentrum moet reis om praktiese projekte en eksamens af te lê. Dit  veroorsaak ongelooflike kostes vir reis en verblyf en vir die meeste kandidate maak dit die tuisonderwys vyf tot tien maal duurder as deur ERCO (enigiets tot R50 000 per jaar). Dit maak dit ook effektief onmoontlik vir buitelandse tuisskolers om die Suid-Afrikaanse matriek te verwerf (weet nie hoekom hulle die huidige SA matriek wil hê nie, maar daar is baie van hulle regoor die wêreld en dis nie my plek om hul keuses te bevraagteken nie – my werk is om hul reg te beskerm en te bevorder om daardie keuses te maak en uit te oefen). ERCO was tot dusvêr die enigste eksamenraad wat toegelaat het dat praktiese en eksamensentrums gedesentraliseer kan word en landwyd EN in die buiteland gevestig kan word.
  3. ERCO het die afgelope jare, benewens die onstabiliteit wat deur die owerheidstelsel veroorsaak word, ook intern ’n geweldige hoë vlak van onstabiliteit ervaar. In ongeveer vier jaar is die basiese rekenaarstelsel (die “hart” van enige eksamenraad) drie maal van vooraf herontwikkel. Verder het die hele senior bestuur van ERCO drie maal oor dieselfde tydperk bedank – skynbaar weens swak behandeling deur die direksie. Einde Desember 2011 het die VIERDE senior bestuur ook weer bedank, in die middel van die verwerking van die eksamenresultate. Hierdie onstabiliteit veroorsaak gewoon dat ERCO al minder in staat is om sy eksamens behoorlik te administreer – hy word al meer soos ’n staatseksamenraad waar dit gebrek aan doeltreffendheid aangaan. Let wel – hierdie is interne bestuursprobleme soortgelyk aan die soort wat mens in die staatsdepartemente kry en skynbaar om soortgelyke redes.
  4. Die Pestalozzi Trust het reeds in Maart 2011 ’n noodvergadering met Umalusi aangevra om hierdie probleme met ERCO te bespreek. Die vergadering het in April plaasgevind. Die Trust is na die vergadering vergesel deur afgevaardigdes van Impak, Delta, Breinlyn en die laaste groep senior bestuurspersoneel wat by ERCO bedank het en ons het versoek dat daar dringend gekyk moet word na die moontlikheid om ’n nuwe eksamenraad te stig wat spesifiek op die behoeftes van tuis- en afstandleerders ingestel is. Umalusi het saamgestem dat die probleem wesenlik is maar was van oordeel dat dit nie moontlik was om ’n nuwe eksamenraad vir die 2011-eksamen in plek te hê nie. Verskaffers was dus gedwing om op kort kennisgewing te verander na ’n staatseksamenraad of IEB, wat geweldige omwentelinge vir kandidate in die middel van hul matriekjaar sou meebring – nie net sou hulle skielik hul praktiese projekte en eksamens, swel as die eindeksamen, by een sentrale punt (in die meeste gevalle Pretoria) moes doen nie. Hulle sou ook heeltemal ander voorgeskrewe werke in die taalvakke moes bemeester voor die eindeksamen.
  5. Die enigste ander alternatief was om die 2011-eksamen met ERCO deur te stoei, welwetende dat daar ’n goeie kans op probleme was. Verskaffers is egter duer Umalusi verseker dat hulle die ERCO-eksamen noulettend sou monitor en betyds sou optree om enige ernstige probleme te voorkom of op te los.
  6. Ongelukkig het Umalusi se belofte van noulettende toesig en voorkomende optrede net dit gebly – beloftes. Die gevolg was dat al die probleme wat kandidate in vorige jare toenemend met ERCO ervaar het weereens ingetree het, maar meer wydverspreid en meer intensief.
  7. Alle verskaffers het hul uiterste bes gedoen om hul kandidate teen die probleme te beskerm. Daar is egter vele aspekte waaroor die verskaffers hoegenaamd geen invloed het nie. Dit is vererger deur skynbare gebrek aan samewerking uit die geledere van ERCO.
  8. Baie van die kandidate in die 2011 eksamen, insluitende feitlik alle kandidate van Delta en Impak, is ook ingeskrewe lede van die Pestalozzi Trust. Die Trust het dus nie net vroeg in 2011 met Umalusi vergader nie, maar het by verskeie geleenthede gedurende die jaar met Umalusi gekommunikeer (en koppe gestamp) oor die toesig en gehaltebeheer van die eksamen. Sedert die uitslae begin uitkom het, is die Trust DAAGLIKS daarby betrokke om probleme met die uitslae te help oplos. Onder andere het ons ’n Advokaat van die Hooggeregshof wat teen baie honderde Rande per uur baie ure per week fisies in ERCO se kantore deurbring om hulle sover te kry om die nodige resultate uit te bring. Ons moes ook reeds verskeie kere dreig met hofaksie om ERCO aan die beweeg te kry met dringende probleme.

Derdens: Wat nou?

  1. Ons het ’n nuwe eksamenraad! Umalusi het magtiging uitgereik vir ’n uwe eksamenraad, wat spesialiseer in die assessering van tuisleerders en afstandskandidate reeds in 2012 die eksamen kan afneem. Die instelling staan bekend as SACHAI (SA Christelike Assesserings Instelling). Hulle mag in 2012 reeds die eksamen adiminstreer, maar hulle moet (behalwe voorgeskrewe werke in die taalvakke, waar hulle vraestelle mag opstel) die vraestelle van die staatskole gebruik en deur die staat se onderwysdepartement gemodereer word. Indien hierdie proeflopie glad verloop sal hulle toegelaat word om in 2013 hul eie vraestelle op te stel en hul eie moderering te doen. In hiedie stadium weet ons nie hoeveel van die verskaffers (= Impak, ACE ens.) vanjaar hierdie diens sal gebruik nie, maar ons verwag dat dit baie van hulle kan wees. Dit lyk dus asof baie van die belangrikste probleme wat tuis- en afstandleerders ervaar in die toekoms aangespreek sal kan word.
  2. Die kritiese probleem is egter om die resultate van die eksamens wat REEDS by ERCO afgelê is te finaliseer, ongeag of die probleem by ERCO of by Umalusi lê. Dit sluit nie net die eksamen van 2011 in nie, maar van verskeie vorige jare ook. Soos gesê, bly die Pestalozzi Trust daagliks (insluitende na-ure) besig met hierdie probleme. Enige kandidaat wat tydens die eksamen in ingeskrewe lid van die Pestalozzi Trust se regsfonds was (hetsy as onafhanklike lid of ingeskryf deur sy kurrikulumverskaffer) en wat nog nie die probleme met die uitslae uitgestryk het nie, kan die Trust nader by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die Trust sal, IN SAMEWERKING MET die lid die probleme ondersoek en oplossings aan die hand doen. Let op die klem op SAMEWERKING. Die meeste van hierdie probleme kan nie opgelos word sonder dat die kandidaat sy of haar kant bring soos vereis deur die regulasies nie. Die Trust kan dus nie gebruik word as ’n alternatiewe manier om uitslae te verkry nie. Ons kan die kandidaat slegs help om die eksamenraad en/of Umalusi te dwing om hul werk te doen soos bepaal deur die regulasies. Die Trust kan NIE ’n kandidaat dwing om aan die regulasies te voldoen nie – ons kan eenvoudig nie ’n kandidaat help wat nie daaraan wil voldoen enigsins help nie.
  3. In baie van die gevalle is punte uitstaande en kan die kandidaat nie al die nodige vakke slaag nie, omdat die kandidate versuim het om die nodige praktiese resultate in te dien.  Baie kandidate beweer dat hulle dit wel ingedien het, maar kan geen bewys lewer dat hulle dit gedoen het nie. Die Trust kan nie vir so ’n kandidaat bewyse genereer nie en kan ook nie die kandidaat se regte afdwing as daar geen sodanige bewys is nie.
  4. ALLE kandidate wat nie praktiese punte vir die 2011 eksamen ingedien het nie kan dit steeds doen tot einde Maart 2012 en kan daardeur die nodige praktiewe punt verwerf waarmee hulle dan ’n eindresultaat kan kry, mits hulle ’n verklaring aanheg wat toon dat hulle ’n geldige of billike rede gehad het vir hul versuim om die punte betyds in te dien. Kandidate wat tydens die matriekjaar lede van die Pestalozzi Trust se regsfonds was kan die Trust nader om hulle te help om hierdie prosedure deur te voer en desnoods deur die hof te laat afdwing. Die Trust kan egter nie kandidate help wat nie lede was nie, selfs al word die kandidaat baie duidelik op onregmatige wyse benadeel. Sulke kandidate kan wel die Trust se kundige regspersoneel nader om hulle op die kandidaat se eie koste by te staan en met die voorbehoud dat die probleme van Trustlede die prioriteit geniet waar dit die aandag en werksaamhede van die regslui aangaan. (’n Dringende hofbevel van hierdie aard in die hooggeregshof kan die kandidaat enigiets vanaf omtrent R30 000 to R50 000 uit die sak jaag.)

Dit is dus nie net tuisleerders is wat hierdie probleme ervaar nie. Tuisleerders (en leerders by sommige “sentrums” en privaatskole) is wel die enigste groep kandidate wat die hulp van ’n regsfonds en regslui in plek het om die probleme te help uitsorteer.

Verduidelik dus ook aan die kandidate wat so kla dat hulle eerstens moet seker maak dat hulle self aan al die voorgeskrewe voorwaardes voldoen het en dat kandidate wat lede van die Trust se regsfonds was/is die Trust so gou moontlik moet nader om die probleme te probeer uitskakel terwyl die geleentheid nog daar is.

Leendert van Oostrum (Pestalozzi Trust)

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Is tuisonderwys wettig?
Homeschooling suppliers care

Related Posts

 

Comments 2

Bouwe van der Eems (website) on Thursday, 22 March 2012 07:50

Dit lyk of tydberekening van die stigting van SACHAI baie goed gekies is, aangesien Beeld gerapporteer het dat ERCO sy akkreditasie by Umalusi verloor het.

Dit lyk of tydberekening van die stigting van SACHAI baie goed gekies is, aangesien Beeld gerapporteer het dat ERCO sy akkreditasie by Umalusi verloor het.
Bouwe van der Eems on Tuesday, 27 March 2012 19:10

Brief aan Beeld deur Leendert van Oostrum
--------------------------------------------------------------
Die Brieweredakteur: Beeld

Geagte Meneer of Mevrou,

Ek verwys na Alet Rademeyer se berig “Eindeksamen: Raad hof toe” oor die gemors waarin Umalusi die onafhanklike onderwys dompel met sy hovaardige, burokratiese optrede.

Die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys, ten spyte van bitter moeilike ervaringe met die wyse waarop ERCO die eksamen aangebied het, ondersteun dan ook ERCO se grondwetlike reg om sy eie eksamen aan te bied ten sterkste. Ons wens ERCO alle sukses toe in sy beoogde hofaansoek.

Ek is egter baie teleurgesteld in Beeld se berig oor die gebeure. Lesers is reeds gewoond daaraan dat die nagaan van feite skynbaar lankal verdwyn het uit die redaksionele praktyk van Beeld. Rademeyer was tot dusver een van die min uitsonderings, maar dit lyk asof ook sy nou aangesteek is deur hierdie ineenstorting van joernalistieke professionaliteit.

Ek was Saterdag teenwoordig op die vergadering waaroor sy berig. Ek het ook die vergadering toegespreek en vrae beantwoord. Ek verstrek dus graag die volgende inligting ter regstelling:

Daar was nie “tientalle” teenwoordiges nie. Ek en drie metgeselle het, in ’n auditorium vir 700 mense met moeite sitplek gekry – heel voor.

Daar was inderdaad, soos by elke kongres van enige aard, ’n klein getal (miskien ongeveer 5\%) ontevrede kongresgangers. Dat sommige ouers na die vergadering nie weet wat die portefueljevereistes “alles behels” nie, is heeltemal verstaanbaar. Dit is onrealisties om te verwag dat die vereistes vir ongeveer twintig matriekvakke binne die bestek van ongeveer vyf uur volledig behandel kan word.

Kongresgangers is egter, in my teenwoordigheid, voorsien van lywige uitdeelstukke en verwys na nog verdere inligting wat spesifiek op web- en ander internetbronne voorberei is. Myns insiens is die bronne ruim voldoende vir wie bereid is om hulle te raadpleeg.

Die uwe,
Leendert van Oostrum, M.Ed
Voorsitter: Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys

Brief aan Beeld deur Leendert van Oostrum -------------------------------------------------------------- Die Brieweredakteur: Beeld Geagte Meneer of Mevrou, Ek verwys na Alet Rademeyer se berig “Eindeksamen: Raad hof toe” oor die gemors waarin Umalusi die onafhanklike onderwys dompel met sy hovaardige, burokratiese optrede. Die Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys, ten spyte van bitter moeilike ervaringe met die wyse waarop ERCO die eksamen aangebied het, ondersteun dan ook ERCO se grondwetlike reg om sy eie eksamen aan te bied ten sterkste. Ons wens ERCO alle sukses toe in sy beoogde hofaansoek. Ek is egter baie teleurgesteld in Beeld se berig oor die gebeure. Lesers is reeds gewoond daaraan dat die nagaan van feite skynbaar lankal verdwyn het uit die redaksionele praktyk van Beeld. Rademeyer was tot dusver een van die min uitsonderings, maar dit lyk asof ook sy nou aangesteek is deur hierdie ineenstorting van joernalistieke professionaliteit. Ek was Saterdag teenwoordig op die vergadering waaroor sy berig. Ek het ook die vergadering toegespreek en vrae beantwoord. Ek verstrek dus graag die volgende inligting ter regstelling: Daar was nie “tientalle” teenwoordiges nie. Ek en drie metgeselle het, in ’n auditorium vir 700 mense met moeite sitplek gekry – heel voor. Daar was inderdaad, soos by elke kongres van enige aard, ’n klein getal (miskien ongeveer 5\%) ontevrede kongresgangers. Dat sommige ouers na die vergadering nie weet wat die portefueljevereistes “alles behels” nie, is heeltemal verstaanbaar. Dit is onrealisties om te verwag dat die vereistes vir ongeveer twintig matriekvakke binne die bestek van ongeveer vyf uur volledig behandel kan word. Kongresgangers is egter, in my teenwoordigheid, voorsien van lywige uitdeelstukke en verwys na nog verdere inligting wat spesifiek op web- en ander internetbronne voorberei is. Myns insiens is die bronne ruim voldoende vir wie bereid is om hulle te raadpleeg. Die uwe, Leendert van Oostrum, M.Ed Voorsitter: Pestalozzi Trust regsfonds vir tuisonderwys
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 28 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources