Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Die Khan faktor

Ouers wat tuisonderwys gee word dikwels gekonfronteer met die vraag hoe hulle in staat is om al die “moeilike” hoërskool vakke baas te raak en hulle kinders te help om dit te bemeester. Die argument dat dit onmoontlik is vir ouers om die hoërskool vakke aan te bied is soms ’n rede waarom tuisonderwys afgekeur of verbied word. In Swede is daar onlangs nuwe wetgewing ingevoer wat tuisonderwys verbied in daardie land. Die Sweedse minister van onderwys, Jan Bjorklund, regverdig dit op grond van die volgende argument : “I maintain there is not a chance that parents could be able to teach every core competencies in all 16 subjects that are taught in public school, and that the public school offers children.

Daar is egter verskeie oplossings waarmee ouers vir hulle kinders die “moeilike” hoërskoolvakke kan aanbied en een van die oplossings het die potensiaal om hele onderwyssektor te transformeer sodat onderwys oor twintig jaar heeltemal anders kan lyk as vandag. Hierdie oplossing kan beskryf word as die “Khan faktor” en dis hierdie oplossing wat die einde kan beteken van tradisionele onderwys met klokke, baksteengeboue, klaskamers en onderwysers. Lees meer.

Eerstens kan ouers die vak saam met die kinders bemeester. Hulle kan saam met die kinders leer en dit aan hulle kinders verduidelik. Op ‘n radioprogram het Leendert van Oostrum dit beskryf as ouers wat ’n tweede kans kry om die vak baas te raak. Die ouers hoef immers net een les voor die kinders te wees om die huidige les te verduidelik. ’n Klassieke voorbeeld van iemand wat hierdie benadering gevolg het, was die komponis Rimski Korsakov. Korsakov is aangestel as professor in musiek by die konservatorium van Sint Petersburg. Sy kennis van die vakke wat hy moes aanbied was egter elementêr en hy moes die vakke self baasraak, terwyl hy dit aangebied het op die konservatorium. Korsakov was nie skaam om te beweer dat hyself sy eie beste leerling aan die konservatorium was nie.

’n Tweede moontlikheid is dat ouers iemand anders inhuur om vakke wat hulle self nie verstaan nie aan die kinders te verduidelik. Net soos wat ouers van skoolgaande kinders mense kan inhuur vir bv. ekstra wiskunde klasse, kan ouers wat tuisonderwys gee dit ook doen.

Daar is egter ’n derde moontlikheid wat stadig besig is om die hele onderwys sektor te verander. Hierdie moontlikheid staan bekend as die Khan faktor. Salman Khan was ’n batebestuurder wat in 2004 wiskunde klasse vir sy niggie aangebied het oor die Internet. Toe meer familielede van hierdie dienste gebruik wou maak, het hy begin om video’s op Youtube te plaas. Hierdie video’s het ’n sensasie veroorsaak. In 2006 het Khan sy werk gelos en voltyds in die aanbieding van klasse ingegaan. Vandag bevat sy webwerf al meer as 2400 video’s. Verder kan die video’s gratis afgelaai word. Die Khan Academy geniet die ondersteuning van groot beleggers soos Bill Gates.

Hierdie soort fasiliteite laat ouers anders dink oor onderwys. Waarom moet hulle duur betaal vir ’n skool met middelmatige onderwysers, as hulle kinders na die beste onderwysers in die wêreld kan luister by die huis en dit nogal verniet?

Die Khan Academy stel ouers wat tuisonderwys gee in staat om aan hulle kinders iets beters te gee as wat skole kan droom om te gee. Kurrikulum verskaffers moet ook kennis neem van hierdie ontwikkeling. Ouers gaan nie bereid wees om te betaal vir video’s van onderwysers wat iets verduidelik, indien hulle dit verniet op die Internet kan kry nie.

As die Khan Academy aanhou groei soos hy tans doen, gaan tuisskool ouers later vir skoolouers vra waarom hulle nie eerder kies vir tuisonderwys, waar jy kan gebruik maak van die beste onderwysers om al die “moeilike” vakke te verduidelik nie.

Oral in die wêreld is die staat een van die grootste rolspelers in die onderwys en die Khan faktor is ’n bedreiging vir die tradisionele staatskole. Om die rede begin die staat ook betrokke raak by die aanbied van onderwys oor die Internet. In Suid-Afrika het die Departement van Wetenskap en Tegnologie ’n inisiatief geloods om ekstra wiskundelesse oor MXit te verskaf. In die VSA bied die stad Cincinnati  ’n kurrikulum aan oor die Internet.

Geen ouers, geen waardes
Homeschooling under threat in India

Related Posts

 

Comments 1

Bouwe van der Eems on Tuesday, 29 November 2011 05:02

Gaan kyk by http://bit.ly/vkLiAK vir 'n video waar Salman Khan praat oor hoe die gebruik van video die hele onderwys sektor kan verander.

Gaan kyk by http://bit.ly/vkLiAK vir 'n video waar Salman Khan praat oor hoe die gebruik van video die hele onderwys sektor kan verander.
Already Registered? Login Here
Guest
Saturday, 23 September 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

The information provided by the media and government officials on the

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Curriculums

Beit HaSefer

  Persoonlike Nommer-pas Tuisonderig deur Beit HaSefer (Geen ‘een ...

ABCmouse.com

  Early Learning Academy for children ages 2 - 8 Reading , Math , ...

Wolkskool

Presteer tot 15% beter in jou studies Die behoefte aan beter ...

impaq

We offer an integrated education solution that gives you full ...

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5384 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4330 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4855 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top