In 'n lesing waar Bill Gates teenwoordig is, verduidelik Salman Khan waarom videos beter as onderwysers is om inhoud te verduidelik. Salman verduidelik hoe skole baie meer effektief kan funksioneer as elke leerling teen sy eie tempo vorder deur sy klasse oor video te ontvang, en waar onderwysers slegs uithelp daar waar leerlinge vashaak. Dit kom neer op die toepassing van 'n tuisonderwysmodel op skole.

'n Artikel in 'n American Thinker ('n elektroniese akademiese tydskrif) verduidelik hoe e-boek lesers soos Kindle (en iPad) die onderwys kan verander. E-boek lesers gee leerlinge toegang tot meer as 800 000 gratis boeke. 'n Groter biblioteek as wat baie universiteite het. Hierdie tegnologie maak skole soos hulle tans funksioneer toenemend onnodig.