Onder die publiek heers die algemene mening dat 'n kwalifikasie by 'n universiteit 'n jongmens se kans om 'n goeie werk te kry dramaties verhoog. As gevolg van hierdie mening neem die aantal studente wat inskryf by Suid-Afrikaanse universiteite jaarliks toe. Baie ouers offer baie geld en tyd op om hulle kinders die geleentheid te gun om universiteit by te woon

Dis nie slegs in Suid-Afrika wat hierdie mening heers nie. Oral oor die wereld neem die aantal studente aan universiteite toe. Wanneer hierdie studente egter afstudeer, sukkel baie van hierdie studente om 'n goeie werk te kry.

In Spanje het daar 'n nuwe sosiale groep onstaan wat bekend staan as die "jovenes" (jongmense). Hierdie groep bestaan hoofsaaklik uit mans tussen die ouderdom van 25 en 25. Hierdie jongmense het afgestudeer, maar het nog nie hulle eerste werk gekry nie. Hulle woon by hulle ouers om geld te spaar. Soms doen hulle 'n deeltydse werk. Hulle ontvang 'n werkloosheidtoelaag van die staat.

Tans produseer universiteite in China 6 miljoen graduandi per jaar. Ondanks China se indrukwekkende groei, skep die ekonomie nie genoeg professionele posisies om werk aan al hierdie graduandi te verskaf nie. In China is daar 'n nou 'n ooraanbod van geskoolde werkers, terwyl ongeskoolde werkers hoog in aanvraag is. Terwyl die salarisse van ongeskoolde werkers van 2003 tot 2009 met 80% gestyg het, het die salarisse van geskoolde werkers dieselfde gebly, of selfs gedaal in reele terme.

Hierdie geskoolde werkers het ook 'n sosiale groep op hulle eie geword, en staan bekend as die Mier stam, omdat daar so baie van hulle is, omdat hulle dikwels konsentreer in hoe digtheid woonbuurte en tevrede is met werk wat selfs ongeskoolde arbeiders twee keer sal laat dink.

Chinese ouers het baie geld en tyd opgeoffer om hulle kinders na 'n universiteit te stuur. Nou sukkel daardie kind om 'n werk te kry, en die werk wat hulle wel kry betaal slegter as ongeskoolde werk.

Navorsing in die VSA het verder bevind dat die persentasie geld en tyd wat studente aan hulle studies spandeer en lektore aan onderrig spandeer, heelwat laer is as wat algemeen aanvaar word. Studente spandeer 27 uur per week aan studies, in vergelyking met 40 uur per week in 1960. Die res van die tyd is studente besig met sosiale aktiwiteite. Lektore spandeer 'n groot deel van hulle tyd aan esoteriese navorsing, en nie aan klasgee nie. 

Behalwe dat studente minder tyd aan studies spandeer, dra die tyd wat studente aan studies spandeer nie noodwendig tot die vermeerdering van hulle kennis en vaardighede nie. 'n Studie in die VSA het bevind dat 45% van studente na twee jaar se studie geen merkbare vermeerdering van kennis en vaardigheid getoon nie.

Peter Thiel, 'n medestigter van Paypal en een van die vroee beleggers in Facebook, is oortuig daarvan dat die waarde van tersiere onderwys oordryf word, en dat dit nie die tyd en die geld werd is nie. Hy het 'n inisiatief geloods om twintig uitgesoekte studente te betaal om hulle instellings te verlaat en te begin met 'n eie besigheid.

Een van die finaliste in Peter Thiel se inisiatief, Dale Stephens, het 'n webwerf geskep om die idee van informele tersiere opleiding te bevorder, gebaseer op die uitspraak van Mark Twain : "I have never let school interfere with my education." Dis 'n benadering wat in teenstelling staan met die formele opleiding wat verskaf word deur tradisionele tersiere instellings.

 Hierdie ontwikkelinge moet ook Suid-Afrikaanse mooi laat nadink of universiteit nog goeie waarde vir geld lewer.