Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Bied universiteite nog waarde vir geld?

Onder die publiek heers die algemene mening dat 'n kwalifikasie by 'n universiteit 'n jongmens se kans om 'n goeie werk te kry dramaties verhoog. As gevolg van hierdie mening neem die aantal studente wat inskryf by Suid-Afrikaanse universiteite jaarliks toe. Baie ouers offer baie geld en tyd op om hulle kinders die geleentheid te gun om universiteit by te woon

Dis nie slegs in Suid-Afrika wat hierdie mening heers nie. Oral oor die wereld neem die aantal studente aan universiteite toe. Wanneer hierdie studente egter afstudeer, sukkel baie van hierdie studente om 'n goeie werk te kry. Kliek hier om die res van die blog te lees.

In Spanje het daar 'n nuwe sosiale groep onstaan wat bekend staan as die "jovenes" (jongmense). Hierdie groep bestaan hoofsaaklik uit mans tussen die ouderdom van 25 en 25. Hierdie jongmense het afgestudeer, maar het nog nie hulle eerste werk gekry nie. Hulle woon by hulle ouers om geld te spaar. Soms doen hulle 'n deeltydse werk. Hulle ontvang 'n werkloosheidtoelaag van die staat. Lees meer oor die Spaanse situasie deur hier te kliek.

Tans produseer universiteite in China 6 miljoen graduandi per jaar. Ondanks China se indrukwekkende groei, skep die ekonomie nie genoeg professionele posisies om werk aan al hierdie graduandi te verskaf nie. In China is daar 'n nou 'n ooraanbod van geskoolde werkers, terwyl ongeskoolde werkers hoog in aanvraag is. Terwyl die salarisse van ongeskoolde werkers van 2003 tot 2009 met 80% gestyg het, het die salarisse van geskoolde werkers dieselfde gebly, of selfs gedaal in reele terme.

Hierdie geskoolde werkers het ook 'n sosiale groep op hulle eie geword, en staan bekend as die Mier stam, omdat daar so baie van hulle is, omdat hulle dikwels konsentreer in hoe digtheid woonbuurte en tevrede is met werk wat selfs ongeskoolde arbeiders twee keer sal laat dink.

Chinese ouers het baie geld en tyd opgeoffer om hulle kinders na 'n universiteit te stuur. Nou sukkel daardie kind om 'n werk te kry, en die werk wat hulle wel kry betaal slegter as ongeskoolde werk. Kliek hier om meer te lees oor die situasie in China.

Navorsing in die VSA het verder bevind dat die persentasie geld en tyd wat studente aan hulle studies spandeer en lektore aan onderrig spandeer, heelwat laer is as wat algemeen aanvaar word. Studente spandeer 27 uur per week aan studies, in vergelyking met 40 uur per week in 1960. Die res van die tyd is studente besig met sosiale aktiwiteite. Lektore spandeer 'n groot deel van hulle tyd aan esoteriese navorsing, en nie aan klasgee nie. Kliek hier om meer te lees oor hierdie navorsing.

Behalwe dat studente minder tyd aan studies spandeer, dra die tyd wat studente aan studies spandeer nie noodwendig tot die vermeerdering van hulle kennis en vaardighede nie. 'n Studie in die VSA het bevind dat 45% van studente na twee jaar se studie geen merkbare vermeerdering van kennis en vaardigheid getoon nie. Lees meer oor hierdie studie deur hier te kliek.

Peter Thiel, 'n medestigter van Paypal en een van die vroee beleggers in Facebook, is oortuig daarvan dat die waarde van tersiere onderwys oordryf word, en dat dit nie die tyd en die geld werd is nie. Hy het 'n inisiatief geloods om twintig uitgesoekte studente te betaal om hulle instellings te verlaat en te begin met 'n eie besigheid. Kliek hier om meer te lees oor hierdie inisiatief.

Een van die finaliste in Peter Thiel se inisiatief, Dale Stephens, het 'n webwerf geskep om die idee van informele tersiere opleiding te bevorder, gebaseer op die uitspraak van Mark Twain : "I have never let school interfere with my education." Dis 'n benadering wat in teenstelling staan met die formele opleiding wat verskaf word deur tradisionele tersiere instellings. Kliek hier vir die webwerf genaam "UnCollege".

Die inisiatief van Peter Thiel het 'n hele publieke debat in die VSA ontlont oor tersiere opleiding. Kliek hier vir 'n radio program oor die onderwerp.

Daar is ook allerhande inisiatiewe om die Internet te gebruik om verniet opleiding te verskaf. Kliek hier vir meer inligting oor so 'n inisiatief.

Hierdie ontwikkelinge moet ook Suid-Afrikaanse mooi laat nadink of universiteit nog goeie waarde vir geld lewer.

Diegene wat skepties is oor die gedagte om nie universiteit toe te gaan nie, vra altyd wat die alternatiewe is tot universiteit. Kyk gerus na die webwerf hier vir idees oor wat die alternatiewe kan wees.

Belangrike hofsaak - bring die kinders : Leendert ...
Dit help om op te staan vir jou regte

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Saturday, 23 September 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

The information provided by the media and government officials on the

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Curriculums

Physical Development Life Skills ...

- CARPE DIEM -Seize the DayUse the OpportunityHelp children … so ...

Pestalozzi Trust

The Pestalozzi Trust is a registered public benefit organisation ...

ABCmouse.com

  Early Learning Academy for children ages 2 - 8 Reading , Math , ...

MATHS GAPS

  The Maths Gaps series is designed to help Foundation Phase ...

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5384 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4330 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4855 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top