Volksblad berig dat universiteite in Suid-Afrika word oorstroom deur aansoeke. Die Universiteit van Johannesburg het net plek vir 10 500 studente, maar het 114 000 aansoeke ontvang. Dit impliseer dat universiteite net ongeveer 10% van die aansoeke aanvaar.

Indien die vraag na universiteitsopleiding baie groter is as die aanbod, dan lei dit tot die vraag waarom universiteite nie uitbrei om aan die vraag te kan voldoen nie. Indien universiteite in ’n vrye mark sou funksioneer, dan sou universiteite tans besig wees met enorme projekte om hulle kapasiteit uit te brei. Watter belegger sou nie graag so ’n groot gaping in die mark probeer vul nie? Daar is egter verskeie redes waarom universiteite nie uitbrei nie:

 

 

Omdat die universiteite nie aan die vraag na universiteitsopleiding kan voorsien nie, word toelatingsvereistes gebruik om innames te beperk. Die eerste toelatingvereiste wat gebruik word is ’n matriek.

Die standaard van die matriek is egter so laag dat dit vir alle praktiese doeleindes waardeloos is. “Aangesien die gehalte van matriek erg geval het, slaag al hoe meer leerlinge nou met universiteitstoelating,” het dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, by navraag gesê. Volgens Professor Herman van Schalkwyk van die Noordwes Universiteit is die geletterdheidvlakke van aansoekers op Graad 7 standaard en begripsvlakke op Graad 5 standaard. Ondersoeke in die VSA toon dieselfde tendens, en skryf dit toe aan die invoering van ’n nasionale kurrikulum. Hierdie aansoekers het almal ’n matriek met universiteitsvrystelling. Universiteite gebruik dus ’n waardelose kwalifikasie as toelatingvereiste.

Die internet maak dit egter moontlik om ordes meer studente in te neem, sonder om addisionele klaskamers te bou en lektore aan te stel. Kursusse wat op die wyse aangebied word staan bekend as MOOC’s (Massive Open Online Course). Dit is kursusse wat oop is vir alle studente en groot hoeveelhede studente kan hanteer. As universiteite die internet omhels behoort dit moontlik te wees om aan die enorme vraag na universiteitsopleiding te voldoen, en behoort daar geen noodsaak meer te wees vir toelatingsvereistes nie, en hoef leerders nie meer tyd te mors om ’n waardelose kwalifikasie te verwerf nie.

Dit is hoopvol dat Suid-Afrikaanse organisasies begin om kursusse oor die internet aan te bied. Dis egter teleurstellend dat hierdie organisasies nog steeds dink soos tradisionele instellings. Terwyl daar vir internet universiteite geen noodsaak behoort te wees vir toelatingsvereistes nie, aangesien hulle geen staatsubsidies ontvang nie en ook geen groeibeperkings het nie, hou hierdie organisasies nog steeds vas aan toelatingsvereistes. By een so ’n instelling kry jy die boodskap “Die minimum statutêre vereistes vir registrasie by XXX is ʼn Graad 12 Sertifikaat, ‘n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) vlak 4 gesertifiseer deur Umalusi of ekwivalente kwalifikasie.” indien jy probeer inskryf sonder ’n matriek. 

Die vraag na universiteitsopleiding in Suid-Afrika is baie groter as die aanbod, maar die bestaande residensiële universiteite kan nie daardie vraag bevredig nie. Nuwe internet gebasseerde universiteite wil ook nie daardie vraag bevredig nie, omdat hulle nog dink in terme van ’n paradigma dat universiteite toelatingsvereistes moet hê. As daar ooit ’n idee was wat miljoene Suid-Afrikaners ontneem het van hulle grondwetlike reg op onderwys, dan is dit die idee van toelatingsvereistes.

Die tyd is dus ryp vir ’n entrepeneur wat in staat is om buite die paradigma van toelatingsvereistes te dink om ’n internet gebasseerde universiteit te begin wat nie allerhande waardelose versprerrings plaas tussen studente en hulle grondwetlike reg op onderwys nie.

university stampede