Learning Material

ATKV-Redenaars.
Gee leerders die platform om hul sê met selfvertroue in Afrikaans te sê – ’n vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul veld sal plaas. Hierdie kompetisie is een van die ATKV se oudstes en word landswyd, sowel as in Namibië, aangebied vir laerskool- en hoërskoolleerders, so, as jy ’n raakprater in graad 1 tot graad 12 is en nie huiwer om jou sê te sê nie, bring jou beste oorredende toespraak en kom wys jou slag.