Deel

Begin tuisskool met moed, inligting en ondersteuning

akkreditasie

tuisskool

Die Suid-Afrikaanse wet gee ouers die opsie om hul kinders tuis te onderrig. Baie ouers neem nou die besluit om op die lang duur voort te gaan en het dus ook nou veel meer vrae oor tuisonderrig. Deur Heideli Loubser

Hierdie artikel gee kortliks antwoorde op hierdie vrae.

Moet ek by die Departement van Onderwys registreer?

Die SA Skolewet vereis dat ouers hul kinders by hul provinsiale departement registreer vir tuisonderwys. Dit blyk dat sommige provinsies nie genoegsame administratiewe kapasiteit het en amptenare dikwels nie genoegsame kennis oor tuisonderwys of die wet het nie, en daarom kan dit 'n bron van konflik tussen ouers en die onderwysdepartement word. Dit veroorsaak dat talle gesinne nie geregistreer is nie. Om met 'n geruste hart op tuisonderwys te kan fokus, word ouers aanbeveel om aan te sluit by die Pestalozzi Trust vir regshulp en advies. 

Hoe haal ek my kind uit die skool?

Eerstens, weet dat dit jou reg is om die beste onderrig vir jou kind te kies, hetsy dit in 'n skool of met tuisonderwys is. Jy hoef nie jou besluit aan 'n skool te verdedig of te verduidelik nie, jy hoef hul net in te lig.

Jy hoef ook nie te wag tot die einde van die jaar, kwartaal of maand nie. As dit in jou kind se beste belang is om tuisonderwys te kry, haal jou kind so gou as moontlik uit die skool uit.

Hoe begin ek met tuisonderwys?

Besluit op jul doelwitte as gesin en wat jy eendag graag vir jou kind wil hê. Wat het hy nodig om sy unieke doelwitte te bereik en watter waardes en leiding het hy/sy nodig om daardie doelwitte te bereik en die regte besluite langs die pad op 'n onafhanklike wyse te kan maak.

Tweedens, lees op, luister na aanlyn-inligtingsessies, sluit aan by die tuisskoolgroepe op sosiale media en gesels met ander tuisskoolgesinne. Vra vrae oor hoe hulle te werk gaan en wat vir hulle die beste werk. 

Kan ek my kind terugstuur skool toe?

Ja, jy kan. Die wet rondom skooltoelating bepaal dat geen staatskool teenoor kinders wat tuisonderwys ontvang het, mag diskrimineer of toetse gebruik om sulke kinders toegang te weier nie. 

Kan enige ouer hul kind tuis onderrig?

Ja. Ouers tree in die beste belang van hul kinders op en is reeds elke dag besig om belangrike lewensvaardighede en goeie maniere oor te dra en leiding te gee. Daarom het ouers ook die vermoë om hul kinders suksesvol tuis te onderrig.  

Moet 'n ouer gekwalifiseer of 'n onderwyser wees?

Navorsing hieroor het getoon dat 'n ouer se kwalifikasies geen invloed het op die prestasie van 'n tuisskoolleerder nie. Jy hoef nie alles te weet nie. Solank jy jou kinders probleemoplossingsvaardighede leer, sal hulle beslis suksesvol in die lewe wees. Leer jou kind waar en hoe om vir antwoorde te soek - dit is 'n kerndeel van die leerproses vir jou kind se hele lewe.

Hoeveel tyd neem tuisonderwys?

Leerders in die primêre fase van tuisonderwys neem sowat 2 tot 3 ure per dag om hul werk te voltooi en sekondêre fase leerders neem so 3 tot 4 ure. Kinders het dan meer tyd om te speel, lees, droom, sosialiseer, in die huis te help en om hul stokperdjies te beoefen. 

Leermateriale en kurrikulum vir tuisonderwys

Daar is 'n magdom leermateriale en hulpbronne beskikbaar vir tuisskoliere in Suid-Afrika. Sommige maak gebruik van handboeke, ander van digitale inhoud op die rekenaar en internet, ander gebruik video’s of 'n kombinasie van alles. 

Wat kos tuisonderwys?

Die koste kan enigiets vanaf R300 na R30 000 per maand beloop, afhangende van jou keuse van kurrikulum en hoeveel jy op ekstra-kurrikulêre aktiwiteite spandeer. Daar is ook baie gratis hulpbronne op die internet beskikbaar. 

Wat van sosialisering en sport?

Tuisskoliere kom oor die algemeen met net soveel mense, vanuit verskillende agtergronde en ouderdomsgroepe, in aanraking as hul skoolgaande vriende. Om met verskillende mense oor die weg te kom, is 'n belangrike lewensvaardigheid om aan te leer. 

Daar is baie sportsoorte waaraan hul kan deelneem en tuisonderwys bied die kinders ook meer tyd om aan sportsoorte waaroor hulle ernstig is, te spandeer. Baie organisasies maak deelname vir tuisskoliere moontlik op 'n provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak.

Ondersteuning

Daar is verskeie maniere om ondersteuning te kry - kurrikulumverskaffers is net een van vele. Sluit aan by die tuisskoolgroepe in jou gemeenskap, asook aanlyn op Facebook en Whatsapp. Dit sal jou moed en aanmoediging gee om die meeste van jou tuisskool-ervaring te maak. 

Besoek www.sahomeschoolers.org vir antwoorde op algemene vrae, kurrikulums, onderwysbenaderings, ondersteuningsgroepe en veel meer.

Hier is 'n nuttige lys van besighede gefokus op tuisonderwys:

1. Pestalozzi Trust

Sluit aan by die Pestalozzi Trust vir gemoedsrus. Ons beskerm jou vryheid om jou kinders wetlik en sonder onregmatige inmenginging te kan opvoed.

2. CTU Training Solutions

Kry hier geakkrediteerde tersiêre onderrig in inligtingstegnologie, besigheid, ontwerp en ingenieurswese.

3. Learning.Support

Learning.Support verskaf internasionale Britse leergangmateriaal wat geskik is vir voorbereiding op GCSE- en A-vlak-eksamens.

4. Nkazimulo Applied Sciences

Hul draagbare wetenskapstelle sal van tuisskoliere wetenskaplikes maak.

5. Advtech Group

Evolve Online School is 'n nuwe aanlynskool soos geen ander. Dit open in Januarie 2021 vir Graad R tot Graad 9.

6. Brainline Learning World

Vir meer as 30 jaar is Breinlyn die betroubare virtuele skool vir Graad R tot 12.

7. Optimi Home Pty (Ltd)

Impaq bied jou alles wat jy nodig het vir sukses in tuisonderrig. Voltooi Graad R tot 12 tuis. 

8. Auxillio Distance Education

Moenie bekommer nie. Gee Auxillio 'n lui vir raad oor hoe om struktuur in die tuisskool-chaos te skep

9. SkillsPro Group

Future-FUN CAPS Virtual Homeschool verskaf CAPS-kurrikulums vir Graad 1 tot 7 vir alle vakke, beskikbaar in Afrikaans én Engels. Kry al die inhoud, assesserings, werkvelle en studie-nota's.

10. Binary School

Binary School bied aanlynklasse in 'n virtuele klaskamer aan vir kodering, robotika, en rekenaargeletterheid.

11. Wingu Academy

Wingu Academy bied daagliks interaktiewe aanlynklasse van hoë gehalte aan in internasionaal-erkende Britse kurrikulum-onderrig.

12. BrainAbility

BrainAbility sal help om jou kind se leer-, lees-, geheue- en konsentrasievermoë te verbeter.  

13. DanieTeach

Dié interaktiewe en regstreekse aanlyn-onderrigplatform sal jou laat voel of jy deel van die familie is. 

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Titans RSA 155/8
Lions 154/8
Rand - Dollar
19.07
+0.4%
Rand - Pond
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Platinum
943.30
-0.8%
Palladium
1,033.50
+0.4%
Goud
2,387.78
+0.4%
Silwer
28.65
+1.5%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top-40
67,314
+0.2%
Alle aandele
73,364
+0.1%
Hulpbronne 10
63,285
-0.0%
Industriële 25
98,701
+0.3%
Finansiële 15
15,499
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos