Sagtebal vir Tuisskolers (Pretoria)
Hallo Homespun ouers en tuisskool seuns en meisies wat sagtebal wil speel in 2012,
Ons het ‘n baie goeie sagtebaljaar gehad laasjaar waarin ons vier spanne ingeskryf het in die sagtebal skoleliga. Die kinders het baie goed gevaar vir ‘n eerste jaar se deelname en een van ons spanne het deurgedring na die kwarteindrondte. Vier van ons kinders het kolwerspryse ontvang.
In 2012 wil ons die volgende ouderdomsgroepe inskryf in die liga:
- o/11 seuns en meisies (gebore 2001, 2002, 2003),
- o/13 seuns en meisies (gebore 1999, 2000)
- o/15 seuns en meisies (gebore 1996, 1997, 1998).
- Ons hoop om ook informele T-ball aan te bied vir die jongspan (gebore 2004, 2005, 2006)
Sagtebal Pretdag
Die seisoen gaan afskop met ‘n heerlike sagtebalpretdag op 19 Mei. ‘n Inskrywingsfooi van R30 per kind gaan gevra word om uitgawes te dek. Betaling geskied op die dag wat erens in Pretoria gaan plaasvind. Registreer asb deur jou kind se volle name en geboortedatum te stuur aan Julia van der Meijden by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it voor 8 Mei.
Oefening en Wedstryde
Ons gaan eenkeer per week oefen van middel Mei af. Oefeninge vind plaas by Sportpark in Krugerlaan, Lyttleton. Hou die tye asb solank ingedagte in julle beplanning. Ons sal na die Pretdag die oefentye vasstel wat meeste mense pas.
Opsie 1: Maandae 15h30-17h30 – ons wil graag die pa’s betrek by die afrigting en ‘n laatmiddagoefentyd maak dit meer uitvoerbaar.
Opsie 2: Dinsdagmiddae 13h00-15h00.
Laerskoolwedstryde Donderdagmiddae (by uitsondering ‘n Dinsdag) en Hoerskole Vrydagmiddae. Die wedstryde begin eers einde Julie.
Koste
Laasjaar se fooie was ‘n inskrywingsfooi van R100 per gesin en ‘n fooi van R120 per kind per maand vir 4 maande. Ek glo ons gaan hierdie fooie dieselfde hou hierdie jaar. Ouers moes vir hulle kinders hul eie kouse en pette koop @R80. Ons het ‘n klereborg van The Cleaning Warehouse. Die maandelikse fooie word gebruik om kolwe, balle en ander spantoerusting aan te koop asook om inskrywingsfooie en vir proffesionele afrigtingsklinieke te betaal. Ouers word aangemoedig om vir hul kinders hul eie sagtebalhandskoen te koop – die klub gaan nie aan alle spelers handskoene kan leen nie. Dit kos tussen R320-R400. Daar is ‘n paar handskoene beskikbaar wat aangekoop is om ouers te help wat dit nie kan bybring nie.
Helpers
Hier is ‘n lys van vrywillige hulp benodig vir die skoleseisoen. Sonder julle hulp laasjaar en hierdie jaar sou Homespun nie kon gebeur nie. Dink solank daaroor en laat my asb weet waarvoor julle kans sien. Dankie vir die wat my reeds geantwoord het:
Afrigters – 6 persone
Hulpafrigters – 6 persone
Tellinghouers – 1 per span, dus 6 persone
Skeidsregters
Finansiele admin – 1 persoon
Klere admin – 1 persoon
Toerusting admin – 1 persoon
Ander Admin – bv inskrywings hanteer
Skakelpersoon – met liga reelings vir eetgoed vir onderwysers
Voorstelle welkom as julle aan nog iets kan dink
Vriendelike groete
Franzette van Rensburg
0725970505
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Die wat ons nie ken nie:
Ek is ‘n tuisskoolma van Cayla (11) en Micah (amper7). Homespun is ‘n spanpoging waardeur aan die Tuisskoler die geleentheid gebied word om deel te vorm van ‘n span en teen ander spanne mee te ding. Goeie sportmangees en ontwikkelling van sport- en interpersoonlikevaardighede word vooropgestel bo net ‘n wen of verloor van ‘n wedstryd. Hierdie is ‘n nie-winsgewende organisasie en ouers, soos myself, stel hul tyd goedgunstiglik beskikbaar om hierby betrokke te wees.








