fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
2 minutes reading time (483 words)

Is tuisonderwys duur?

Tuisonderwys word dikwels voorgestel as ’n baie duur vorm van onderwys, aangesien een van die ouers sal moet ophou werk.

Indien egter die koste verbonde daaraan dat beide ouers in ’n gesin buite die huis werk in ag geneem word, is tuisonderwys egter nie noodwendig so duur nie. Hierdie kostes sluit in belasting, skoolgelde, skoolklere, toesig oor die kinders na die skool, vervoer van kinders na en van die skool, sakgeld om kos by die skool te koop, ens. ens. Indien al hierdie kostes in ag geneem word, kan dit wees dat ’n gesin meer spandeer aan hierdie kostes as wat die tweede ouer sal verdien indien hy of sy buite die huis werk.

As gesinne mooi begroot, sal hulle dalk vind dat dit nie onmoontlik is om te oorleef met die een inkomste nie. Vir gesinne waar slegs een ouers werk kan tuisonderwys heelwat goedkoper wees as skoolonderwys. Veral waar gesinne in ’n area woon waar die broodwinner nie hoog besoldig is nie, maar waar die skole baie duur is.

Daar is baie maniere waarop die kostes van tuisonderwys onder beheer gehou kan word:

  • Dieselfde kurrikulum kan vir al die kinders gebruik word.
  • Ouers kan hulle eie kurrikulum saamstel.
  • Maak gebruik van 2de handse tuisonderwys materiaal. Dis juis vir hierdie doel dat die webwerf van die Vereniging vir Tuisonderwys 'n fasiliteit het om 2de hande materiaal te koop en te verkoop.
  • Gebruik gratis tuisonderwys hulpmiddels op die Internet.
  • Sluit aan by 'n ondersteuningsgroep wat afslag kan beding vir uitstappies of by verskaffers.
  • Maak gebruik van materiaal van die munisipale biblioteek.

Dit is egter ook nie noodwendig waar dat gesinne wat tuisonderwys gee slegs op een inkomste hoef te leef nie. Aangesien tuisonderwys minder tyd in beslag neem as skoolonderwys, kan ouers wat die tuisonderwys die orige tyd gebruik om deeltydse werk te doen. Of indien beide ouers voltyds werk maar in verskillende skofte werk, kan dit ook moontlik wees om tuisonderwys te gee. Of ouers kan saamwerk met ander ouers sodat ander ouers of familie 'n deel van die tuisonderwys beharting op dae wat hulle werk.

Ouers wat van die huis af werk, of 'n besigheid van die huis af bedryf, kan die tuisonderwys kombineer met die werk. Wanneer ouers 'n eie besigheid het, kan die kinders ook help in die besigheid. Dit op sig self is 'n leerervaring wat kinders nie by 'n skool kan kry nie.

Ouers wat by die huis bly om die tuisonderwys te behartig, kan allerhande dinge begin om 'n addisionele inkomste te genereer.

Ongelukkig is enkelouer gesinne iets wat vandag algemeen voorkom. Ook vir sulke gesinne is tuisonderwys moontlik, alhoewel dit moeilik kan wees en baie insette van die ouer vra. Enkelouers wat van die huis af werk kan die tuisonderwys en die werk kombineer. Ouers wat buite die huis werk sal die tuisonderwys voor en na werk moet inpas. Sommige enkelouers kan tutors bekostig.

 

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Does more money provide better education?
Court case on National Curriculum - possible conse...

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 28 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources