fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
7 minutes reading time (1433 words)

Die SAKAI Eksamenraad

In die laaste maande was daar heelwat veranderinge in die onderwys. Daar is aangekondig dat ’n nuwe eksamenraad vir tuisskolers gestig is met die naam van SAKAI (Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Asseserings Instelling), en kort daarna is in die media gerapporteer dat ERCO (Eksamenraad vir Christelike Onderwys – voorheen die Onafhanklike Afrikaanse Eksamenraad) sy akkreditasie by Umalusi verloor het. Baie ouers wil graag weet hoe hierdie ontwikkelings tuisonderwys gaan affekteer.

Probleme met ERCO

Die laaste jare het tuisskolers baie frustrasies ondervind om ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te verwerf. Baie van die kurrikulum verskaffers wat leerders voorberei het vir die NSS, het van ERCO se dienste gebruik gemaak, maar die laaste jare het veral tuisskolers baie probleme met die eindeksamen ervaar.  Sommige matrikulante moes jare wag  om hulle matrieksertifikaat te ontvang. Baie ouers is eindeloos gefrustreer omdat hulle maande lank tussen kurrikulumverskaffer, ERCO en Umalusi rondgestuur is.

Op versoek het die Pestalozzi Trust hierdie situasie ondersoek, en volgens hierdie verslag kan die probleme opsommend toegeskryf word aan onstabiliteit in die bestuur van ERCO (die gereelde bedanking van senior beamptes) en onstabiliteit van die administratiewe infrastruktuur (die gereelde vervanging van die rekenaarstelsel wat ERCO gebruik om sy besigheid te bedryf). Oor ’n periode van 30 maande het ERCO agt sulke groot ontwrigtings ervaar. Aangesien dit ongeveer 18 maande neem om voor te berei vir ’n eindeksamen en dit suksesvol af te handel, beteken dit dat ERCO ongeveer 4 ontwrigtings ervaar het in die periode van een eksamensiklus.

Impakonderwys het in April 2012 ’n artikel aan sy kliente versprei met die titel : “Die bitter-soet verhaal van Impak se huwelik met ERCO en die nuwe kys.” In hierdie artikel is die onstuimige verhouding tussen Impak en ERCO vanaf sedert 2007 beskryf. Hierdie verhouding het hoogtepunte en laagtepunte gehad, maar met die 2011 eindeksamen het die verhouding sy finale knou gekry. Umalusi het ontwikkelinge by ERCO ‘n jaar lank dopgehou en uiteindelik in Maart 2012 besluit dat ERCO se optrede nie pas by ‘n eksamenraad nie en het hulle ERCO se akkreditasie as eksamenraad ge-termineer. Daarna het Impak sy steun toegesê aan die nuwe eksamenraad SAKAI.

In sekere kringe is die besluit van Umalusi om die akkreditasie van ERCO te termineer beskryf as ’n aanslag van die staat op die Christelike waardes van ERCO, en Afriforum het oorweeg om die besluit van Umalusi in die hof te beveg.

’n Nuwe eksamenraad word goedgekeur

In Maart 2012 vermeld die Pestalozzi Trust op die tuisonderwys poslys dat Umalusi magtiging verleen het dat ’n nuwe eksamenraad gevestig word wat spesialiseer in die assessering van tuisleerders en afstandskandidate.

Aanvanklik was die naam “SACHAI” wat gestaan het vir SACHAI (Suid-Afrikaanse Christelike Assesserings Instelling), maar dit is verander na SAKAI (Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesserings Instelling). Dit eksamenraad onderskryf nog steeds eksklusief Christelike waardes, maar is inklusief wat betref die persone wat van sy diens wil gebruik maak. Kurrikulum verskaffers wat nie Christelike waardes onderskryf nie, kan ook gebruik maak van SAKAI se dienste, met die verstandhouding dat SAKAI se eksamens op Christelike waardes gebaseer is.

SAKAI is deur die Suid-Afrikaanse Stigting vir Onderwys en Opleiding (SASOO) opgerig as ’n maatskappy sonder winsbejag. Tans word SAKAI bestuur deur ’n interim raad wat bestaan uit die volgende persone:

  1. Prof. Rolph Stumpf (Pres. van RGN, Vise Rektor US, Rektor van Nelson Mandel Metro Univ. , Voorsitter Raad op Hoër Onderwys)
  2. Dr. Huw Davies (Onderwyskundige, Akademiese Raad van Johannesburg Univ., SAOU)
  3. Mnr. Ezrah Ramasehla (Onderwyskundige, NAPTOSA)
  4. Dr. Gustav Niebuhr (SAOU)


Die raad van SAKAI het die volgende persone aangestel om die organisasie te bestuur:

  1. Dr. Gustav Niebuhr (Hoof Uitvoerende Beampte)
  2. Mev. Elsa Notnagel
  3. Mev. Karen de Waal

Laasgenoemde dames was voorheen in die bestuur van ERCO en was volgens die artikel van Impakonderwys verantwoordelik daarvoor dat die eksamens in 2009 en 2010 besonder vlot verloop het.

SAKAI beplan om ‘n Akademiese Advies Komitee op te aan te stel wat uit die volgende komponente bestaan:

  1. ’n Professionele Ondersteuningsdiens.
  2. ’n Forum wat bestaan uit persone wat die kliënte van SAKAI verteenwoordig. Uit hierdie forum gaan die verdere raadslede verkies word.

Die dienste van SAKAI

Soos reeds genoem, is SAKAI inklusief en maak sy dienste beskikbaar aan enige organisasie. Die kliënte van SAKAI kan organisasies wees wat kurrikulums verskaf aan ouers wat tuisonderwys gee, sowel as skole.

Umalusi het toestemming verleen dat SAKAI in 2012 die rekordeksamen administreer vir sy kliënte. Hierdie eksamen gaan afgelê word by 55 sentrums oor die land.  Die punte wat in hierdie eksamen verwerf word gaan die SBA (School Based Assessment) punt vir die leerling wees, wat 25% van die leerling se finale punt gaan wees.

Daar gaan eksamens wees vir al die NSS vakke, behalwe die Afrika tale, plus enkele vakke wat tans slegs deur IEB (Independent Examination Board – Die eksamenraad vir privaat skole) geassesseer word soos Frans en Duits. SAKAI gaan sy eie vraestelle opstel vir al die vakke, in Afrikaans en Engels.

Die 2012 matrikulante

Die matrikulante wat aanvanklik by ERCO ingeskryf sou word, sal hierdie jaar die eksamen skryf wat deur die eksamenraad van die staat opgestel is. Die kurrikulumverskaffers en skole wat voorheen by ERCO was sal reëlings moet tref met die provinsiale owerhede dat hulle leerlinge eksamens skryf by ’n staatskool in die leerling se omgewing. Daar word tans nog onderhandel oor moontlikhede dat hierdie eksamens egter afgelê word by ’n privaatskool wat ingeskakel is SAKAI.

Aangesien die ERCO leerlinge van ander voorgeskrewe werke gebruik gemaak het vir hulle letterkunde, sou hierdie besluit impliseer dat die leerlinge nou ter elfder ure ander voorgeskrewe boeke moet bestudeer. Hierdie leerlinge word nou egter ook ge-akkommodeer deur addisionele letterkunde vraestelle op te stel vir hierdie leerlinge.

Toekomsplanne

Dit is die plan dat SAKAI vanaf 2013 die NSS eindeksamen gaan administreer vir sy kliënte. Daar word gehoop om die getal eksamensentrums dan uit te brei na 80. Indien iemand in ’n area woon wat ver van ’n eksamensentrum is, en graag ’n geleentheid wil skep om ’n eksamensentrum in sy area te bedryf, kan hulle SAKAI vanaf 2013 skakel om sulke geleenthede te bespreek.

SAKAI beplan ook om betrokke te wees by die administrasie van die Nasionale Matriek vir Volwassenes wat hopelik binnekort beskikbaar gaan word.

Verder beplan SAKAI ook om ’n eksterne asseseringsdiens aan te bied aan skole en ouers wat tuisonderwys gee vir die laer grade, om hulle in staat te stel om hulle kinders se vordering te meet teenoor ’n internasionaal erkende maatstaf.

Gevolgtrekking

Die verwerwing van matriek, veral vir gesinne waar Afrikaans die moedertaal is, is vir tuisskool gesinne ’n groot frustrasie. Daar is verskeie maniere om ’n ekwivalent vir matriek in Engels te verwerf (bv. Cambridge en GED). Vir leerling wat sy matriek in sy moedertaal wil verwerf is die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) die enigste opsie.

In die verlede was dit moontlik om ’n NSS te verwerf deur slegs die matriekeindeksamen te skryf. Die regulasies vir die administrasie van matriek wat in 2008 ingevoer vereis egter dat leerlinge Gr.10, 11 en 12 moet doen by ’n kurrikulum verskaffer wat sy leerlinge kan inskryf by ’n ge-akkrediteerde eksamenraad, alvorens hulle ’n matriek eindeksamen kan skryf. Hierdie regulasies het die tyd wat dit neem om ’n matriek te verwerf van een na drie jaar verhoog, en die kostes verhoog van ongeveer R3000 na R30 000.

Meeste van die tuisonderwys kurrikulum verskaffers het die ERCO eksamenraad  gebruik om die NSS aan te bied. Die gebruik van ERCO het egter heelwat probleme veroorsaak, soos reeds uitgesit is. Bo en behalwe dat die tyd en kostes om ’n NSS te verwerf dramaties verhoog het sedert 2008, is tuisskoolouers nog verder gefrustreer met die swak administrasie van eindeksamens.

Op grond van die bekwame en ervare persone wat aangestel is om SAKAI te bestuur, is daar redes om te vertrou dat die frustrasies wat ouers ervaar het rondom die swak administrasie van die eindeksamen uit die weg geruim gaan word, waarvoor ons baie dankbaar kan wees. Hierdie eksamenraad gaan egter nie probleme rondom die kostes en tyd wat nodig is om ’n matriek te verwerf oplos nie.

Soos reeds uiteengesit, gaan die raad uitgebrei word met persone wat deur die forum van SAKAI se kliënte gekies word. SAKAI se kliënte is kurrikulum verskaffers en skole. Die implikasie hiervan is dat daar in die raad van SAKAI niemand gaan wees wat die belange van ouers verteenwoordig nie. Daar is geen rede om te glo dat so ’n raad gemotiveerd gaan wees om die probleem rondom die kostes en tyd van die verwerwing van ’n matriek aan te spreek nie. Om die rede is dit belangrik dat maniere gevind moet word om ouerbetrokkenheid by SAKAI te bevorder.

SAKAI eksamenraad

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

How should parents choose a homeschooling curricul...
Intergeloof in onderwys weer bevestig

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 28 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources