Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Weskaapse onderwysdepartement intimideer tuisskoolouers

In die Tygerburger van 8 Augustus het die Wes-Kaapse Department van Onderwys ’n kennisgewing geplaas met die titel “Ken die feite oor tuisonderrig”. In die kennisgewing word onder andere beweer dat ouers vir hulle kinders moet goedkeuring kry alvorens hulle met tuisonderwys begin, dat die kurrikulum wat gevolg moet word in lyn met die Nasionale Kurrikulumverklaring moet wees en dat leerders vanaf Gr.9 by ’n skool ingeskryf moet wees.

Baie ouers wat tuisonderwys gee is geskok deur hierdie kennisgewing. Die genoemde vereistes wat in die kennisgewing beskryf word is in stryd met die wet. In September 2010 het die Wes-Kaapse onderwys departement ’n soortgelyke kennisgewing geplaas, en toe is die onderwysdepartement daarop gewys dat hierdie vereistes onwettig is. Die Pestalozzi Trust het 'n brief geskryf en die Pestalozzi Trust saam met die Vereniging vir Tuisonderwys en die Cape Home Edcators het met amptenare van die onderwysdepartement vergader en die onwettige aard van hierdie vereistes onder hulle aandag gebring en dit bespreek. Terwyl die onderwysdepartement weet dat hulle vereistes onwettig is, probeer hulle nogtans weer om ouers met hierdie kennisgewing te intimideer.

Die hoogste wet in Suid-Afrika is die grondwet. Volgens die grondwet dra die kind se beste belange die hoogste gesag in sake wat kinders betref. ’n Vereiste dat ouers moet goedkeuring kry voor ’n sekere datum alvorens hulle kan begin met tuisonderwys het niks te doen met die beste belang van die kind nie, maar dit gee aan amptenare by die onderwysdepartement beheer oor ander mense se kinders. Hierdie soort vereistes is daarom in stryd met die grondwet. As ouers byvoorbeeld in Januarie sou besluit dat hulle wil tuisonderwys gee, omdat hulle kind by die skool geboelie word, sou hierdie vereiste impliseer dat die ouers die kind moet laat boelie vir die res van die jaar, sodat hulle voor 30 September kan aansoek doen om tuisonderwys te gee in die volgende jaar. Dan kom hierdie vereistes eenvoudig neer op geïnstitusionaliseerde kindermishandeling.

Die grondwet bepaal in art. 39(1)(b) dat die howe die handves van regte moet interpreteer in terme van internasionale reg.  Een so ’n stuk internasionale reg is art. 26(3) van die Universele Verklaring van Menseregte wat bepaal dat ouers die reg het om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang. Indien ouers eers moet toestemming vra by die onderwysdepartement alvorens hulle met tuisonderwys begin, word hierdie ouerlike reg ingeperk, wat weereens ongrondwetlik is.

Geen wet magtig die staat om die inhoud van onderwys vir onafhanklike skole en tuisonderwys voor te skryf nie. Regter Cynthia Pretorius het op 25 Maart 2011 in die hooggeregshof in Pretoria hierna verwys toe sy opgemerk het dat die nasionale kurrikulum nie bindend is vir onafhanklike skole en ouers wat tuisonderwys gee nie. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement handel daarom onwettig indien hulle van ouers vereis dat hulle die nasionale kurrikulum moet volg.

Verder beweer die kennisgewing dat tuisleerders nie Gr. 9 tot Gr. 12 kan doen nie. Indien tuisleerders nie ’n matriek kan verwerf nie, dan kan tuisleerders nie toegelaat word tot verdere onderwys nie. Die grondwet bepaal egter dat alle burgers die reg het tot verdere onderwys. Dit is daarom ongrondwetlik van die Wes-Kaapse onderwysdepartement om te diskrimineer teen tuisleerders deur vereistes daar te stel waarvolgens grondwetlike reg op verdere onderwys ingeperk word.

Dit behoort duidelik te wees uit bg. argumente dat die Wes-Kaapse departement van onderwys allerhande vereistes stel aan ouers wat tuisonderwys gee, wat nie deur die wet voorgeskryf word nie. In so ’n situasie is dit wettig om nie te registreer by die Wes-Kaapse onderwysdepartement nie. Dit is omdat ouers wat hulle aan die wet wil hou, deur nie aan die provinsiale owerheid se onwettige vereistes te voldoen nie, dat 90% van ouers hulle kinders nie vir tuisonderwys registreer nie. Ouers wat tuisonderwys oorweeg word aanbeveel om regsadvies te kry alvorens hulle hul verbind aan allerhande onwettige vereistes as hulle registreer by die onderwysdepartement. Omdat sulke regsadvies duur is, is daar ’n regsfonds vir tuisonderwys gestig, wat regsondersteuning vir tuisskoolouers bekostigbaar maak. Die besonderhede van die regsfonds kan gevind word by www.pestalozzi.org

Die Vereniging vir Tuisonderwys het op hierdie kennisgewing gereageer deur 'n brief te skryf aan die Tygerburger, waarin die redes uiteengesit word waarom die vereistes van die onderwysdepartment in stryd is met die wet. Kliek hier vir 'n skakel na die brief.

Western Cape discriminates against homeschoolers

Kurrikulum verskaffers: Hoe moet ouers hulle hante...
Boelie in skole neem toe

Related Posts

 

Comments 2

Marelize Keyter on Friday, 10 August 2012 06:02

Hoe verstaan 'n mens 'skoolpligtig' dan? Kinders is "verplig" om skool te gaan tot 15 (gr 9) en daarna te gaan werk (wat seker teoreties sou insluit as 'n ingenieur, dokter of selfs professor?).

'n Kind wat dus verdere studies wil onderneem (gr 10-12) is binne die verband van 'skoolplig' eintlik op sy eie en het nie nodig om dit deur een of ander afgedwingte kanaal te doen nie?

Hoe verstaan 'n mens 'skoolpligtig' dan? Kinders is "verplig" om skool te gaan tot 15 (gr 9) en daarna te gaan werk (wat seker teoreties sou insluit as 'n ingenieur, dokter of selfs professor?). 'n Kind wat dus verdere studies wil onderneem (gr 10-12) is binne die verband van 'skoolplig' eintlik op sy eie en het nie nodig om dit deur een of ander afgedwingte kanaal te doen nie?
Bouwe van der Eems on Saturday, 11 August 2012 09:18

Ouers is verplig om hulle kinders skool toe te stuur van die ouderdom 7 - 15, of alternatiewelik die kinders te registreer vir onderwys tuis. Gr. 10 - 12 val egter buite die jare van skoolplig, en daarom is niemand verplig om Gr. 10 - 12 te doen nie. Die beoogde regulasies se egter dat jy nie toegelaat sal word tot Gr. 10, indien jy nie Gr. 9 in 'n skool gedoen het nie. Verder bepaal dit dat Gr.10 - 12 slegs in 'n skool gedoen kan word.

Ouers is verplig om hulle kinders skool toe te stuur van die ouderdom 7 - 15, of alternatiewelik die kinders te registreer vir onderwys tuis. Gr. 10 - 12 val egter buite die jare van skoolplig, en daarom is niemand verplig om Gr. 10 - 12 te doen nie. Die beoogde regulasies se egter dat jy nie toegelaat sal word tot Gr. 10, indien jy nie Gr. 9 in 'n skool gedoen het nie. Verder bepaal dit dat Gr.10 - 12 slegs in 'n skool gedoen kan word.
Already Registered? Login Here
Guest
Monday, 21 August 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

Home Education is legal in South Africa and internationally.

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Curriculums

Pestalozzi Trust

The Pestalozzi Trust is a registered public benefit organisation ...

GEDeducare

Affordable quality homeschool curriculum! The GEDeducare ...

e-Library

e-Library is ‘n handige, gebruikersvriendelike en bekostigbare ...

ABCmouse.com

  Early Learning Academy for children ages 2 - 8 Reading , Math , ...

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5046 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4139 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4598 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top