fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Upcoming Events

Has no connect to show!

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
3 minutes reading time (554 words)

Vergadering oor Tuisonderwys deur die Gauteng Departement van Onderwys

Op die kalender van die www.tuisskolers.org webwerf is daar ’n kennisgewing van ’n publieke vergadering oor tuisonderwys deur die Gauteng Departement van Onderwys. Volgens die kennisgewing is die vergadering met die Gauteng Onderwysdepartement se afdeling vir Tuisonderrig in Pretoria met die Direkteur van Tuisonderrig, me. Sakiena Beg en die amptenaar vir die Pretoria area, me. Carol Motshwane.

Die Vereniging vir Tuisonderwys skryf gereeld briewe aan die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente om namens tuisskoolouers sake onder hulle aandag te bring, maar kry oorwegend geen reaksie nie. Selfs nie eers ’n erkenning van ontvangs nie. Hierdie briewe kan op SAHomeschoolers.Org gelees word. Dit is om hierdie rede dat die Vereniging dankbaar is dat die Gauteng Departement van Onderwys hierdie vergadering reël, sodat tuisskolers hulle vrae direk aan die departement kan stel. Die Vereniging wil daarom tuisskoolouers ten sterkste aanbeveel om hierdie vergadering by te woon.

Die Vereniging het in die verlede sulke vergaderings bygewoon en ook verslag gedoen oor hierdie vergaderings. In 2004 het die Gauteng Departement van Onderwys ’n hele reeks vergaderings gehou. Eers ’n reeks private vergaderings met klein groepies ouers (Westonarea en Kensington) en later ’n reeks publieke vergaderings wat in die koerante aangekondig is. (Pretoria, Johannesburg, Vereniging)

Die Vereniging gaan ook hierdie keer alles in sy vermoë doen om ’n verteenwoordiger na hierdie vergadering te stuur en verslag te lewer oor die vergadering. Enigiemand wat die vergadering wil bywoon word te sterkste aangeraai om die verslae oor die vergaderings in 2004 te lees, om ’n idee te vorm wat hulle moontlik kan verwag by die komende vergadering.

Die vergadering was oorspronklik gereël vir die 7de September en is op kort kennisgewing gekanselleer deur die Gauteng Departement van Onderwys, omdat me. Sakiena Beg moes aandag gee aan dringende sake. Nou is dit weer op redelike kort kennisgewing ge-herskeduleer vir 21 September. Ouers wat vêr moet ry om die vergadering by te woon moet daarom bewus wees daarvan dat die vergadering dalk weer op kort kennisgewing gekanselleer kan word en dat hulle dan verniet gaan ry.

Ouers moet ook bewus wees daarvan dat die kennisgewing vir die vergadering misleidend is.  Leendert van Oostrum skryf die volgende op die tuisonderwys poslys : “Daar is geen “direkteur van Tuisonderrig” in Gauteng nie, want daar is geen direktoraat vir “Tuisonderrig” soos die hoofletter impliseer nie. Me Beg is die direkteur belas met die registrasie van privaatskole. Registrasie van tuisonderwys is ’n soort ekstra werkie wat aan haar toegewys is. Daar is ook nie ’n amptenaar vir tuisonderwys vir die “Pretoria area” nie. ALLE administrasie van tuisonderwys in die provinsie word hanteer deur die hoofkantoor van die Gautengse onderwysdepartement te Commissionerstraat 123 in Johannesburg. Dit is ook waar Carol Motshwane se kantoor is en sy is verantwoordelik vir die registrasie van tuisleerders in die HELE Gauteng. Sy weet nie veel van tuisonderwys nie en volgens my inligting het sy in die afgelope jaar slegs 66 aansoeke om registrasie van tuisleerders ontvang – dis so bietjie meer as een per week en vorm waarskynlik minder as 1% van die tuisskolers in die provinsie.

In die lig van Leendert van Oostrum se opmerking word ouers aangeraai om krities te luister na die uitsprake van die amptenare en dit self te verifieer. Meer inligting oor die regsaspekte van tuisonderwys kan gevind word deur die “Legal” oortjie te kies op die webwerf.

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Tuisskolers word ’n politieke faktor
Homeschooling for mentally handicapped children

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Thursday, 28 March 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources