fbpx

OUR MISSION : Empowering parents to choose the best education for their children. LOCKDOWN EDUCATION : Click here for tips on education during lockdown.

Bookmark this event! Read more
Education Solutions from Preschool to Grade 12 Read more
SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home education in general and is not associated with any specific curriculum or homeschool Read more

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Font size: +
4 minutes reading time (771 words)

Universiteite word oorstroom

Volksblad berig dat universiteite in Suid-Afrika word oorstroom deur aansoeke. Die Universiteit van Johannesburg het net plek vir 10 500 studente, maar het 114 000 aansoeke ontvang. Dit impliseer dat universiteite net ongeveer 10% van die aansoeke aanvaar.

Indien die vraag na universiteitsopleiding baie groter is as die aanbod, dan lei dit tot die vraag waarom universiteite nie uitbrei om aan die vraag te kan voldoen nie. Indien universiteite in ’n vrye mark sou funksioneer, dan sou universiteite tans besig wees met enorme projekte om hulle kapasiteit uit te brei. Watter belegger sou nie graag so ’n groot gaping in die mark probeer vul nie? Daar is egter verskeie redes waarom universiteite nie uitbrei nie:

 

  • Universiteite mag nie uitbrei sonder goedkeuring van die Departement van Hoër Onderwys nie. Dit impliseer dus dat die department nie uitbreidings goedkeur nie. Die rede waarom die departement nie uitbreidings kan goedkeur nie, is omdat die staat meer 50% van sommige universiteite se inkomste voorsien. Indien die departement se begroting nie uitbrei nie, kan universiteite dus ook nie uitbrei nie. Enigiemand wat so nou en dan na die finansiële nuus luister sal weet dat die staatskas tans nie in ’n gesonde toestand is nie. Daar is dus geen rede om te glo staatsubsidie gaan uitbrei om die vraag na universiteitsopleiding te bevredig nie.

  • Sommige universiteite se strategiese doelwitte is om navorsinginstitute te wees, en will hulle innames beperk sodat hulle op navorsing kan konsentreer. Hierdie universiteite stel meer belang in studente wat later navorsers kan word en nie soseer in studente wat slegs ’n B. Graad wil verwerf en dan gaan werk nie.

  • Suid-Afrikaanse universiteite is grotendeels residensiële universiteite, wat gebruik maak van fisiese klaskamers, met beperkte kapasiteit. As ’n universiteit wil uitbrei moet meer klaskamers gebou word en meer lektore aangestel word. Omdat universiteite bv. nie aandele kan uitreik om kapitaal te verkry nie, is dit moeilik om sulke uitbreidings te finansier.

 

Omdat die universiteite nie aan die vraag na universiteitsopleiding kan voorsien nie, word toelatingsvereistes gebruik om innames te beperk. Die eerste toelatingvereiste wat gebruik word is ’n matriek.

Die standaard van die matriek is egter so laag dat dit vir alle praktiese doeleindes waardeloos is. “Aangesien die gehalte van matriek erg geval het, slaag al hoe meer leerlinge nou met universiteitstoelating,” het dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, by navraag gesê. Volgens Professor Herman van Schalkwyk van die Noordwes Universiteit is die geletterdheidvlakke van aansoekers op Graad 7 standaard en begripsvlakke op Graad 5 standaard. Ondersoeke in die VSA toon dieselfde tendens, en skryf dit toe aan die invoering van ’n nasionale kurrikulum. Hierdie aansoekers het almal ’n matriek met universiteitsvrystelling. Universiteite gebruik dus ’n waardelose kwalifikasie as toelatingvereiste.

Die internet maak dit egter moontlik om ordes meer studente in te neem, sonder om addisionele klaskamers te bou en lektore aan te stel. Kursusse wat op die wyse aangebied word staan bekend as MOOC’s (Massive Open Online Course). Dit is kursusse wat oop is vir alle studente en groot hoeveelhede studente kan hanteer. As universiteite die internet omhels behoort dit moontlik te wees om aan die enorme vraag na universiteitsopleiding te voldoen, en behoort daar geen noodsaak meer te wees vir toelatingsvereistes nie, en hoef leerders nie meer tyd te mors om ’n waardelose kwalifikasie te verwerf nie.

Dit is hoopvol dat Suid-Afrikaanse organisasies begin om kursusse oor die internet aan te bied. Dis egter teleurstellend dat hierdie organisasies nog steeds dink soos tradisionele instellings. Terwyl daar vir internet universiteite geen noodsaak behoort te wees vir toelatingsvereistes nie, aangesien hulle geen staatsubsidies ontvang nie en ook geen groeibeperkings het nie, hou hierdie organisasies nog steeds vas aan toelatingsvereistes. By een so ’n instelling kry jy die boodskap “Die minimum statutêre vereistes vir registrasie by XXX is ʼn Graad 12 Sertifikaat, ‘n Nasionale Sertifikaat (Beroepsgerig) vlak 4 gesertifiseer deur Umalusi of ekwivalente kwalifikasie.” indien jy probeer inskryf sonder ’n matriek. 

Die vraag na universiteitsopleiding in Suid-Afrika is baie groter as die aanbod, maar die bestaande residensiële universiteite kan nie daardie vraag bevredig nie. Nuwe internet gebasseerde universiteite wil ook nie daardie vraag bevredig nie, omdat hulle nog dink in terme van ’n paradigma dat universiteite toelatingsvereistes moet hê. As daar ooit ’n idee was wat miljoene Suid-Afrikaners ontneem het van hulle grondwetlike reg op onderwys, dan is dit die idee van toelatingsvereistes.

Die tyd is dus ryp vir ’n entrepeneur wat in staat is om buite die paradigma van toelatingsvereistes te dink om ’n internet gebasseerde universiteit te begin wat nie allerhande waardelose versprerrings plaas tussen studente en hulle grondwetlike reg op onderwys nie.

university stampede

×
Stay Informed

When you subscribe to the blog, we will send you an e-mail when there are new updates on the site so you wouldn't miss them.

Should parents register for homeschooling?
Homeschool Associations feedback to Education Depa...

Related Posts

 

Comments 2

Bouwe van der Eems (website) on Monday, 26 January 2015 10:45

Kommentaar wat leser op poslys geplaas het : "Dan is daar natuurlik ook die probleem van onbetaalde staats skuld. By die Universiteit van Tegnologie van die Vaaldriehoek was daar verlede jaar groot stakings omdat die Universiteit geweier het om studente se punte beskikbaar te maak alvorens hulle rekeninge betaal is. Die probleem is dat 70% van die studente met onbetaalde rekeninge daar studeer met staatsbeurse. Die regering bly beurse toeken en het blykbaar al vir 4 jaar niks aan die Universiteit oorbetaal nie."

Kommentaar wat leser op poslys geplaas het : "[i]Dan is daar natuurlik ook die probleem van onbetaalde staats skuld. By die Universiteit van Tegnologie van die Vaaldriehoek was daar verlede jaar groot stakings omdat die Universiteit geweier het om studente se punte beskikbaar te maak alvorens hulle rekeninge betaal is. Die probleem is dat 70% van die studente met onbetaalde rekeninge daar studeer met staatsbeurse. Die regering bly beurse toeken en het blykbaar al vir 4 jaar niks aan die Universiteit oorbetaal nie.[/i]"
Bouwe van der Eems (website) on Thursday, 05 February 2015 16:15

Aangesien matriek waardeloos is om te gebruik vir toelating tot universiteit, gebruik universiteite toenemend die "National Benchmak Test (NBT)". Die South African Students Congress (Sasco) het 'n probleem met die gebruik NBT by Universiteit Kaapstad. Lees die artikel by http://goo.gl/ilBo6H Dis nie duidelik uit die artikel wat SASCO probleem is nie, maar dit lyk of die argument is dat die NBT diskrimineer op grond van ras, aangesien baie swart studente uit arm skole kom en nie in staat is om goed te presteer in NBT nie.

Aangesien matriek waardeloos is om te gebruik vir toelating tot universiteit, gebruik universiteite toenemend die "[i]National Benchmak Test (NBT)[/i]". Die South African Students Congress (Sasco) het 'n probleem met die gebruik NBT by Universiteit Kaapstad. Lees die artikel by http://goo.gl/ilBo6H Dis nie duidelik uit die artikel wat SASCO probleem is nie, maar dit lyk of die argument is dat die NBT diskrimineer op grond van ras, aangesien baie swart studente uit arm skole kom en nie in staat is om goed te presteer in NBT nie.
Already Registered? Login Here
Guest
Tuesday, 23 April 2024

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Welcome / Welkom

SAHomeschoolers.Org is an independent website that promotes home ...

Accelerated Christian Education

Education Solutions from Preschool to Grade 12

Q & A

Most
  • Prev
  • Curriculums & Resources