Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Tuisskolers word ’n politieke faktor

Die VSA is die land waar tuisonderwys die grootste is in die wêreld. Daar word beraam dat daar tans omtrent 2 miljoen tuisleerders in die VSA is. Hierdie tuisskool gemeenskap is oorwegend ten gunste van laer belastings en minder inmenging van die staat in die burgerlike samelewing.

In die VSA is daar ’n sterk groeiende beweging binne die republikeinse party wat ook ten gunste is van laer belastings en minder inmenging van die staat en hierdie beweging staan bekend as die “Tea Party” beweging.  Van die bekendste persone in hierdie beweging is  Ron Paul en sy seun Rand Paul. Ron Paul is ’n mediese dokter wat tans lid is van die Amerikaanse kongres, asook lid van verskeie invloedryke kommissies. Hy is ’n kandidaat vir die presidentsverskiesing van 2012. Rand Paul  is ’n oogspesialis, wat tans ’n senator is van die staat Kentucky. Lees meer.

Die tuisskool gemeenskap is sterk ondersteuners van die Tea Party beweging, omdat hulle dieselfde ideale deel en verskeie politici het al oorwinnings behaal danksy die ondersteuning van die tuisskool gemeenskap. Politici neem nou kennis van hierdie steun en verklaar openlik hulle steun vir tuisonderwys. Ron Paul beskryf homself as ’n “homeschooling champion”, een van hierdie politici het ‘n amptelike “tuisskool week” in die staat Texas geproklameer.

Die tuisskool gemeenskap in die VSA is van baie waarde vir politieke partye, aangesien hierdie gemeenskappe meer georganiseerd en polities aktief is as die algemene samelewing. Die rede hiervoor is dat  hierdie gemeenskap ontstaan het uit ’n geskiedenis van politieke stryd om die vryheid te verwerf om tuisonderwys te mag gee. Baie tuisskolers is betrokke as vrywilligers by die veldtogte van die politieke partye.  Lees gerus die artikel van Reuters oor die politieke invloed van tuisskolers in die VSA.

Behalwe dat die tuisskool gemeenskap meer polities aktief is, het hierdie gemeenskap ook baie meer groeipotensiaal as die algemene samelewing. Oral oor die wêreld is tuisonderwys die vorm van onderwys wat die vinnigste groei. Verder, waar die bevolkingsgroei van meeste westerse lande negatief is, is die tuisskoolgemeenskappe besig om te groei, omdat tuisskoolgesinne gemiddeld meer kinders het.

Ook in Suid-Afrika het die tuisskoolgemeenskap ontstaan uit ’n geskiedenis van vir die vryheid vir tuisonderwys. Lees gerus die verslag op die webwerf van die Regsbeskermingsvereniging vir Tuisonderwys in die VSA vir ’n oorsig van die stryd wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Volgens ’n artikel in die Sarie is daar nou tussen 30 000 en 120 000 tuisleerders in Suid-Afrika. Dit kom neer op ’n geraamde groei van 60% per jaar. As daar in Suid-Afrika ’n politieke beweging ontstaan wat ’n voorstander is van laer belastings en minder inmenging van die staat in die burgerlike samelewing, kan hierdie beweging waarskynlik reken op die steun van hierdie aktiewe en sterk groeiende gemeenskap.

Voordele van die gesonde gesin
Opportunities and caveats of 2nd Hand homeschoolin...

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Monday, 21 August 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

Home Education is legal in South Africa and internationally.

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Curriculums

Cyber School Group

Online, Live Schooling Delivered To You Anywhere! Save 1 full year ...

Accelerated Christian Education

Are you looking for a unique opportunity to be personally and ...

impaq

We offer an integrated education solution that gives you full ...

Physical Development Life Skills ...

- CARPE DIEM -Seize the DayUse the OpportunityHelp children … so ...

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5046 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4139 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4598 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top