Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Minister van Onderwys bevestig ondersteuning van die Intergeloof godsdiens

In haar begrotingsrede het die minister van onderwys aangekondig dat die department ’n veldtog gaan loods om leerlinge bewus te maak van ’n Handves van Verantwoordelikhede (A Bill of Responsibilities for the Youth of South Africa). Hierdie handves is opgestel deur die Intergeloof Raad en kom neer op ’n indoktrinasie van die jeug van Suid-Afrika met die waardes van die Intergeloof beweging.

Hierdie aankondiging bevestig weereens die band tussen die Departement van Onderwys en die Intergeloof beweging, soos dit uitgewys is tydens die veldtog teen die invoering van die Nasionale Kurrikulum in 2001. Lees meer.

In 2001 is die Hersiene Nasionale Kurrikulum vrygestel vir publieke kommentaar. As dit nie was vir die Pestalozzi Trust nie, sou hierdie kurrikulum stilweg aanvaar word sonder veel publieke kommentaar. Die Pestalozzi Trust het egter ‘n veldtog van stapel gestuur om die publiek bewus te maak van hierdie kurrikulum en hulle opgeroep om kommentaar te lewer. Kliek hier om ’n boodskap van die Pestalozzi Trust te lees waarin die essensiële besware teen die kurrikulum uiteengesit word.

Een van die grootste verskille tussen hierdie kurrikulum en vorige kurrikulums, is dat dit ’n groter klem plaas op die oordrag van waardes. Die kurrikulum gee voor dat dit die waardes van die grondwet oordra. Uit nadere bestudering van die kurrikulum blyk dit egter dat dit slegs ’n seleksie van waardes van die grondwet is, soos eensydig uitgekies en geïnterpreteer deur die minister en sy anonieme raadgewers.

Een van die grootste besware was dat die kurrikulum, veral in die leerarea van “Lewensorientering”, die Intergeloof godsdiens bevorder. Volgens hierdie godsdiens is alle godsdienste in die wêreld menslike versinsels en is daar nie ’n ding soos ’n ware godsdiens en ’n valse godsdiens nie. Alle godsdienste is gelyk. Hierdie godsdiens is onaanvaarbaar vir die meerderheid van Christene in die land.

Sarel van der Merwe het 'n video gemaak oor hierdie strategie van die destydse minister van onderwys, prof. Kader Asmal, en sy anonieme raadgewers, om die Intergeloof godsdiens te bevorder deur middel van ’n nasionale kurrikulum. Die titel van die video is : "Intergeloof in die Onderwys". Kliek hier om ’n uittreksel uit hierdie video op Youtube te sien. In hierdie video word die bande tussen die minister van onderwys, sy raadgewers en die Intergeloof beweging aangetoon. Indien u belangstel om die video te koop kan u Sarel van der Merwe kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Toe die veldtog van die Pestalozzi Trust daartoe gelei het dat die strategie van die minister duidelik geraak het vir die publiek, het die minister heftig gereageer. Kliek hier om ’n media vrystelling te lees van die Pestalozzi Trust oor die heftige reaksie van die minister.

Die duisende besware van ouers het egter nie die minister gekeer om voort te gaan om die kurrikulum op ’n onderduimse en ondeursigtige wyse aanvaar te kry deur die parlement nie. Kliek hier om ’n media vrystelling te lees van die Pestalozzi Trust waarin beskryf word op watter wyse die kurrikulum uiteindelik aanvaar is.

In die begrotingsrede van 2011 het die huidige minister weereens die band bevestig tussen die Departement van Basiese Onderwys en die Intergeloof beweging toe sy gesê het : “It is behind this background that we launched the Bill of Responsibilities in partnership with Lead South Africa and the South African Inter-Faith Council. This will help in raising awareness around the Bill of Responsibilities so as to promote the Bill of Rights, constitutional values and civic responsibilities.

Hierdie Handves van Verantwoordelikhede gee voor dat dit die verantwoordelikhede beskryf wat voortvloei uit die regte wat in die grondwet gegee word. Dis eng om voor te gee dat die verantwoordelikheid om ander mense vriendelik te groet voortvloei uit die reg op menslike waardigheid. Daar is geen gronde om voor te gee dat die verantwoordelikheid om nie wapens te dra nie voortvloei uit die reg van lewe. Daar kan nie voorgegee word dat onderskrywing van die ideologie van klimaatsverandering uitvloei uit die reg op ’n veilige omgewing nie. Dit is irrasioneel om te beweer die plig om respek te hê vir die standpunt van ander (hoe onsinnig en absurd ook) voortvloei uit die reg op vryheid van godsdiens en opinie.

As daar van leerlinge op skool verwag gaan word om hierdie manifes te onderteken, dan word hierdie leerlinge verplig om hulle te onderwerp aan ’n onsinnige interpretasie van die grondwet en daardeur hulle grondwetlike regte op te gee. Die invoer van hierdie handves kom neer op indoktrinasie deur die Intergeloof beweging in die naam van die grondwet, met die hulp van die Departement van Onderwys.

Terwyl min. Asmal huiwerig was om bekend te maak wie sy raadgewers was (sien die video), is die huidige minister van onderwys nie bang om in ’n publieke toespraak te sê dat sy saamwerk met die Intergeloof beweging nie. Die embleem van die intergeloof beweging kom voor op die dokument van die departement. Dit beteken dat die destydse besware teen die kurrikulum nou nog net so relevant is as tien jaar gelede en dit is nou sigbaar vir almal.

Dit is om die redes dat die hofsaak oor die vraag of die nasionale kurrikulum bindend is van kardinale belang is vir ouers wat hulle eie waardes wil oordra aan hulle kinders.

Tuisonderwys is die vitamines vir die Afrikaanse g...
Election 2011 – How should we then vote?

Related Posts

 

Comments 3

Marelize Keyter on Wednesday, 18 May 2011 11:15

Bouwe,

Die artikel lees verskriklik moeilik omdat van die woorde agter die kantlyn aan die regterkant verdwyn. Is daar 'n moontlikheid om dit weer te plaas?

Groetnis
Marelize

Bouwe, Die artikel lees verskriklik moeilik omdat van die woorde agter die kantlyn aan die regterkant verdwyn. Is daar 'n moontlikheid om dit weer te plaas? Groetnis Marelize
Bouwe van der Eems on Wednesday, 18 May 2011 12:00

Ons is bewus daarvan dat die woorde afsny aan die kantlyn en is nog aan die soek vir 'n oplossing. Dis egter nie so maklik as jy "Open Source" sagteware gebruik nie.

Ons is bewus daarvan dat die woorde afsny aan die kantlyn en is nog aan die soek vir 'n oplossing. Dis egter nie so maklik as jy "Open Source" sagteware gebruik nie.
Bouwe van der Eems on Wednesday, 18 May 2011 12:25

Marelize. Ons het iets geprobeer. Laat weet asb. of dit nou beter lyk.

Marelize. Ons het iets geprobeer. Laat weet asb. of dit nou beter lyk.
Already Registered? Login Here
Guest
Monday, 21 August 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

Home Education is legal in South Africa and internationally.

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Curriculums

Cambrium

  Cambrium is a globally recognised online education platform that ...

GEDeducare

Affordable quality homeschool curriculum! The GEDeducare ...

Dynamis

Martie du Plessis from Dynamis, an educational consultant, home ...

Physical Development Life Skills ...

- CARPE DIEM -Seize the DayUse the OpportunityHelp children … so ...

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5046 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4139 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4598 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top