Tuisonderwys word dikwels voorgestel as ’n baie duur vorm van onderwys, aangesien een van die ouers sal moet ophou werk.

Indien egter die koste verbonde daaraan dat beide ouers in ’n gesin buite die huis werk in ag geneem word, is tuisonderwys egter nie noodwendig so duur nie. Hierdie kostes sluit in belasting, skoolgelde, skoolklere, toesig oor die kinders na die skool, vervoer van kinders na en van die skool, sakgeld om kos by die skool te koop, ens. ens. Indien al hierdie kostes in ag geneem word, kan dit wees dat ’n gesin meer spandeer aan hierdie kostes as wat die tweede ouer sal verdien indien hy of sy buite die huis werk.

As gesinne mooi begroot, sal hulle dalk vind dat dit nie onmoontlik is om te oorleef met die een inkomste nie. Vir gesinne waar slegs een ouers werk kan tuisonderwys heelwat goedkoper wees as skoolonderwys. Veral waar gesinne in ’n area woon waar die broodwinner nie hoog besoldig is nie, maar waar die skole baie duur is.

Daar is baie maniere waarop die kostes van tuisonderwys onder beheer gehou kan word:

Dit is egter ook nie noodwendig waar dat gesinne wat tuisonderwys gee slegs op een inkomste hoef te leef nie. Aangesien tuisonderwys minder tyd in beslag neem as skoolonderwys, kan ouers wat die tuisonderwys die orige tyd gebruik om deeltydse werk te doen. Of indien beide ouers voltyds werk maar in verskillende skofte werk, kan dit ook moontlik wees om tuisonderwys te gee. Of ouers kan saamwerk met ander ouers sodat ander ouers of familie 'n deel van die tuisonderwys beharting op dae wat hulle werk.

Ouers wat van die huis af werk, of 'n besigheid van die huis af bedryf, kan die tuisonderwys kombineer met die werk. Wanneer ouers 'n eie besigheid het, kan die kinders ook help in die besigheid. Dit op sig self is 'n leerervaring wat kinders nie by 'n skool kan kry nie.

Ouers wat by die huis bly om die tuisonderwys te behartig, kan allerhande dinge begin om 'n addisionele inkomste te genereer.

Ongelukkig is enkelouer gesinne iets wat vandag algemeen voorkom. Ook vir sulke gesinne is tuisonderwys moontlik, alhoewel dit moeilik kan wees en baie insette van die ouer vra. Enkelouers wat van die huis af werk kan die tuisonderwys en die werk kombineer. Ouers wat buite die huis werk sal die tuisonderwys voor en na werk moet inpas. Sommige enkelouers kan tutors bekostig.