Original suppliers of GED Academy in South Africa - a self paced home study program to prepare you Readmore
impaq home education Readmore

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Inisiatief om leersentrums te bevorder

Bedryf u ’n leersentrum en wil u dit bekendstel aan meer ouers? Wil u ’n nuwe leersentrum begin? Om u te help, loods die Vereniging vir Tuisonderwys saam met die Pestalozzi Trust ’n inisiatief om ouers en leersentrums bymekaar te bring.

Waar staan leersentrums?

Tuisskole, mikroskole, huisskole, hulpsentrums, leersentrums, ongeregistreerde privaatskole, -en lae-tariefskole is almal verskillende terme wat gebruik word vir ’n sterk groeiende nuwe verskynsel in die Suid-Afrikaanse onderwysomgewing. Dit is naamlik (meestal) klein onafhanklike of privaatskole wat bedryf word deur ’n klein groepie entrepreneurs, ouers, oud-onderwysers of vrywilligers. Hierdie verskynsel is onlangs erkenning gegee in 'n navorsingsverslag van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming en word hierin beskryf as die verskuilde bates van Suid-Afrika.

Alhoewel Suid-Afrikaanse burgers die grondwetlike reg het om onafhanklike of privaatskole te stig en te bedryf, is baie van hierdie leersentrums nie geregistreer by die provinsiale owerheid nie, omdat daar van hulle verwag word om te voldoen aan ’n groot aantal streng vereistes wat opgestel is deur amptenare wat geen kennis het van onafhanklike of privaat onderwys nie. Amptenare by die Departement van Onderwys is negatief oor hierdie sentrums en beskou hulle as “fly by nights” wat ouers uitbuit deur baie geld te vra en swak onderwys te lewer. As gevolg hiervan probeer die departement aktief om hierdie sentrums op te spoor en hulle te sluit, met die gevolg dat hierdie sentrums konstant blootgestel word aan die risiko dat hulle deur die departement gesluit kan word.

As gevolg van hierdie risiko vind hierdie sentrums dit moeilik om hulle dienste te bemark, en ouers vind dit moeilik om hierdie sentrums te vind.

Hoe kan die inisiatief leersentrums help?

Die Vereniging vir Tuisonderwys saam met die Pestalozzi Trust loods daarom ’n inisiatief om sentrums in staat te stel om hulle dienste te bemark sonder verhoogde risiko en om ouers te help om hierdie sentrums te vind.

Die Pestalozzi Trust is ‘n geregistreerde openbare weldaadsorganisasieen en  en het sedert 1998 dit moontlik gemaak vir ouers om tuisonderwys vrymoedig en met gemoedsrus ten beste belang van hul kinders te kies. Die Trust doen dit deur konflik tussen lede en onderwys- en welsynsdepartemente en ander owerheidsorgane te voorkom en op te los, en deur lidgesinne in die hof te verdedig indien die konflik nie buite die hof besleg kan word nie.

Die Vereniging vir Tuisonderwys beywer hom sedert 1992 vir die erkenning van ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed in Suid-Afrika en help om belanghebbers in tuisonderwys te verbind deur middel van sy webwerf. Die webwerf van die Vereniging is die mees omvattende webwerf oor tuisonderwys in Suid-Afika en ontvang ongeveer 10 000 besoeke per maand.

  • Die Pestalozzi Trust het ’n lidmaatskap kategorie geskep vir burgerlike onderwysinstellings, wat onafhanklike of privaatskole insluit, om die grondwetlike regte van hierdie sentrums te beskerm.
  • Die Vereniging vir Tuisonderwys het ’n fasiliteit op sy webwerf geskep waardeur ouers in verbinding kan kom met sentrums sonder om die kontakbesonderhede van die sentrum te publiseer. Die fasiliteit werk soos volg:
  • Ouers wat ’n leersentrum soek, kan ’n vorm op die webwerf voltooi deur die Centres opsie te kies in die hoofspyskaart. In die vorm moet die ouer kontakbesonderhede verskaf. (Kliek hier om die vorm op die webwerf te besigtig)
  • Wanneer die vorm ingedien word, word ’n epos-boodskap gestuur aan die Leersentrum Poslys. Hierdie poslys bevat die epos-adresse van leersentrums en kurrikulum verskaffers wat leersentrums ondersteun.
  • Wanneer die Leersentrum Poslys die boodskap van die vorm ontvang, word die boodskap verspei aan al die adresse op die poslys.
  • Wanneer die leersentrum die boodskap ontvang, kan hulle die ouer direk skakel met die kontakbesonderhede wat in die vorm verskaf is.

Inisiatief om leersentrums te bevorder

Hoe om betrokke te raak

Indien u ’n leersentrum bedryf, of leersentrums ondersteun, en boodskappe van ouers wil ontvang, moet u adres op die Leersentrum Poslys gelaai word.

Om u adres toe te voeg tot die Leersentrum Poslys, stuur ’n boodskap aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Hierdie diens word kosteloos verskaf. Die poslys is vertroulik en sal nie met derdepartye versprei word nie.

Initiative to promote Learning Centres
Universiteite word minder toeganklik gemaak

Related Posts

 

Comments

No comments made yet. Be the first to submit a comment
Already Registered? Login Here
Guest
Monday, 21 August 2017
If you'd like to register, please fill in the username, password and name fields.

Legal & Research

Legal Status

Home Education is legal in South Africa and internationally.

+ View

Homeschool Research

Research consistently proves that homelearners perform better.

+ View

History of homeschooling in South

History of home education in South Africa   Home schooling (which

+ View

Centres

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Learning centre overview

Regulatory environment & support for learning centres

+ View

How to find a learning centre

Since there is no central registry of learning centres, they are

+ View

Support

Support Groups

Parents living in the same area that support each other. ....... ...

Homeschool family blogs

Blogs by homeschooling families sharing their experiences and advice. ...

Homeschool Forums

Where homeschoolers in South Africa discuss and share ... ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Curriculums

Cyber School Group

Online, Live Schooling Delivered To You Anywhere! Save 1 full year ...

Beit HaSefer

  Persoonlike Nommer-pas Tuisonderig deur Beit HaSefer (Geen ‘een ...

Pestalozzi Trust

The Pestalozzi Trust is a registered public benefit organisation ...

Nukleus Onderwys

Alles wat 'n suksesvolle leerder benodig

Q & A

What about matric?
There are a number of ways that homelearners can get a matric. The most popular form of matric is the academic matric. W...
5046 Hits
What is the best curriculum?
There is no curriculum that is the best curriculum for all families. Parents must have a look at as many as possible cur...
4139 Hits
Free and 2nd Homeschool resources
The sahomeschoolers.org website has a list of selected free resources that are available, as well as a service where hom...
4598 Hits
ABCmouse
Save 10%
Course
  • Prev
  • Curriculums & Resources
Scroll to top