Dis was opvallend oor die laaste maande dat tuisonderwys voorgekom het in ’n verskeidenheid gewilde films. Van hierdie films het ook onlangs toekennings ontvang.

Dolphin Tale is ’n 3D film van Warner Bros. en is gebaseer op ’n ware verhaal van ’n beseerde dolfyn wat gered en in ’n akwarium gerehabiliteer is. Twee van die hoofkarakters is kinders. Hazel Clay is die dogter van die persoon wat die akwarium bedryf en is ’n tuisleerder. Sawyer is die seun wat oorspronklik op die dolfyn afgekom het en ‘n belangrike rol speel in die rehabilitasie van die dolfyn. Omdat hy swak presteer  op skool, moes hy die vakansie deurbring in ’n somerskool. Toe hy egter betrokke raak by die rehabilitasie van die dolfyn en ’n intense belangstelling toon in die dolfyn, besluit sy ma om hom uit die somerskool te haal, sodat hy sy belangstellings kan uitleef.

Courageous is ’n film van Sherwood Pictures (’n bediening van die Sherwoord Baptists Church) wat handel oor vier mans wat ’n onderneming maak om hulleself toe te wei aan hulle gesin en leiding te gee om hulle na God te lei. Een van die mans, Martinez, is ’n tuisskoolvader. Hierdie film het rekordverkope gehad in die VSA en het in hierdie week die Jubilee Toekenning ontvang by die San Antonio Onafhanklike Christelike filmfees. Daar was 2100 deelnemers aan hierdie fees. Ook in Suid-Afrika trek hierdie film vol sale in filmteaters.

Indoctrination Movie is ’n dokumentere film wat vervaardig is deur Colin Gunn. Colin Gunn en sy gesin doen tuisonderrig. In die film reis hy en sy gesin met ’n geel skoolbus deur die VSA en doen onderhoude met ouers, onderwysers, leerlinge en administrateurs om ’n beeld te vorm van die toestand waarin openbare skole in die VSA verkeer.  Hierdie film het die toekenning ontvang van die beste dokumentere films by die San Antonio filmfees.